D
ie dinamiese verhouding of band tussen mens en dier
geniet wêreldwyd aandag vanweë die wedersydse voordele
wat dit vir albei partye inhou.
Tans woon ongeveer 55% van die wêreld se bevolking in stede,
maar daar word verwag dat hierdie persentasie gaan verhoog. In die
meer ontwikkelde lande bly ongeveer 74% van die mense in stede,
terwyl 44% van die mense in onderontwikkelde lande stedelinge
is. Teen die jaar 2050 kan die syfers in die omgewing van 58% tot
75% wees. In die betonoerwoud is menslike kontak met plant en
dier noodsaaklik, maar nie verseker nie, terwyl dit op die platteland
ongehinderd voortgaan.
Diere word al hoe meer aangewend as plaasvervanger vir
maatskaplike tussenwerking in tehuise vir bejaardes, kinderbewaar-
skole en hospitale. Troetel- en geselskapdiere dien dus enersyds
as voorwerpe vir spanningsontlading en andersyds as skakel met
die natuur. Troeteldiere het ‘n belangrike invloed op hoe mense oor
hulself en oor die lewe voel. Hulle tree met buitengewone talent soos
onderwysers en genesers op. Die emosionele, sosiale en fisiese
bydraes en voordele van troetel- en geselskapdiere (veral honde) is
onontbeerlik vir mense.
Emosionele voordele
Die gemoedstoestand van die mens word verbeter. Troeteldiere
verlaag die gevoel van eensaamheid en isolasie omdat hulle
kameraadskap bied.
Daar is iets om voor te sorg en om te gee. Baie ouer mense wat
alleen bly, sal jou vertel dat sy troeteldier die rede is waarom hy
wil leef.
Mense pas makliker aan na erge siektes en die dood. Kinders
praat baie keer met hul troeteldiere vir troos indien ‘n vriend
of familielid gesterf het. Bedroefde volwassenes wat nie ‘n
nabye bron van ondersteuning het nie, beleef minder depressie
indien hulle troeteldiere besit.
Mense is minder angstig en voel veiliger. Troeteldiereienaars wat
honde het, is geneig om minder bang en bedreig te voel dat hulle
dalk ‘n slagoffer van misdaad sal wees.
Hul bevorder ontspanning en verminder alledaagse stres.
Troeteldiere kan daartoe bydra dat mense meer ontspanne
is, dan is hulle konsentrasie nie op probleme en kwellinge
toegespits nie.
Fisiese kontak met diere. Die geleentheid om iets aan te raak
soos ‘n troeteldier is psigologies belangrik vir die mens.
Mense bly aktief. Om ‘n troeteldier te besit, lewer ‘n groot
bydrae om die mens aktief te hou. Die mens kry nie net oefening
omdat hy met sy troeteldier stap nie, maar verhoog sy aktiwiteit
deur kos vir die troeteldier te gee, hom te borsel en ook met
hom te speel.
Troeteldiere dra by tot beginselvastheid of konsekwentheid.
Om te sorg en om te gee vir ‘n troeteldier het ‘n aansienlike
uitwerking op ‘n mens se roetine. Dit gee vir die mens ‘n taak om
elke dag te verrig en waarna hy ook elke dag kan uitsien.
Sosiale voordele
Dit skep ‘n gevoel van welstand en nabyheid. Opnames wat
gedoen is voordat en nadat ‘n gesin ‘n troeteldier gekry het,
wys dat ‘n gesin gelukkiger is nadat die troeteldier tot die gesin
toegevoeg is.
Gesprekvoering word gestimuleer. Mense by ‘n dierekliniek voer
meer geredelik met mekaar ‘n gesprek in die teenwoordigheid
van ‘n hond, as wanneer die hond nie daar is nie.
Aanmoediging van interaksie. Inwoners van langtermyn-
versorgingsfasiliteite is meer gewillig om aktiwiteitsessies waar
‘n dier teenwoordig is, by te woon.
Fisiese voordele
Die eienaars van honde se kanse om langer te leef na ‘n hartaan-
val is gunstiger.
Persone met troeteldiere het laer vlakke van cholesterol en
trigliseriede, vergeleke met persone wat nie troeteldiere het
nie. In ‘n studie wat dit bewys het, was beide groepe se diëte,
gewigte en rookgewoontes dieselfde.
Persone wat strestoetse of fisiese ondersoeke in die
teenwoordigheid van ‘n hond ondergaan, se hartspoed en
bloeddruk verlaag gedurende die toetse.
Troeteldiereienaars het soms beter fisiese gesondheid, omdat
hul ‘n behoefte aan oefening het en hul troeteldiere wil versorg.
Hul verminder doktersafsprake en geringe gesondheidspro-
bleme. Die gebruik van voorskrifmiddels en die totale koste vir
die pasiënt se versorging in die verpleeginrigting daal wanneer
geselskapdiere deel van die behandeling uitmaak.
Sommige persone wat periodieke epileptiese aanvalle kry, sê
dat hul honde dit aanvoel (voorspel) voor hyself dit besef.
Daar is diere wat die eienaar bewus maak van episodes of
ontwikkelende voorvalle van hipoglikemie (bloedsuikergebrek)
en dit gee die eienaar kans om aksie te neem in die voorkoming
van ‘n koma.
Honde en katte is die mees algemene troeteldiere wêreldwyd. Dit
is noodsaaklik dat die gesondheidstatus van elke troeteldier en
geselskapdier bo verdenking is en om te verseker dat kontak met
die diere nie soönotiese besmetting (troeteldierverbondesiektes)
sal veroorsaak nie. Voedsame, gebalanseerde kos vir troeteldiere
en geselskapdiere is beslis ononderhandelbaar vir optimale
gesondheid en immuniteit wat siektes kan weerstaan (byvoorbeeld
sarkoptidose of scabies).
Vir meer inligting hieroor, kontak dr Jan du Preez by
info@zoonoses.
co.za
of besoek
www.zoonoses.co.za
.
67
April 2018
OP PLAASVLAK
Diere
DR JAN DU PREEZ,
veterinêre spesialis: Volksgesondheid
Troeteldiere word al hoe meer as plaasvervanger aangewend vir maat-
skaplike tussenwerking in tehuise vir bejaardes. Hierdie papegaai het
emosionele, sosiale en fisiese voordele vir sy eienaar.
Deel 2: Mens-dierverhouding en voordele van diere