Previous Page  70 / 84 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 70 / 84 Next Page
Page Background

April 2018

68

Eerste reënvalvooruitsigte

vir die winter

D

ie eerste aanduidings vir reënval oor die tradisionele

winterreënvalstreke is uit. Die voorspellingsisteem wys

dat daar ‘n groter waarskynlikheid vir bo-normale reënval

(

Figuur 1

) oor gedeeltes van die Wes-Kaap gedurende Mei,

Junie en Julie is.

Alhoewel die oorspronklike voorspelling ‘n wyer area vir bo-normale

reënval (linkerkantste grafiek in Figuur 1) aandui, is dit net gedeeltes

van die Wes-Kaap wat marginale vaardigheidsvlakke bereik. Vir

beplanningsdoeleindes word lesers aangeraai om, waar moontlik,

te wag vir toekomstige voorspellings om te sien of daar ‘n konstan-

te aanduiding is vir ‘n spesifieke rigting (bo- of onder-normaal)

van reënval.

Die regterkantste grafiek in Figuur 1 toon wat die normale reënval

gewoonlik is en dui aan dat reënval vinnig begin verbeter oor die

Wes-Kaapse gedeeltes. Nietemin, gegewe die huidige toestand

van die droogte oor die suid-weste en suidelike gebiede, word le-

sers aangeraai om spaarsaam met water te werk totdat reën die

waterbronne begin aanvul.

Wat temperature betref, is daar ‘n groter waarskynlikheid van bo-

normale minimum- en maksimumtemperature (

Figuur 2

en

Figuur 3

)

vir die suid-westelike gedeeltes van die land. Alhoewel dit in geheel

‘n gematigde winter kan beteken, is daar nog steeds kanse vir intense

koue periodes wat gewoonlik gepaardgaan met kouefrontsisteme.

Ongelukkig kan hierdie sisteme nie spesifiek op ‘n seisoenale

tydskaal voorspel word nie en lesers word aangeraai om kort-

termynweervoorspellings en waarskuwings vanaf die Suid-Afri-

kaanse Weerdiens (SAWD) dop te hou.

AKTUEEL

COBUS OLIVIER,

wetenskaplike: Voorspellingsnavorsing, Suid-Afrikaanse Weerdiens

Figuur 1: Reënvalvoorspellings vir Suid-Afrika vanaf Mei vanjaar tot Julie vanjaar, gegewe die mees waarskynlike uitkoms rakende bo- en onder-normale

reënval. Die middelste grafiek wys waar die voorspellingsisteem nie voldoende vaardigheid het om betroubare voorspellings te maak nie (verwys na wit

kleur). Die grafiek aan die regterkant wys die normale klimatologiese reënval vir Mei, Junie en Julie in millimeter (mm).