Previous Page  68 / 84 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 68 / 84 Next Page
Page Background

Groot getalle speenkalwers word jaarliks in voerkrale op plase afgerond. Hierdie stelsel laat die speenkalfprodusent en/of

mielieprodusent toe om self waarde tot sy produk te voeg. Die winsgewendheid van hierdie ondernemings word grootliks bepaal

deur die verhouding tussen die speenkalfprys, die mielieprys en die vleisprys.

Om 'n speenkalf suksesvol te voer en te bemark, is daar verskeie belangrike faktore wat aandag moet geniet. Hier volg 'n paar

van die belangrikste aspekte waaraan aandag gegee behoort te word:

s

Voer.

Sowat 1.2 ton voer word benodig om 'n speenkalf markklaar te voer. Hierdie voer bestaan uit sowat 70% graan en/of

“hominy chop” met die verdere 30 % wat opgemaak word uit 'n afrondingskonsentraat, 'n hoë-proteïen konsentraat (HPK) en

UXYRHU 0HW

JUDDQ PLHOLHV LQ GLH UDQWVRHQ LV GLW GXLGHOLN GDW GLH PLHOLHSU\V RI PHHU VSHVLĺHN GLH YHUKRXGLQJ WXVVHQ GLH

mielieprys en die vleisprys, tot 'n groot mate die produsent se winsgewendheid gaan bepaal.

s

Speenkalf.

Die grootste enkele inset in hierdie ondernemings is die aankoop of waarde van die speenkalf. Dit is uiters belangrik

dat die speenkalfprys nie te hoog is nie. Diewaarde van die speenkalf (R-c/kg) word hoofsaaklik bepaal deur diemassa en kwaliteit

vandiekalf. 'nGoeiekwaliteit speenkalf kanvoer doeltreffend invleisomskakel. Die tipiesegewigvandie ideale speenkalf is tussen

200 kg en 250 kg.

s

Fasiliteite.

Groter voerkrale (500 plus staande) maak gewoonlik van goed-ontwerpte voerkrale gebruik. 'n Speenkalf kan egter

ook suksesvol afgerond word in basiese fasiliteite soos 'n klein kampie met 'n voerbak, deur gebruik te maak van die Voermol-

stelsel en

Voermol SB 100 (V4498)

of

Voermol Beefmaker (V7535)

.

s

Water.

Koel drinkwater van goeie gehalte is van uiterste belang. 'n Speenkalf benodig sowat 50 liter koel en skoon

drinkwater per dag. Op 'n warm dag kan die behoefte na drinkwater heelwat hoër wees.

s

Eindmassa.

'n Eindmassa van 440 kg of meer sal 'n karkas (A2/3 graad) van ten minste 250 kg lewer. 'n Goeie kwaliteit kalf

behoort hierdie massa na ongeveer 120 dae in die voerkraal te bereik.

s

Mortaliteit.

Kalwers moet reg geprosesseer word (entings, doserings, behandelings, inplantate, ens.) ten einde mortaliteit tot

'n minimum te beperk.

s

Ligging.

'n Voerkraal moet ideaal gesproke naby aan die graan en die mark geleë wees ten einde vervoerkoste te minimaliseer.

Onthou, 'n tipiese speenkalf weeg 220 kg en benodig sowat 700 kg graan om uiteindelik 'n markgereed bees van 440 kg met

'n karkas van 250 kg te produseer.

VOERMOLKONSENTRATE

9RHUPRO ELHG Q YHUVNHLGHQKHLG NRQVHQWUDWH HON JHVNLN YLU VSHVLĺHNH RPVWDQGLJKHGH

Voermol SB 100 (V4498)

word gewoonlik aangewend deur kleiner voerkrale (500 kalwers en minder) met beperkte fasiliteite en hande-arbeid.

Die Voermolstelsel vereenvoudig die voer van speenkalwers en lewer goeie resultate. Meng eenvoudig 200 kg

Voermol SB 100

met 800 kg

graan (heel-mielies of “hominy chop”) en voer die mengsel

ad lib

. saam met afsonderlik

ad lib

.-hooi (of mieliereste, koringstrooi, ens.). Met die

Voermol-vetmestingstelsel word slegs basiese fasiliteite benodig. Die minimum vereiste is 'n voerbak of voerkrip waarin die

Voermol SB 100

-

mieliemengsel

ad lib

. gevoer word saam met hooi in 'n hooirak. Die hooi kan ook in die vorm van veldweiding in 'n klein kampie voorsien word.

Waar beter mengfasiliteite beskikbaar is of kuilvoer gebruik word, word

Voermol SB 100

in volledige voermengsels

aanbeveel.

Voermol SB 100

word ook suksesvol gebruik vir die voer van bulle en in Fase D-rantsoene. Sien gerus die

Voermol-produkhandleiding vir meer besonderhede.

Voermol Super 80 (V6059)

is 'n hoogs gekonsentreerde produk. Gevolglik is die insluitingsvlak laag en is dit belangrik

dat die voer behoorlik gemeng word met die hulp van goeie mengfasiliteite soos 'n mengwa. Weens die lae insluiting

van

Voermol Super 80

, word die Voermol-stelsel nie aanbeveel nie.

Voermol Zilmol (V16978)

bevat die ß-agonis, Zilpatherol-HCl. Hierdie partisie-agent verhoog die neerlegging van spier

(proteïen) ten koste van vet (energie). Gevolglik kan 'n kalf wat reeds die A2 vetheidsgraad bereik het, vir 'n verdere

sowat 30 dae gevoer word sonder om oorvet te word. Sodoende word die positiewe voermarge ontgin deur diere

langer te voer en verhoog winsgewendheid aansienlik. Terselfdertyd verhoog die uitslagpersentasie met sowat twee

persentasiepunte. Die onttrekkingsperiode vir Zilpatherol-HCl is tussen drie en sewe dae.

Vir volledige meng- en voerinstruksies raadpleeg die Voermol Produkhandleiding,

www.voermol.co.za of skakel die naaste Voermolagent.

Ulrich Müller, Voermol

s

s ZZZ YRHUPRO FR ]D s LQIR#YRHUPRO FR ]D

VOERKRAALAFRONDING VAN SPEENKALWERS