

Hou in gedagte
Alhoewel reënval gedurende die seisoen
‘n uiters belangrike rol in die produksie van
die seisoen speel, speel ander faktore ook
‘n rol in die seisoen se produksie en
opbrengs. Aangesien genoegsame vog
‘n uiters belangrike aspek en in meeste
gevalle ‘n beperkende hulpbron is, is dit
noodsaaklik dat dit optimaal benut moet
word en daarom die fokus daarop.
In die internasionale konteks is die poten
siaal vir mielieproduksie deur verskeie in
ternasionale studies op tussen 15 kg tot
20 kg graan/mm water vir die seisoen
aangedui. Dit is belangrik dat produsente
vasstel hoe hulle plaas met die algemene
potensiaal vergelyk, om gewasproduksie
sodoende te verbeter en meer doeltreffend
te maak.
Die verspreiding van die reën deur die
loop van die produksieseisoen speel ook
‘n bitter belangrike rol in die opbrengs,
terwyl die grond se waterhouvermoë,
infiltrasievermoë, dreineringsvermoë, ver
damping (vanaf grondoppervlak) en afloop
ook krities is in die doeltreffende gebruik
en benutting van reënwater vir optimale
graanproduksie.
Ten slotte
Die inligting wat in die artikel gebruik
word, weerspieël gemiddeldes van ‘n
omgewing en verteenwoordig nie spesi
fieke gevalle nie. Dit bly steeds ‘n gepaste
aanduiding van hoe ‘n streek se wa
terverbruiksdoeltreffendheid min of meer
lyk. Dit is noodsaaklik dat produsente hul
eie plase teen dié gemiddeldes sal meet om
te bepaal hoe hul plase daarmee vergelyk.
Dit is nie net noodsaaklik dat produsente
hul eie produksie aan dié gemiddeldes
meet nie, maar die tendense moet ook
bereken word om vas te stel of daar
verbeterings in waterverbruiksdoeltreffend
heid is. In die volgende gedeelte van die
reeks sal op ander gedeeltes van die land
gefokus word.
Effektiwiteit lei na doeltreffendheid
Grafiek 5: Reënval en kg graan/mm reën per seisoen in die Wesselsbron-area.
Bron: LNR-GKW en NOK
Grafiek 6: Persentasie afwyking vanaf gemiddeld vir reënval en opbrengs per seisoen:
Wesselsbron-area.
Bron: LNR-GKW en NOK
Julie 2018
86
op plaasvlak
Bestuurspraktyke
Graan SA/Sasol fotokompetisie
– Adêl Mostert 2012