8QOHDVKLQJ
SRZHU RI LPDJHU\
LPSURYLQJ \RXU
EXVLQHVVLQWHOOLJHQFH
WKH
ZZZ JHRWHUUDLPDJH FRP
7KH
&523 $5($ (67,0$7(6
SURYLGHV
D VXPPDU\ DW 'LVWULFW OHYHO RI WKH DUHD
SODQWHG IRU VSHFL¿F JUDLQ FURSV
62/87,216
%86,1(66
$1$/<6,6
5LVN 0DQDJHPHQW
6WUDWHJLF 3ODQQLQJ
0DUNHW $QDO\VLV
6PDUW 'HFLVLRQV
0217+/< &523
021,725,1*
'DWD
*(2)$50(5
SURYLGHV
XS WR GDWH DQG DFFXUDWH LQIRUPDWLRQ WR
GHFLVLRQ PDNHUV LQ DQ HDV\ WR XVH FORXG
EDVHG HQYLURQPHQW
.(< )($785(6
y
0RQWKO\
FOLPDWLF UHSRUWV DQG
KLVWRULFDO FRPSDULVRQ
y
&OLHQW VSHFL¿F
UHJLRQ RI LQWHUHVW
y
*UDLQ FURS
LQIRUPDWLRQ UHSRUWV
y
)LHOG VSHFL¿F FKDQJH DQDO\VLV
5,6.
&523$5($
(67,0$7(6
*HQHUDWH GHWDLOHG PDSV
LQGLFDWLQJ LQ ¿HOG FURS
FRYHU YDULDELOLW\ DQG
DQDO\VH PRQWKO\ FKDQJH
5HJLRQDO LQIRUPDWLRQ
RQ UDLQIDOO YHJHWDWLRQ
FRQGLWLRQ DQG
GURXJKW VWDWXV
$JUR &OLPDWH
6WDJHV
&URS *URZWK
5(3257
ƌŽƉ
ƌĞĂ;,ĂͿ
DĂŝnjĞ
ϰϴϰϭϯ
^ƵŶŇŽǁĞƌ
ϭϬϱϮϲ
^ŽLJ ĞĂŶƐ
Ϯϭϰϳϯ
tŚĞĂƚ
ϵϯϵϮ
WĂƐƚƵƌĞ
ϰϴϱϴϭ
&ĂůůŽǁ
ϭϰϰϲϯ
ĞƚŚůĞŚĞŵ
5LVN 0DQDJHPHQW
6WUDWHJLF 3ODQQLQJ
0DUNHW $QDO\VLV
6PDUW 'HFLVLRQV
GRONDBIOLOGIE
druk bespreek
F
icksburg Landbouvereniging, in
samewerking met verskeie borge en
medewerkers, het op 15 Maart van-
jaar ‘n inligtingsdag oor grondbio-
logie en -vrugbaarheid gehou.
Die doel van die dag was om die produsente
byeen te bring en relevante inligting oor
kernaspekte wat ‘n rol in hul produksie en
winsgewendheid speel, te deel. Die dag
was tweeledig en het bestaan uit lesings
wat deur verskeie kundiges in die bedryf
aangebied is en besoeke aan mieliekultivar-
en chemiese proewe.
Die sprekers vir die dag was mnre Johan
Habig en Willem Eigenhuis (albei van Agri
Technovation), prof Leon van Rensburg
(Universiteit van die Vrystaat), asook
mnr Kobus Steenekamp (Monsanto SA).
Habig se voorlegging het gehandel oor
grondgesondheid en grondmikrobiologie.
Hy het beklemtoon hoe belangrik die
samewerking van organismes in die grond
is en het produsente gemaan om dieper as
net die oppervlakte van die grond te kyk
en werklik vas te stel wat die stand van
grondmikrobiologie is. Hy het ook terugvoer
gegee oor proewe wat die afgelope
paar jaar gedoen is en hoe gewasrotasie
en die gebruik van dekgewasse die
grondmikrobiodiversiteit, asook -aktiwiteit,
beïnvloed het.
Prof Van Rensburg het die presisiebestuur
van water in landerye onder die loep
geneem en het grootliks klem gelê op
die belangrikheid van water vir gewas-
produksie. Hy glo dat die huidige situasie
in die Wes-Kaap die publiek al hoe meer
bewus gemaak het van die stand van
damme en die watervlakke daarvan. Hy
het genoem dat die waterinhoud van die
landerye net so krities is om in ag te neem
en dat produsente tot ‘n groot mate met
water boer. Die meer effektiewe bestuur
van water in die landerye kan hulle on-
dersteun met beter besluitneming en ri-
sikobestuur. Hy het ook die ruimtelike
meting van water in die landerye en watter
metodes beskikbaar is om dit te meet,
toegelig.
Steenekamp het oor die toekoms van
landbou in Suid-Afrika gepraat en genoem
dat daar ‘n multidissiplinêre benadering
met geïntegreerde oplossings gevolg
moet word. In die voorlegging het hy
geïllustreer hoe hy mielies se opbrengs
per hektaar oor tyd verhoog het – wat dui
op beter produksie-effektiwiteit. Dit kan
aan ‘n wye reeks faktore toegeskryf word,
waaronder die vordering en verbetering in
saadtegnologie.
Eigenhuis, ‘n argonoom en hortoloog, het
inligting van verskillende proewe wat oor die
afgelope paar jaar gedoen is, sowel as die
belangrikheid daarvan dat die data oorgaan
na tegniese data, bespreek. Die doel daar-
van is om die opbrengsstabiliteit so egalig
moontlik te kry en die optimale prestasie uit
elke stuk grond te verkry. Die inligting word
saam met ekonomiese inligting van grond
hanteer, ten einde uiteindelik meer klem op
die maksimalisering van wins in boerderye
te plaas.
By die besoekpunte van die proewe het
verteenwoordigers van die verskillende
maatskappye die tegniese inligting oor die
kultivars wat in die proef geplant is, met
teenwoordiges gedeel. Oor die algemeen
was die kwaliteit van die proewe uitstekend
en het die verskillende deelnemers en
organiseerders uit hul pad gegaan om by te
dra tot die sukses van die dag.
59
AKTUEEL
LUAN VAN DER WALT,
landbou-ekonoom, Graan SA
1
2
1: Die presisieboeredag wat by Hammonia-saal op Ficksburg gehou is, is besonder goed deur
produsente bygewoon.
2: By die besoekpunte het maatskappyverteenwoordigers die tegniese inligting oor die kultivars
wat in die proef geplant is, met die produsente gedeel.