Vir graanprodusente in die droëland-
saaigebiede van die Wes-Kaap is die
probleem nie onbekend nie. Tipies sal
diversifisering as moontlike oplossing
aangebied word. Dit is egter presies hier
waar die probleem van beperking in al-
ternatiewe opsies ‘n uitdaging word. Daar is
slegs ‘n paar bekende graan-, oliesaad- en
weidingsgewasse wat vir dié unieke klimaat
aangepas is.
Geheelboerderybegrotings
‘n Mediterreense klimaat word gekenmerk
aan winterreënval en warm, droë somers.
Die risiko verbonde aan droogtes kan met
behulp van geheelboerderybegrotings ge-
illustreer word.
‘n Tipiese plaasmodel wat oor ‘n 20 jaar-
periode strek, sodat ‘n volle meganisa-
sievervangingsiklus toegelaat kan word,
is gebruik as platform om die impak van
verskillende risikodraende faktore te meet
en om die impak van boerderystrategie te
toets.
Die modelle meet die verwagte interne
opbrengskoers op kapitaalinvestering (IOK).
Die modelle is ontwikkel vir boerdery-
gebiede in die Swartland om die impak
van byvoorbeeld droogte op ‘n boerdery te
meet. In die model is ‘n tipiese verspreiding
van reënval – ingedeel in goeie, gemiddelde
en swak jare – getoets.
‘n “Droogte” kan dus gesimuleer word
deur aan die begin van die tydperk een
of meer swak jare in te sluit.
Tabel 1
wys
die verwagte interne opbrengskoers op
kapitaalinvestering vir elke area met nor-
male reënvalverspreiding en die interne
opbrengskoers op kapitaalinvestering met
‘n droogte aan die begin van die periode.
Die interne opbrengskoers op kapitaal-
investeringresultate in Tabel 1 is op inves-
terings van ongeveer R94 miljoen in die
geval van die Koeberg/Klipheuwel-plaas en
R36 miljoen in die geval van die Rooi Karoo-
plaas bepaal. Alles werk op aannames
en hier is die aanname dat die “normale”
reënvaltendens na die eerste drie jaar weer
herstel, gebruik.
Dit wil voorkom asof die algemene
opvatting dat die tyd wanneer produsente
tot die boerdery toetree, water hou en dat
dit bepalend kan wees ten opsigte van
langertermynwinsgewendheid.
Bewaringsboerdery
Die opsies vir graanprodusente in veral die
Wes-Kaap is beperk, maar boerderyteg-
nieke is oor tyd verbeter. Bewaringsboer-
dery kan tot ‘n mate daartoe bydra
om opbrengsverlies weens droogte te
beperk. In
Tabel 2
(bladsy 15)
word die
plase in ‘n droogte gesimuleer, maar met
‘n opbrengs van 100 kg koring per hektaar
hoër – gegrond op die aanname dat
bewaringsboerderypraktyke ‘n positiewe
effek kan meebring.
Bewaringsboerdery, in kort, berus op drie
fasette:
Minimum grondversteuring (bewer-
king);
wisselbou; en
vogbewaring met organiese materiaal
(deklaag kan ook hieronder tel).
Die bekende voordele van bewarings-
boerdery is verbetering in grondstruktuur,
vogbewaring en toenames in die mikro-
organismes in grond.
‘n Sentrale punt hiertoe is die invloed van
wortels in die grond wat nie net deurlugting
verbeter nie, maar ook bydra tot organiese
materiaalinhoud (koolstof).
Veekomponent
‘n Ander strategie vir die graanprodusente
in die Wes-Kaap kan wees om die
veekomponent uit te brei of beter te benut.
Dit moet egter nie strydig wees met die
beginsels van bewaringslandbou nie
– drakrag is dus krities.
Tabel 3
(bladsy 15
)
toon die potensiële
impak van ‘n uitgebreide veevertakking
(Dohne Merino). Let veral daarop op dat
stelsels wat slegs kontantgewasse insluit
(tipies koring en kanola in ‘n drie jaar-koring-
en-kanolarotasie) in “normale” toestande
beter met die huidige veekomponent vaar,
soos wat “tipies” vir elke area is. Indien
daar ‘n groter veekomponent sou wees,
sou dit wel die impak van ‘n droogte tot ‘n
mate kon buffer. Dit is bloot die effek van
koringopbrengs op die totale prestasie
van die boerdery en dui daarop dat die
produsent in “normale” jare sal baat by
die normale kombinasie van kontant-tot-
weidingsgewasse.
Grafiek 2: Prysindekse vir verskillende groepe landboubenodighede.
Bron: Abstract of Agricultural statistics, 2017
Grafiek 3: Bruto inkomste, insetkoste en netto boerdery-inkomste oor die tydperk 1985 tot 2015.
Bron: Abstract of Agricultural statistics, 2017
13
May 2018