Previous Page  101 / 116 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 101 / 116 Next Page
Page Background

Nuwe landboutegnologie

eerstehands oorsee ervaar

O

m volhoubaar en effektief te kan aanhou boer, moet ‘n

produsent op die voorpunt van tegnologiese ontwikkeling

bly. Daarom was dit vir lede van Graan SA se hoofbestuur

en verskeie Suid-Afrikaanse produsente ‘n besondere

ervaring om die nuutste in landboutegnologie eerstehands tydens

Monsanto se tegnologietoer na die VSA in Augustus verlede jaar

te ervaar.

Die uitvoerende hoofbestuurder van Graan SA, mnr Jannie de

Villiers, produsente en ook Graan SA hoofbestuurslede (mnre Theo

Ferreira, Jozeph du Plessis en Jaco Breytenbach) het tydens dié

toer die geleentheid gehad om onder andere die grootste buitelug-

landbouskou in die VSA by te woon.

De Villiers vertel dat die plekke wat besoek is, sorgvuldig deur

Monsanto gekies is om juis die innovasie in hulle aan te wakker.

Die propvol program het besoeke aan Chesterfield, Caterpillar,

John Deere en ADM Corn ingesluit. Die span het ook plase

besoek, waaronder die Martin Familieboerderye, waar met mielies

en sojabone geboer word. Besoek aan ‘n etanol-aanleg en ‘n

klimaatwerkswinkel (aangebied deur mnr Bruce Schnicker) was

ook op die program. Om die Amerikaanse psige ‘n bietjie beter te

verstaan, is ‘n bofbalwedstryd van die Cardinals en ‘n Amerikaanse

voetbalwedstryd met die Chicago Bears in aksie, bygewoon – wat

beslis ‘n hoogtepunt was.

“Wat ek van die toer na die VSA sal onthou, is die lekker spontane

gesprekke op die bus met die produsente en die mense wat

saamgegaan het. Dit was oor landbou. Dit was nie ‘n gekla nie, maar

deel van oplossings en soeke na nuwe oplossings vir ou en nuwe

probleme. Nog iets wat my bygebly het, is hoe die Amerikaanse

regering na hul produsente omsien. Dit maak die bestuur van risiko’s

net soveel eenvoudiger. As ons produsente ook 50% subsidie kry

vir hul versekeringpremies, sal ons ook seker 85% van ons produk-

sie kan verseker en heelwat meer volhoubaar kan boer. Tydens die

besoeke aan hulle museums en sportbyeenkomste het ek ‘n deel

van nasietrots gesien, wat my beslis jaloers gemaak het. Daar is tans

‘n groot gebrek daaraan in ons eie samelewing,” vertel De Villiers.

Daar was ook geleentheid om die Farm Progress Show (wat op

29 en 30 Augustus in Decatur aangebied is) by te woon. Dit is die

64ste jaar wat die skou, wat die grootste buitelug-landbouskou in

die VSA is, aangebied is. Hier kry produsente en vervaardigers die

geleentheid om te gesels oor wat nuut is, idees uit te ruil en kontakte

te bou.

Die skougronde beslaan 36 ha, waar meer as 600 uitstallers ge-

huisves word. Die nuutste in trekkers, landbou-implemente, saad-

en oesbeskermingsprodukte en ander landbouprodukte is ten toon

gestel. Daar was ook geleentheid vir produsente en besoekers van

meer as 40 lande om die nuutste planters, stropers en trekkers op

die lande in aksie te sien. Sy-aan-sy-bewerkingstegnieke, globale

posisioneringstelsels en presisieboerderytoerusting het veral

aandag getrek.

Ferreira, ‘n produsent van Harrismith, sê dat dit ‘n wonderlike toer

was waar hulle geweldig baie kennis opgedoen het.

99

March 2018

AKTUEEL

VALERIE CILLIERS,

SA Graan/Grain

medewerker

1: Toerlede op die eerste dag van die toer tydens ‘n besoek aan Monsanto. Van links: Hentie Helm, Chris Burgess (redakteur,

Landbouweekblad

),

Theunis Pretorius, Pieter Smit, Kobus Steenekamp (Monsanto), Guy Holmes, Leonard Oberholzer (Monsanto), Paul Groenewald, Dawid Viljoen,

Wickus van Aarde, Jannie de Villiers, Wayne Preece, Thom Steyn, Hannes Kriel, Theo Vorster (ekonoom), Carel Kriek, Jozeph du Plessis,

Armand de Villiers, Theo Ferreira en Jaco Breytenbach. Voor: Jako Benade en Vicky Bruwer.

1