Previous Page  99 / 116 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 99 / 116 Next Page
Page Background

Veterinêre strategie is belangrik vir jou

D

it is uiters belangrik dat die staat en die privaat sektor

saamwerk om die veterinêre strategie te laat slaag ten

einde volhoubare winsgewende voedselproduksie te

verseker. Die uitgangspunt van die strategie is om voed-

selsekerheid, voedselveiligheid en dieregesondheid in Suid-Afrika te

bevorder en te verseker.

Veeartsenydienste speel ‘n sleutelrol om te verseker dat die

gesondheids- en welsynsvereistes vir diereproduksie en handel

nagekom word. Produkte wat van diere afkomstig is, moet veilig

wees vir menslike gebruik. Die huidige veterinêre strategie is

ontwikkel om die gesondheid van beide diere en mense te verseker

deur die ontwikkeling van toepaslike stelsels. Doeltreffende en

opgeleide veeartsenydienste, wat die vermoë het om diere- en

openbare gesondheidsrisiko’s te voorkom, op te spoor, te beperk en

uit te roei word ook daarvolgens voorsien. Verder het die strategie

ten doel om rigting te gee oor hoe die standaard van veeartsenydiens-

te in Suid-Afrika verhoog kan word. Daar is op hierdie strategiese

plan besluit nadat werkswinkels dwarsdeur die land gehou is om

insette van soveel rolspelers as moontlik te bekom. Doelwitte is op

grond van kort, medium en lang termyn geprioritiseer. Die grondslag

van die veterinêre strategie is die versterking van die nasionale

veterinêre gesag sodat beter beheer moontlik sal wees.

Korttermyndoelwitte is die vestiging van ‘n wetsondersteuningspan

en nasionale risiko-ontledingstelsel asook die ontwikkeling van ‘n

magtigingstelsel en onderneming van veterinêre en para-veterinêre

professionele ontwikkeling.

Die ontwikkeling van ‘n gesamentlike program met die onderskeie

belangegroepe is ‘n mediumtermyndoelwit, terwyl die herstel van

die nasionale bevelsketting vir alle aspekte van veterinêre dienste,

wat strukturele veranderinge sal meebring, ‘n langtermyndoelwit is.

Hierdie strategie rus op die volgende pilare:

Versterk bevoegdhede van Direktoraat Dieregesondheid

Spreek die uitdagings vir die implementering van die Wet

op Dieresiektes (Wet 25 van 1984) aan en verbeter die

waarnemingstelsel vir dieresiektes (kort termyn).

Implementeer die loodsprojek vir brusellosebeheer by beeste,

asook beheerprogramme vir ander dieresiektes (medium

termyn).

Vestig ‘n doeltreffende administrasie vir dieresiektebeheer (lang

termyn).

Versterk bevoegdhede vir veterinêre openbare gesondheid,

voer en voedselveiligheid

Definieer veterinêre dienste se bydrae tot die nasionale

strategieraamwerk vir antimikrobiese weerstand en raadpleeg

en implementeer die strategiese implementeringsplan vir

veterinêre openbare gesondheid (kort termyn).

Ontwikkel een wet op veterinêre medisyne en hersien die Wet op

die Veiligheid van Vleis (Wet 40 van 2000) (medium termyn).

Vestig ‘n doeltreffende administrasie vir die voedselveilig-

heidstelsel (lang termyn).

Versterk bevoegdheid van veterinêre laboratoriumdiagnostiek

Ontwikkel die laboratoriumgoedkeuringsplan, wat Sanas-akkre-

ditasie insluit verder (kort termyn).

Brei laboratoriumkapasiteit vir veterinêre dienste uit (medium en

lang termyn).

Ontwikkel en implementeer ‘n stelsel vir diere-identifikasie,

-aantekening en naspeurbaarheid

Ontwikkel deur konsultasie ‘n beleid vir die identifisering van

individuele diere en die waardeketting van naspeurbaarheid,

asook konsepwetgewing daarvoor. Voorsien ‘n raamwerk vir

diere-identifikasie en ontwikkel ‘n staatsgereguleerde databasis

(kort termyn).

Beproef ‘n loodsprojek vir beeste (medium termyn).

Ontwikkel ‘n beleid oor die aantekening van dierebeweging en

toepaslike bewegingsbeheer (lang termyn).

Versterk vaardighede vir dierewelsyn

Werk wetgewing by en hersien dit, vestig ‘n welsynseenheid,

skep ‘n strategiese implementeringsplan ten opsigte van

dierewelsyn (kort termyn).

Ontwikkel welsynsriglyne vir die aanhou van verskeie diere-

spesies en -bedrywe (medium termyn).

Implementeer alle dierewelsynsriglyne en -standaarde (lang

termyn).

Die Nasionale Dieregesondheidsforum bestaan uit lede van

produsente-organisasies soos die RPO, NWKV, MPO, Samga,

SAVPO en die Suid-Afrikaanse Pluimveeverenigingsprodusente-

organisasie. Hierdie forum vergader elke kwartaal afsonderlik en

saam met die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye om

sake van gemeenskaplike belang te bespreek en oplossings te soek

vir die daarstelling van voedselveiligheid en -sekerheid.

Dit is vir die forum ‘n prioriteit om die departement te ondersteun in

die uitvoering van die veterinêre strategie, deur:

Kommunikasie tussen die departement, provinsiale veeartseny-

dienste en die privaat sektor word verbeter.

Beesbrusselose, wat deur die veterinêre strategie gekies is as die

modelsiekte wat beheer moet word, word daadwerklik by wyse

van gesamentlike aksies met die staat aangepak.

Siekterapporteringwordmaandeliks deur die Herkouerveterinêre

Vereniging van Suid-Afrika (Ruvasa) gepubliseer. Inligting kan

deur vee-eienaars gebruik word om siektes voorkomend te

beheer.

Die gevaar van antibiotikaweerstandigheid word in samewerking

met die staat deur bewusmakingsaksies bestry.

Die belangrikheid van die akkreditasie van laboratoriums wat

brusellose, asook ander staatsbeheerde toetse moet uitvoer,

word saam met die staat bespreek.

Die Nasionale Dieregesondheidsforum ondersoek saam

met die departement maniere om ‘n diere-identifikasie- en

naspeurbaarheidstelsel vir Suid-Afrika te vestig.

In Julie 2017 het die Minister van Landbou ‘n nuwe raad by

Onderstepoort Biologiese Produkte aangestel. Hierdie raad bestaan

uit kundiges uit die bedryf. Dit het ten doel om die vervaardiging

en voorsiening van entstowwe reg te ruk. Daar word met groot

verwagting uitgesien dat hierdie uitstaande vervaardigings-

programprojek effektief geïmplementeer sal word om die nodige

entstowwe vir die bedryf te kan lewer. Daar word al klaar stelsels

geïmplementeer om seker te maak dat die gehalte van die entstof

op standaard is en dat dit beskikbaar sal wees soos dit benodig

word. Die raad vorm ook deel van die veterinêre strategie ten einde

volhoubare winsgewende voedselproduksie te verseker.

97

March 2018

AKTUEEL

GERHARD SCHUTTE,

uitvoerende hoof, Rooivleisprodusente-organisasie