Mini-
F KUS
SA GRAAN/GRAIN
Geldsake
&Finansiële
dienste
Mei 2018
12
Fokus;
hou koers
in uitdagende omstandighede
W
insmarges, veral in graanpro-
duksiestelsels in die winter-
reëngebiede, is onder druk.
Hoewel dit nie ‘n nuwe situasie
is waarin produsente verkeer nie, was dit
voorheen dalk erger en dit sal heel moontlik
in die toekoms weer verswak.
Die opwaartse prysbeweging van insette,
soos in
Grafiek 1
aangedui, wat die groei
op produsentepryse vir kommoditeite
navolg, is redelik bekend. ’n Styging in
produkpryse is juis wat insetprysinflasie
veroorsaak. Let egter daarop dat die
beweging tussen insetpryse en produkprys
nie winsgewendheid bepaal nie. Wins is,
uiters belangrik, ‘n faktor van produkprys
x hoeveelheid produk - insetprys x hoe-
veelheid inset.
Die teenvoeter vir die prystendense is juis
dat produsente oor tyd meer produktief
raak en met minder insette uitset handhaaf,
of met dieselfde hoeveelheid insette hoër
uitsette lewer. Met ander woorde: Pro-
dusente is tegnies genoodsaak om oor tyd
meer produktief te raak.
Grafiek 2
illustreer die indekse vir ver-
skillende groepe insette in die landbousektor
vir die periode 1990 tot 2015. Die indeks
vir vaste verbeterings is oor die afgelope
paar jaar besig om af te wyk van dié van
die ander insette. Dit dui moontlik daarop
dat produsente besig is om nie in landbou
te herinvesteer nie. Dit is heel moontlik
weens ‘n groot aantal eksterne onsekerhede
soos klimaat, politieke beleidsonsekerheid
rakende grondhervorming en buitelandse
beleid, maar die rol van laer winsgewend-
heid van gewasproduksie kan nie onderskat
word nie.
Grafiek 3
toon die tendens tussen boerdery-
inkomste (omset), produksiekoste en netto
boerdery-inkomste. Uit Grafiek 3 wil dit
voorkom asof landbou redelik winsgewend
is en asof winsgewendheid styg. Dit is
belangrik om daarop te let dat deel van
die groei in netto boerdery-inkomste die
gevolg kan wees van die tendens uitgewys
in Grafiek 2.
Dit beteken dat produsente hul wins nie
in landbou herinvesteer nie, maar eerder
fondse vanuit landbou diversifiseer. Dit
is verder opvallend dat die kostelyn in
Grafiek 3 redelik glad is en die omset
en netto boerdery-inkomstelyne redelik
wisselvallig is. Dit dui bloot op een van
die realiteite van landbou: Dat inkomste
onseker en koste seker is.
DR WILLEM HOFFMANN,
lektor: Landbou-ekonomie, Universiteit Stellenbosch
en
PIETMAN BOTHA,
SA Graan/Grain
redaksiespan
VERWAGTE IOK %
NORMAAL
DROOGTE
Koeberg/Klipheuwel
5,99%
4,90%
Midde-Swartland
5,16%
4,60%
Rooi Karoo
4,15%
3,47%
TABEL 1: DIE VERWAGTE IOK VIR ‘N TIPIESE PLAAS VIR VERSKILLENDE BOERDERYGEBIEDE
IN DIE SWARTLAND – MET EN SONDER DROOGTE OOR ‘N 20 JAAR-BEREKENINGSTYDPERK.
IOK = interne opbrengskoers op kapitaal geïnvesteer
Grafiek 1: Prysindekse vir landbou-insette en landbouprodukte vir die tydperk 1990 tot 2015.
Bron: Abstract of Agricultural statistics, 2017