Previous Page  102 / 116 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 102 / 116 Next Page
Page Background

100

AKTUEEL

Tog meen hy dat Suid-Afrika nie hoef terug te staan as dit by

landbou en tegnologie kom nie. “’n Groot gros van die tegnologie

wat ons daar gesien het, gebruik ons reeds betreklik effektief.

Met die hulpbronne tot ons beskikking, dink ek dat Suid-Afrikaanse

produsente uiters goed doen en soos die Engelse sê

on par

is met

die VSA. Ek is baie dankbaar teenoor Monsanto dat ek die toer

kon meemaak. Dit was ‘n belewenis en ons kon tegnologie raaksien

wat ons in die toekoms self sal wil gebruik.”

Wat die Farm Progress Show betref, glo Ferreira dat Suid-Afrika

se eie NAMPO Oesdag beduidend vergelyk en dalk selfs beter

programme aanbied en meer voordele vir produsente inhou.

Na die toer meen Du Plessis, ‘n produsent van Schweizer-

Reneke, dat die VSA beslis ‘n land van innovasie, ontwikkeling

en entrepreneurskap is. “Hulle het fantastiese infrastruktuur en

administrasie. Die mense is uiters hardwerkend en tesame met

hul ongelooflike natuurlike hulpbronne is hulle hoogs mededingend.

Veral in die platteland leef mense baie naby aan die Here. ‘n

Geseënde land inderdaad,” sê hy.

Wat planters betref, meen hy daar word groot moeite gedoen

om die masjinerie meer produktief, akkuraat, groter en vinniger

te maak. “Die 24 ry x 30"-planters is die gewildste en daar word

voortdurend gepoog om beter spasiëring te verseker en om saad

gelyk te laat ontkiem en opkom. Omdat daar ‘n optimale plantvenster

is, wil produsente in die VSA soveel moontlik akkers in daardie kort

tydgleuf plant.”

Du Plessis vertel dat daar heelwat nuwe

cloud

-programme

bestaan – waarvan Field View die bekendste is – om produsente

te ondersteun om grond-, gewas- en landdata te verwerk en

verbruikersvriendelike inligting maklik weer te gee om beter

bestuursbesluite te neem.

Wat ook beïndruk, is verskeie nuwe tegnieke en implemente wat

ontwikkel is om stikstof direk langs die plant neer te sit, aangesien

proewe gewys het dat dié tegniek groot voordele inhou.

Wat landbou in die VSA in die algemeen betref, sê Du Plessis: “Al

is hul opbrengste baie hoog en redelik stabiel, is dit vir hulle ‘n

uitdaging om wins te maak as gevolg van lae pryse en hoë kostes.

Die hoë grondhuur en grondwaardes dra hiertoe by. Die verpligte

inmenging van etanol skep ‘n vraag wat ongeveer ‘n derde van hul

mielies verbruik.”

Breytenbach, wat naby Fouriesburg boer, sê dit was ‘n uiters

insiggewende toer en in wese ‘n ware tegnologietoer. “Ons het

gesien hoe presisieboerdery al hoe meer toegepas word op planters,

trekkers, saad en kunsmis.”

Hy meen dat die samestelling van die toerspan verseker het dat

daar ‘n verskeidenheid van opinies en idees bespreek kon word.

“Tesame met die kundigheid van die Monsanto personeel, lede

van die media, ekonome en georganiseerde landbou was dit soms

vir die produsente ‘n openbaring en ‘n geleentheid om sake of

probleme van verskeie kante te bekyk.”

Tydens die toer het Graan SA ook ‘n sertifikaat van waardering aan

dr Robert Fraley van Monsanto oorhandig. “Graan SA wou hom

bedank vir die rol wat hy gespeel het om veral mieliesaad teg-

nologies te bevorder. Vir vele van ons is hy die vader van geneties-

gemanipuleerde saad,” het De Villiers verduidelik.

Met die Monsanto Tegnologietoer reeds ‘n vae herinnering, is almal

wat dit meegemaak het dit eens dat die ondervinding en kennis wat

opgedoen is, gesorg het vir nuwe innoverende idees vir landbou in

Suid-Afrika.

Nuwe landboutegnologie

2: Jannie de Villiers oorhandig ‘n sertifikaat van waardering aan

dr Robert Fraley van Monsanto vir die rol wat hy gespeel het om veral

mieliesaad tegnologies te bevorder.

3: Jozeph du Plessis, Jannie de Villiers, Jaco Breytenbach en

Theo Ferreira is hier by die Chicago Handelsraad wat tydens die

Monsanto Tegnologietoer besoek is.

4: Die toergroep arriveer by die Farm Progress Show – die grootste

buitelug-landbouskou in die VSA.

Maart 2018

2

4

3