

91
July 2018
Op Leeuwkuil het die Argentynse stelsel
gemiddeld 0,28% grond-C gelewer teenoor
die 0,13% grond-C van die plaaspraktyk,
met beide stelsels in 2013/2014 onder
mielies.
Samevatting
Die grondtemperatuurstudie onder mielies
op Manjoh Ranch het getoon dat die hoë
plantestande van die Argentynse stelsel
koeler gronde tot gevolg gehad het as
die wye rye en laer plantestand van die
plaaspraktyk. Selfs die temperatuur van die
luglaag bokant die grondoppervlak onder
eersgenoemde stelsel was laer.
Een van die voordele van die koeler grond
is minder waterverlies as gevolg van direkte
verdamping vanuit die grondoppervlak.
Die gevolgtrekking kan daarom gemaak
word dat die Argentynse stelsel kan bydra
tot die vermindering van die effek van
aardverwarming.
Beide produksiestelsels het veranderinge
in koolstofinhoude in die bogrond ver
oorsaak. In vergelyking met die plaas
praktyke, het die Argentynse stelsel ‘n
verhoging in grond-C op die klei- en sand
gronde van Good Hope en Leeuwkuil
onderskeidelik, teweeggebring.
Argentynse
en
plaaslike
praktyke vergelyk (Deel 3)
LOKALITEIT
(GRONDVORM/
FAMILIE)
HORISON
(DIEPTE: MM)
TEKSTUUR
(% KLEI)
BRUTODIGT
HEID (G/CM
3
)
PLANT-BESKIK-
BARE WATER
(MM/1 200 MM)
Good Hope
(Arcadia Rustenburg)
(Sterk struktuur
– verties)
A1
(0 - 200)
Klei
(52)
1,21
246
A2
(200 - 1 200)
Klei
(54)
1,19
Manjoh Ranch
(Hutton Hayfield)
(Swak struktuur)
A1
(0 - 220)
Sandleem
(20)
1,69
225
B21
(220 - 460)
Sandklei
leem (23)
1,52
B22
(460 - 770)
Sandklei
leem (25)
1,27
C
(770 - 1 200)
Sandklei
leem (28)
1,28
Leeuwkuil
(Avalon Mafikeng)
(Geen struktuur)
A1
(0 - 280)
Sand
(7)
1,45
146
B21
(280 - 480)
Leemsand
(11)
1,68
B22
(480 - 1 000)
Sandklei
leem (22)
1,73
B23
(1 000 - 1 450)
Sandklei
leem
(24)
1,74
Tabel 1: Basiese grondfisiese eienskappe van proeflokaliteite.
is, het digthede dramaties verhoog na
1,68 g/cm
3
op 116 mm-diepte tot 1,74 g/cm
3
op 326 mm-diepte.
Die negatiewe effek van hierdie grond
kompaksie op wortelontwikkeling kan in
Foto 2a
en
Foto 2b
(op bladsy 92) gesien
word, waar sonneblomwortels heeltemal
horisontaal gegroei het. In teenstelling
hiermee kan ook in die foto gesien word
hoe die penwortel van sonneblom onder
die plaaspraktyk (Plaas40K) vertikaal ont
wikkel het.
Grondwaterinhoud
Grondwaterinhoude is in 300 mm-in
kremente tot op 1 200 mm-diepte op die
proeflokaliteite bepaal. In die grafieke
verteenwoordig ‘n datapunt die gemiddelde
waterinhoud van ‘n 300 mm-inkrement.
Grafiek 2
toon profielwaterinhoude vir
twee datums vir die Arcadia-grond van
Good Hope onder graansorghum onder
Arg91K (rooi lyne) en Plaas67K (blou
lyne). Onder die hoër plantestand is die
grondprofiel veel droër. Bygesê, die hoër
plantestand het ‘n hoër graanopbrengs van
1 300 kg/ha gerealiseer teenoor Plaas67K
se 1 091 kg/ha.
Beide profiele vertoon relatief droog
(neig na permanente verwelkpunt en selfs
droër). Die afleiding kan gemaak word
dat onvoldoende grondwater beskikbaar
was vir goeie gewasgroei en opbrengs.
Om hierdie rede is dit te verstane dat die
graanopbrengste wat behaal is, veel laer
was as die langtermyn-plaasopbrengs van
3 000 kg/ha.
Grafiek 3
op
bladsy 92 toon dat soortge-
lyke profielwaterinhoude op 15 Januarie
2014 op Manjoh Ranch onder mielies (blou
lyne in grafiek) onder Plaas42K en Arg42K
gemeet is.
Die grondprofiel onder Arg80K (80 000
stand) was egter aansienlik droër, omdat
veel meer mieliegraan (11 651 kg/ha) ge
produseer is (met gepaardgaande hoër
wateronttrekking) in vergelyking met, by
voorbeeld, Plaas42K se 9 440 kg/ha.
Grafiek 3
toon ook dat Plaas250K vir soja-
bone, ‘n veel droër profiel as Arg250K
(rooi lyne in grafiek) veroorsaak het. Die
rede hiervoor is dat die kortseisoenkultivar
3 471 kg graan/ha in vergelyking met die
langseisoenkultivar se 1 871 kg/ha ge
produseer het en dus veel meer water ont
trek het.
1
1: Wortelontwikkeling van graansorghum in
Arcadia op Good Hope.