

Junie 2018
62
op plaasvlak
Bewaringslandbou
In die 2012/2013-seisoen is die graansor
ghum nie geoes nie as gevolg van groot-
skaalse voëlskade. Beter graanopbrengste
(1 009 kg/ha - 1 300 kg/ha) is in die
2013/2014-seisoen verkry, met soortgelyke
opbrengste vir beide stelsels. Daar moet
bygevoeg word dat die langtermyn-plaas
opbrengs 3 000 kg/ha is. Die gemid
delde graanopbrengs oor seisoene vir die
Argentynse stelsel (91 000 plante/ha) is
734 kg/ha met die plaaspraktyk (67 000
plante/ha) effens beter teen 824 kg/ha.
Vir die 2013/2014-seisoen is ‘n tendens
aangeteken dat graanopbrengs met die
verhoging in plantestand verbeter het.
Teen hierdie agtergrond sou die keuse van
‘n produksiestelsel vir graansorghum, in
wisselbou met sonneblom, vir hierdie semi-
ariede omgewing op die plaaspraktyk val.
Sonneblom
Gemeet teen die langtermyn-plaasopbrengs
van 1 200 kg/ha, is bevredigende graan
opbrengste (1 100 kg/ha - 1 477 kg/ha) in
die laaste twee seisoene behaal. Gemiddeld
het die Arg40K (Argentynse stelsel; 40 000
plante/ha) teen 1 316 kg/ha die beste oor
die drie seisoene heen gevaar, gevolg deur
die plaaspraktyk (32 0000 plante/ha) met
1 234 kg/ha, en laastens die Arg51K teen
1 173 kg/ha. Resultate vir die 2013/2014-
seisoen toon ‘n swakverwantskap tussen
graanopbrengs en plantestand.
Met die resultate in ag genome sou die
keuse van ‘n produksiestelsel vir sonne-
blom, in wisselbou met graansorghum, vir
hierdie semi-ariede omgewing moontlik
op die Arg40K val. Indien saadkoste in
berekening gebring word, sal die plaas
praktyk met sy laer plantestand heel
waarskynlik die ideale opsie wees.
Sojabone
Sojabone is op aandrang van die
Argentynse medewerkers aangeplant,
alhoewel dit nie kommersieel op die plaas
verbou word nie. Weens lae reënval en die
swak verspreiding daarvan, was die soja
boonaanplantings in al drie seisoene ‘n mis
lukking, omdat die plante te laag was om
meganies te oes.
Manjoh Ranch
Danksy die goeie 2013/2014-reënseisoen
was die vegetatiewe groei van mielies
(
Foto 3
) en sojabone uitstekend onder beide
die Argentynse stelsel en die plaaspraktyk.
Mielies
Grafiek 2
toon dat, gemiddeld oor die drie
seisoene heen, die Arg60K (Argentynse
stelsel, 60 000 plante/ha) en die Arg80K,
graanopbrengste van 9 890 kg/ha en
9 650 kg/ha, onderskeidelik, opgelewer
het teenoor die plaaspraktyk (Pls42K) se
8 160 kg/ha. Vir die 2013/2014-seisoen veral
is ‘n progressiewe toename in graanop
brengs met ‘n toename in plantestand (soos
gemeet teen oestyd) waargeneem met
‘n opbrengsplato by 54 000 plante/ha tot
64 000 plante/ha (
Grafiek 3
).
Teen die agtergrond van dié resultate sou
die keuse van ‘n produksiestelsel vir mielies,
in wisselbou met sojabone, vir hierdie koel
humiede gebied op die Argentynse stelsel
van 54 000 plante/ha tot 64 000 plante/ha
met ‘n 52 cm-rywydte val.
Sojabone
Vir die kortseisoenkultivar (PAN 1454) was
die gemiddelde graanopbrengs 2 900 kg/ha
onder die Argentynse stelsel oor seisoene
heen hoër as dié vir die plaaspraktyk van
2 150 kg/ha. Die langseisoenkultivar (PAN
1664) het swakker gevaar onder die Ar
gentynse stelsel teen 1 600 kg graan/ha,
Argentynse
en
plaaslike
praktyke vergelyk (Deel 2)
Grafiek 2: Mielie-opbrengste as funksie van produksiestelsels (Pls42K = Plaaspraktyk teen
42 000 plante/ha; Arg42K1 (1 m-rye), Arg42K, Arg60K en Arg80K = Argentynse stelsel teen 42 000,
60 000 en 80 000 plante/ha; Jum60K = Jumil-planter teen 60 000 plante/ha met 0,52 rye).
Grafiek 3: Mielie-opbrengs as funksie van plantestand (2013/2014).