Previous Page  96 / 116 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 96 / 116 Next Page
Page Background

Maart 2018

94

AKTUEEL

Goeie arbeidspraktyke en

-verhoudinge in die kollig

Reeks

M

oet ons as landbouers steeds vasklou aan die eeu-

oue siening dat werkers wat hul poste verlaat inherent

sleg vir ‘n besigheid is, of moet ons met nuwe oë kyk na

arbeidsomset en die redes daarvoor ontrafel?

My opinie is dat dit beide positiewe en negatiewe gevolge vir jou

boerdery inhou. Aan die een kant verloor ‘n mens sekerlik vaar-

dighede en kennis wat oor ‘n periode opgebou is, maar aan die

ander kant gee dit vir werkgewers die geleentheid om ander en

vernuwende denke na die werksplek te bring. Dit bied ook die

geleentheid om werknemers wat nie effektief in die werksplek

funksioneer nie, te vervang met werknemers wat voldoen aan die

vereistes van ‘n spesifieke pos.

Dit is belangrik om te onderskei tussen posverlaters wat ‘n

negatiewe invloed op die boerdery sal hê teenoor dié wat

nie inpas in die kultuur van jou boerdery nie – of wat nie

effektiewe bydraes tot organisatoriese sukses lewer nie. Ons moet

daardie werknemers kan identifiseer wat, indien hul jou boerdery

verruil vir ‘n ander besigheid, ‘n afname in produktiwiteit, wins-

gewendheid, innovering en ‘n verswakking in die moraal van die

oorblywende werknemers sal veroorsaak.

Nou is die vraag: Hoe doen ek dit? Hoe bepaal ek wie effektief

funksioneer en wie bloot saam met die stroom vloei? Hoe sien ek

toe dat al my werknemers ‘n effektiewe rol speel in die bereiking

van ons doelwitte? Die antwoord hierop is baie maklik: Jy moet die

regte aansoeker na jou besigheid trek, die regte aansoeker aanstel

en die nuwe werknemer ontwikkel en motiveer om die besigheid se

doelwitte na te streef en sy werk volgens die gestelde standaarde te

voltooi. Hierdie mag ‘n maklike antwoord wees, maar die uitvoering

daarvan is uiters ingewikkeld en benodig die daarstelling van ver-

skeie prosedures.

Dit is belangrik om te weet wat die werknemer moet doen om

effektief in sy pos te funksioneer en wat die minimum ver-

eistes is waaraan voldoen moet word. Om dit te bepaal, is dit

belangrik om eers ‘n pos- en of taakbeskrywing van elke pos

op te stel. Dit vorm die basis van die verhouding tussen die

produsent en sy werknemer en kan gesien word as ‘n ooreen-

koms waarin die produsent, as werkgewer, se verwagtinge duidelik

aan sy voornemende werknemer uitgespel word. Dit gee ook aan

die werknemer duidelikheid oor wat van hom of haar verwag word.

'n Posbeskrywing is egter nie ‘n prosedurehandleiding wat elke

unieke detail bevat nie en dit is ook nie ‘n aanstellingsooreenkoms

nie. ‘n Posbeskrywing vorm die basis van enige besigheid se

arbeidsverhoudingebestuurstelsel en daarsonder kan die volgende

prosesse nie effektief afgehandel word nie: Werwing en keuring, be-

paling van vergoeding, prestasiemeting, opleiding en ontwikkeling,

oriëntasie van nuwe werknemers en opvolg- en menslikehulpbron-

beplanning.

Aangesien die posbeskrywing die basis vorm van soveel menslike-

hulpbronprosesse, wil ek graag daarop fokus. Hoe stel ons ‘n effek-

tiewe posbeskrywing vir ‘n pos op? Eerstens moet ons gaan dink oor

die volgende vrae en antwoorde daarvoor kry.

Wat is die pos wat ek nou moet beskryf?

Wat moet die persoon doen wat in hierdie pos is? (Bepaling van

sleutelprestasie-areas vir die pos.)

Watter besigheidsdoelwitte moet die pos bereik en wanneer?

Wat is die hulpmiddels wat die werknemer gaan benodig om

hierdie pos effektief te kan beklee?

Waarom word hierdie take verrig en wat is die waarde daarvan

vir die boerdery?

Wanneer die produsent weet wat die pos behels, kan voortgegaan

word met die effektiewe bestuur en meting van daardie pos. Die

bogenoemde antwoorde moet nou punt vir punt in ‘n posbeskry-

wingsdokument vasgevang word.

Nadat die posbeskrywing voltooi is, sal die werkgewer presies weet

wat hy in ‘n aansoeker benodig om die pos effektief te kan uitvoer.

‘n Geteikende groep persone wat aan hierdie vereistes voldoen,

kan nou gedurende werwingsaksies genader word. Slegs persone

wat voldoen aan die minimumvereistes vir die pos word genader

vir onderhoude. Dit waarborg dat sifting van kandidate op die regte

gronde moontlik is.

Gedurende die onderhoude sal die produsent nou presies weet

waaraan die werknemer moet voldoen en wat sy take behels.

Onderhoudsvrae wat hierdie take en vereistes toets kan nou opge-

stel word, wat sal waarborg dat goeie, objektiewe besluite geneem

word. Dit sal daartoe bydra dat die aansoeker en die pos waarvoor

aansoek gedoen word, bymekaar pas. ‘n Behoorlike passing tussen

‘n werknemer en sy pos sal verseker dat die werknemer effektief

funksioneer en ‘n bydrae tot organisatoriese sukses kan maak.

‘n Posbeskrywing sal verder daartoe bydra dat duidelike standaarde

aan die werknemer gestel word, wat dit vir ‘n werkgewer moontlik

maak om afwykings van hierdie standaarde te identifiseer en aan te

spreek. Sodoende word opleidingsbehoeftes aangespreek en werk-

nemerprestasie voortdurend verbeter.

Die voordele van ‘n korrek-saamgestelde posbeskrywing is legio,

maar help veral om die redes vir arbeidsomset te ontrafel en te be-

paal wanneer ‘n werknemer en werkgewer se skeiding tot voordeel

en of nadeel van die boerdery is.

As ‘n posbeskrywing en die verwante prosesse reg uitgevoer en

benut word, het dit ten doel om ‘n totale werksmag van opgeleide,

ontwikkelde en effektiewe werknemers daar te stel, wat saam met

werkgewers die pad stap om hul doelwitte te verwesenlik.

Kontak Dirk Coetzee by 082 443 0296 of 056 515 2001 vir ‘n voor-

beeld van ‘n posbeskrywing en ‘n lys vir wat daarin vervat moet

wees.

DIRK COETZEE,

arbeidsverhoudingespesialis

Ontrafel jou boerdery se arbeidsomset