

I
n Deel 1 van die artikel (bladsy 56) is
die agtergrond en die proefpraktyke wat
in die vergelyking van die Argentynse
en plaaslike stelsels gebruik is, bespreek.
Die produsentemedewerkers, naamlik mnre
Willem Groothof (Good Hope, Settlers),
Tony da Costa (Manjoh Ranch, Nigel),
David Maree (Leeuwkuil, Odendaalsrus) en
Arno van Vuuren (Lichtenburg) het ingewillig
om proewe uit te voer waar die Argentynse
direkte manier van plant in stoppelreste
met nou plantrye en hoë plantdigthede met
bestaande plaasstelsels tussen verskeie
gewasse vergelyk word.
In hierdie artikel (Deel 2) word gefokus op
gewasgroei en die opbrengs wat behaal
is met die twee produksiestelsels op die
proeflokaliteite. Die Lichtenburgproef is
ongelukkig na twee seisoene gestaak en
word nie ingesluit nie.
Seisoenale reënval
Die seisoenale (Oktober - April) reënval vir
2013/2014 vir Good Hope, Manjoh Ranch
en Leeuwkuil was 427 mm, 601 mm en
408 mm, onderskeidelik. In al drie gevalle
was dit onder die langtermyngemiddeldes
vir die betrokke omgewings. Dit is veral op
Good Hope waar die reënval heelwat min
der was as die langtermyngemiddeld van
595 mm, met uiters lae reënval in Januarie
en Februarie. Verder moes planttyd ook tot
Desember uitgestel word, weens onvol
doende reën in Oktober en November.
Gewasgroei en -opbrengs
Good Hope
Foto 1
en
Foto 2
toon die groei van
graansorghum en sonneblom soos op
1 April 2014. Die sonneblomme het, gegewe
die swak reënseisoen, die beste groei
getoon. Die sojabone het bitter swaar gekry
en is uiteindelik nie geoes nie.
Graansorghum
Grafiek 1
toon dat uiters swak graanop
brengste (330 kg/ha - 556 kg/ha) in die
2011/2012-seisoen verkry is as gevolg van
onvoldoende reënval.
61
June 2018
Op plaasvlak
Bewaringslandbou
Agronomiese praktyke / Argentynse stelsel / Verskillende streke
Dr Danie Beukes,
onafhanklike grondkundige
Argentynse
en
plaaslike
praktyke
in proewe vergelyk
Deel 2: Evaluering van gewasgroei en graanopbrengste
Grafiek 1: Graansorghumopbrengste as funksie van produksiestelsels (Arg91K = Argentynse
stelsel teen 91 000 plante/ha; Plaas67K = Plaaspraktyk teen 67 000 plante/ha).
1
2
1: Vegetatiewe groei van graansorghum (plaaspraktyk: 67 000 plante/ha en 100 cm-rye).
2: Vegetatiewe groei van sonneblom (Argentynse stelsel: 51 000 plante/ha en 52 cm-rye).