Previous Page  20 / 84 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 20 / 84 Next Page
Page Background

FOKUS

Geldsake & Finansiële dienste

Mini-

Mei 2018

18

M

isoeste is nie vir Suid-Afrikaanse graanprodusente

ongewoon nie. Die betaling van belasting is ook ‘n

werklikheid, maar dit is ‘n voorreg om belasting te kan

betaal – mits alle belastingkortings in ag geneem is.

Indien belasting betaal moet word en al die belastingaftrekkings

is nie benut nie, is dit ‘n vermorsing van geld. Om egter bloot plan-

ne te maak om nie belasting te betaal nie, is verseker die begin van

groot moeilikheid. Alles wentel om langtermynwinsgewendheid en

die keuse om die winsgewendheid van die besigheid te behou.

Finansies kan tot intense spanning lei. Gaan dit voor die wind,

moet die belastinggogga bestuur word; gaan dit ellendig, moet die

uitdagings wat voorlê bestuur word. Dit maak nie saak wat jy doen

nie: Daar moet aandag aan die finansies gegee word. Die vooruit

bestuur en beplanning van finansies is krities. Sonder ontledings en

beplannings is die voorkoming van uitdagings bykans onmoontlik.

Misoeste lei gewoonlik tot meer druk en spanning vir die produsent,

maar net so ook die betaling van belasting. Spanning en druk

kan maklik tot verkeerde besluite aanleiding gee en daarom is dit

belangrik dat produsente deur middel van ‘n gestruktureerde

werkswyse na oplossings vir hul uitdagings soek. Indien hierdie

werkswyse deurgevoer word, kan dit lei tot die implementering van

die regte strategie om die boerdery se voortbestaan te verseker.

‘n Manier om hierdie onnodige spanning hok te slaan, is om die

finansies gereeld te ontleed, die beplanning op te gradeer en so-

doende die uitdagings vroegtydig te identifiseer. Deur net bewus te

wees van uitdagings wat voor die deur lê, lewer geen bydrae nie.

Reageer daarop en maak planne om dit te bestuur.

Dit is aansienlik beter om self die uitdagings te bestuur, as om

deur die uitdagings bestuur te word. Ruim vir jouself tyd in om

die boerdery ordentlik te ontleed of te laat ontleed. Let veral op

solvabiliteit, likiditeit en rentabiliteit en moet nie die toekomstige

kontantvloei en doelwitte buite rekening laat nie.

Solvabiliteit

Solvabiliteit gee ‘n aanduiding van hoe solvent die besigheid is.

Indien die boerdery nog solvent is, sal daar altyd ‘n kans wees dat die

boerdery kan voortgaan – mits die beplande, berekende solvabiliteit

binne die norme bly.

Gewoonlik word daar ook na die boerdery se skuldlas verwys

wanneer solvabiliteit ontleed word. Hierdie verhoudings word

hoofsaaklik met inligting uit die balansstaat opgestel. Vergewis

jouself daarvan dat die balansstaat volledig en betyds opgestel is.

Likiditeit

Likiditeit is ‘n aanduiding van hoe maklik korttermynskuld met

korttermynbates afgelos kan word. Gewoonlik is dit hier waar

boerderye se uitdagings lê. Onbeplande belasting wat betaal moet

word in ‘n tyd wanneer die meeste boerderye nie ‘n inkomste verwag

nie, kan ontsaglike addisionele druk op die kontantvloei plaas.

Weens die koste van masjinerie en toerusting word medium-

termynbates gewoonlik op krediet aangekoop en na ‘n swak jaar kan

die paaiemente ‘n uitdaging wees. Maak seker dat die besigheid die

risiko van ‘n swak jaar kan deurstaan.

Rentabiliteit

‘n Verdere ontleding wat gemaak moet word, is om die toekomstige

winsgewendheid of rentabiliteit van die besigheid te ondersoek. Dit

is hoeveel wins die afgelope jaar gemaak is en hoeveel winste in ‘n

normale jaar gemaak kan word, asook watter kombinasie gewasse

verbou moet word.

Om hierdie ontledings te kan doen, sal van ‘n produsent vereis om

‘n volledige balansstaat, toekomstige inkomste-en-uitgawestaat en

toekomstige balansstaat op te stel. Met hierdie berekeninge is ‘n

tydelike kontantvloei beslis ‘n vereiste. Deur middel van die state kan

‘n produsent of konsultant akkuraat bepaal hoe groot die uitdaging is

en moontlike oplossings voorstel.

Langtermynbeplanning

Ongelukkig hou die effek van misoeste of lae produkpryse nie net

‘n probleem vir een jaar in nie, maar ook vir komende jare. ‘n Volledige

langtermyn-detailbeplanning en kontantvloei moet hiervoor op-

gestel word sodat ‘n volledige, tydige geheelbeeld verkry word.

Die kontantvloei sal ‘n aanduiding gee van wanneer inkomstes en

uitgawes verwag kan word.

Moontlike uitdagings ten opsigte van die betaling van verpligtinge

moet dadelik aangespreek word: Moet nie wag tot op nommer 99

nie; gaan sien die krediteure of die rekenmeester en begin met

planne om die uitdaging aan te spreek en op te los. As ‘n

belastinguitdaging voorsien word, kan produsente ook planne

daarstel om dalk vroegtydig met verhoogde oortrokke fasiliteite

belastingaankope te doen.

Ontleed die afwykings en die oorsake

Enige aksie het ‘n reaksie en dit geld ook vir die besigheid se finansies.

Indien die afwykings geïdentifiseer is, moet die oorsaak van die

probleem gesoek en reggestel word. Indien die winsgewendheid

van die besigheid al geruime tyd onder druk is, kon die eenheid dalk

te klein geword het om die vaste kostes te diens, so nie moet daar ‘n

produksieprobleem wees.

Fisiese hulpbronne kan ook ‘n knelpunt wees. Dalk is die potensiaal

net nie daar om die gewasse winsgewend te verbou nie? Ontleed

die winsgewendheid van die verskillende bedryfstakke, insluitende

vaste koste en vergelyk dit met ander rolspelers in die bedryf.

Hierdie ontleding sal ook aandui wat vir die spesifieke boerdery

moontlik is en hoeveel skuld betaal kan word.

Skuldlasverhoudings

In enige bedryf is daar sekere norme. Reeds direk na die oes is

daar norme waaraan voldoen moet word. Een van die eerste

aanwysers van probleme is die skuldlasverhoudings.

Tabel 1

gee

‘n aanduiding van wat die maksimum skuldlas van verskillende tipes

boerderye behoort te wees. Dit is egter net norme en moet altyd

saam met rentabiliteit, likiditeit en terugbetaalvermoë beoordeel

word.

Finansiële krisisse

– wees voorbereid en bestuur dit self

PIETMAN BOTHA

,

SA Graan/Grain

redaksiespan