Previous Page  17 / 84 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 17 / 84 Next Page
Page Background

Fokus;

hou koers in uitdagende omstandighede

VERWAGTE IOK %

NORMAAL

DROOGTE

VEE VERSTERK

Koeberg/Klipheuwel

5,99%

4,90%

5,51%

Midde-Swartland

5,16%

4,60%

4,98%

Rooi Karoo

4,15%

3,47%

3,90%

TABEL 3: DIE VERWAGTE FINANSIËLE IMPLIKASIE VAN DROOGTE MET ‘N UITGEBREIDE VEEKOMPONENT OP VERWAGTE IOK, VIR

‘N TIPIESE PLAAS IN VERSKILLENDE BOERDERYGEBIEDE IN DIE SWARTLAND, MET EN SONDER DROOGTE, OOR ‘N 20 JAAR-

BEREKENINGSPERIODE.

IOK = interne opbrengskoers op kapitaal geïnvesteer

VERWAGTE IOK %

KONVENSIONELE PRAKTYK MET

NORMALE REËNVALSIMULASIE

KONVENSIONELE PRAKTYK MET

DROOGTEREËNVALSIMULASIE

BEWARINGSPRAKTYKE MET

DROOGTEREËNVALSIMULASIE

Koeberg/Klipheuwel

5,99%

4,90%

4,97%

Midde-Swartland

5,16%

4,60%

4,67%

Rooi Karoo

4,15%

3,47%

3,66%

TABEL 2: DIE POTENSIËLE EFFEK VAN BEWARINGSBOERDERYPRAKTYKE OP VERWAGTE IOK VIR ‘N TIPIESE PLAAS VIR VERSKILLENDE

BOERDERYGEBIEDE IN DIE SWARTLAND – MET EN SONDER DROOGTE OOR ‘N 20 JAAR-BEREKENINGSTYDPERK.

IOK = interne opbrengskoers op kapitaal geïnvesteer

Produsente het ‘n lastige keuse om te

maak, gegewe die huidige politieke en

winsgewendheidsituasie van landbou. Tog

is dit belangrik om te bly fokus op dít wat

‘n verskil kan maak, naamlik verhoogde

effektiwiteit en doeltreffendheid. Pro-

dusente sal ook die samestelling van hul

boerderye moet aanpas om die inkom-

stestrome van die besigheid te verander om

wisselbou en veevertakkings in te sluit.

Oorweeg dit ook om boerderypraktyke,

wat die produksie van hulpbronne oor tyd

verbeter, in te sluit. Presisieboerdery is

hierin van kardinale belang. Presisiegrond-

en chemiese kartering kan ‘n belangrike rol

speel om produksie te optimaliseer.

Finansiële beplanning

Gegewe die huidige politieke omstandig-

hede moet elke produsent alles binne

sy vermoë doen om self die effek van ‘n

droogte te kan dra. Belastingaankope bied

‘n opsie om jou te verskans. Dit raak al hoe

belangriker om goeie finansiële beplanning

en -kontroles te implementeer. Jy moet

weet wat die effek van ‘n droogte gaan wees

en ‘n plan beraam om daarby verby te kom.

Met grondonteiening op die agenda, is

dit belangrik om jou insetfinansiering-

strategie te herbesoek. Die belangrikheid

van lewensversekering en uitkeerpolisse

kan moontlik van groter waarde wees

– kredietverskaffers sal hierin ondersteuning

moet verleen.

Investering in ‘n boerdery sal belangrik bly

en voldoende infrastruktuur sal altyd hul

waarde opmaak. Dit maak egter nie sin om

‘n stroper van R5 miljoen in die wind en

weer te laat nie. Die effek van kontraktering

sal ook ‘n belangriker rol begin speel.

Oorweeg dit om masjinerie en toerusting só

aan te skaf dat dit ook elders in die land ‘n

inkomste kan genereer.

Om net op die negatiewe te fokus, sal

jou nêrens bring nie. Fokus op maniere

om oplossings te vind en om uitdagings

die hoof te bied. Dink nuut – niemand het

regtig die antwoorde nie. Kontak dr Willem

Hoffmann by 021 808 3411 of Pietman Botha

by 082 759 2991 met enige vrae oor hierdie

artikel.

FOKUS

Mini-

15

May 2018

Geldsake & Finansiële dienste