Previous Page  97 / 116 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 97 / 116 Next Page
Page Background

ONSEKERHEID

nie die laaste woord nie

O

ns leef in ‘n onseker wêreld en tyd. Maar as ons mooi

daaroor dink, was dit eintlik nog nooit anders nie. Dit

is net dat die dinge waaroor ons onseker is, nie altyd

dieselfde is nie. Op die oomblik is dit die politieke uitspra-

ke, droogte en verlede jaar se “na-droogte”. Op ‘n sekere manier is

dit bykans dieselfde as die onsekerheid of dit gaan reën of nie.

Produsente is gemaak om te glo. In Jak. 5:7 sê Jakobus, die broer

van Jesus: “Die boer is iemand wat geduldig is – hy wag vir die

reën.” Ek kom van ‘n Kalahari-plaas af. Van die 34 jaar wat my pa daar

geboer het, was 18 droogtejare, maar ons het nooit “uitgeboer” nie.

Hy het elke dag wes gekyk – dit was waarvandaan die Kalahari se

reën kom. Hy was geduldig – soos ‘n produsent. Hy het gewag – soos

‘n produsent. Soos net ‘n produsent kan.

Kan produsente moedeloos word? Ja. Kan produsente angs in hul

harte hê? Ja. Maar produsente kan hoop ook. Die produsent se om-

standighede bepaal nie wie hy en/of sy geloof is nie.

Jy kan sê: “Praat is goedkoop. Julle ouens in die stad weet nie van

boer en sukkel nie.” Dit is waar en ook nie heeltemal waar nie.

Die stad het sy eie uitdagings – dit is net ander soort uitdagings.

Jy kan sê: “Dit help nie om vir my te preek nie. Ek het nie ‘n preek

nodig nie. Ons het reën nodig.” En veiligheid en sekerheid dat ons

ons grond kan behou. Dit is waar. Maar daarom is jy ‘n produsent

– dit is net ‘n produsent wat kan aangaan wanneer dit nie reën nie

en wanneer ‘n mens nie weet wat die regering gaan doen nie.

Maar elke produsent het ‘n anker nodig. As jou ankerpaal nie goed

en diep geanker is nie, kan jy nie ‘n stywe draad span nie. Dan lyk

alles lamlendig. Daar is ‘n anker beskikbaar: God. Hy is ‘n diep

en goeie anker. Al verstaan jy nie wat Hy doen nie, weet Hý wat

hy doen. Maak jouself aan hierdie ankerpaal vas.

Sommige mense is hul eie ankerpale. Dit is nie so ‘n goeie plan nie.

Jy word siek of daar is ‘n motorongeluk. Daar is aanvalle op die

plaas/plase. Jy wil jou geweer gaan haal: Kom ons “skiet” die ding

reg. Ons wil ons situasie met “geweld” regmaak. Dit gaan nie en kan

nie werk nie. Geweld kweek geweld. Mense se harte moet verander.

Joune, die regering en die mense in ons land s’n.

Daarom bid ‘n produsent. Daar kom ‘n plek waar die produsent se

“arms te kort is” om by die uitdaging te kom – om iets aan die situasie

te doen. Daar is twee dinge wat jy moet doen: Hou aan om die regte

goed te doen en hou aan die Here vas.

En bid. Maar jy moet werk ook. Doen wat gedoen kan word. Bly soek

na ‘n plan. Soms is daar nie ‘n plan nie. En dikwels, wanneer ons

weer en weer soek, kom die plan.

Ons het in die agter-Kalahari by Gochas (Namibië) geboer. Die

boorgat was 8 km van die huis af – dwarsduin. Wanneer jy die

Lister

start

, moet hy loop en moet jy raai wanneer die dam vol is.

Dit beteken 16 km om die Lister te gaan

start

en nog 16 km om hom

te gaan afsit. En dan kom jy daar en die dam is nog nie vol nie. Dit

het my pa vir jare in die nag laat lê en dink en dink. En een oggend

het hy gegaan, ‘n baie eenvoudige

contraption

op die dak van die

pompkamer opgesit – en dit het 100% gewerk. Twee dinge: Hy het

‘n probleem gehad en het bly soek na ‘n oplossing.

Ek boer ook: Met siele. Jy boer met

mielies of skape of beeste. Dit is

dieselfde ding. Myne is net nog

moeiliker – ek boer met siele

– met joune ook!

Kyk op: “Die reën kom.”

Dit is waarvoor produ-

sente gemaak is: Om te

kan wag vir reën. Maar reën

kan baie betekenisse hê.

AKTUEEL

Bemoediging

DR BENNIE MOSTERT

, Jerigo Mure

Dr Bennie Mostert

95

March 2018