Previous Page  98 / 116 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 98 / 116 Next Page
Page Background

96

Maart 2018

Van toeka tot nou:

Dié verbintenis bly sterk staan

“O

ns is vandag hier om die verlede met die toekoms te

trou,” het mnr Pieter Smit, bemarkingsbestuurder,

Monsanto SA, gesê tydens ‘n geleentheid waar die

opgedateerde Dekalb-handelsmerk en Dekalb SA se

nuwe webtuiste,

www.dekalb.co.za ,

bekend gestel is.

Op 14 November verlede jaar het Monsanto se personeel, sleu-

telkliënte, bedryfsvennote en die media by Vintage Yard in die

Parys-omgewing ‘n reis van toeka tot nou meegemaak om dié ge-

skiedkundige oomblik van die Dekalb-handelsmerk te vier. Die

funksie het met boeresport afgeskop, waarna die Afrikaanse sanger,

Mathys Roets, as motiveringspreker opgetree en gaste aangemoe-

dig het om verandering te omhels. Daarna het die Monsanto span

die geheime aap uit die mou gelaat.

Klein verandering, groot verbintenis

Dekalb se bekende gevleuelde mieliekop-handelsmerk, wat sedert

2005 in Suid-Afrika in gebruik is, het oor die jare sinoniem geword

met hoë kwaliteit saad en hoëprestasie mieliebasters. Dit is in 1936

vir die eerste keer in gedrukte advertensies gebruik as belofte van

beter saad wat groter wins tot gevolg kan hê en finansiële las kan

verminder.

Smit het verduidelik dat die Dekalb-logo – die mielie met vlerke

– simbolies is van Dekalb se historiese doel om landbou vorentoe

en produksievlakke hoër te neem. Hy het vertel dat die eerste

mieliebaster bekend gestaan het as die “verbandligter”, aangesien

dit ‘n beduidende impak op die finansiële welstand van produsente

gehad het. Die gevleuelde mieliekop dui dus op die verligting wat

dié baster gebring het.

In die nuwe handelsmerk maak die soliede mielie plek vir een met

pitte. Hierdie verandering, tesame met die bekende slagspreuk,

Plant jou sukses

, dui op Monsanto se verbintenis tot die voortgeset-

te lewering van gehalte mieliebastersaad.

Suid-Afrika neem die voortou

Die ander opwindende nuus wat dié dag gedeel is, is die be-

kendstelling van die splinternuwe webwerf,

www.dekalb.co.za .

Volgens me Landi Stoltz, handelsmerkbestuurder, Monsanto SA,

is dit die eerste Dekalb-webwerf in die wêreld wat van stapel ge-

stuur word.

Dit gaan as ‘n eenstopplatform vir Dekalb-kliënte in Suid-Afrika dien.

Die webwerf deel tegniese inligting en agronomiese hulpbronne

met gebruikers en kan ‘n bydrae lewer om produsente se vrae te

beantwoord. Inligting oor opkomende gebeure kan op die kalender

gesoek word.

Boek

Gaste het elk ‘n eksemplaar van die nuwe boek,

Agronomiese

oplossings

, deur mnr Leonard Oberholzer, tegniese ontwikkelings-

bestuurder: Monsanto SA en die Monsanto SA tegniese span,

ontvang. Oberholzer het gesê hulle vertrou dat hierdie hulpbron,

wat ‘n wye verskeidenheid tegniese inligting insluit, een is wat die

produsent nooit in die steek sal laat nie.

“Vir ons span is hierdie ‘n droom wat waar geword het,” het hy

bygevoeg.

Die laaste sê

Mnr Kobus Steenekamp, besturende direkteur, Monsanto SA,

het beklemtoon dat die Dekalb-handelsmerk op drie pilare staan:

Innovasie, kliënteskakeling en prestasie. Alhoewel die vooruitsigte

in landbou mag verander, sal hierdie pilare sterk bly staan.

Produk-inligting

LOUISE KUNZ,

SA Graan/Grain

redaksiespan

1: Die Monsanto span

wat die jongste Dekalb-

nuus met gaste gedeel

het: Leonard Oberholzer,

Landi Stoltz, Pieter Smit

en Kobus Steenekamp.

2: Mathys Roets

(sanger) het opgetree

as motiveringspreker

en gaste tydens die

ete vermaak. Saam

met hom is Pieter Smit

en Landi Stoltz.

Só lyk die opgedateerde handelsmerk

van Dekalb.

Om meer te leer van Dekalb se

produkreeks of om uit te vind van

gebeure op hul 2018-kalender, besoek

gerus

www.dekalb.co.za .

1

2

AKTUEEL