

Grafiek 4a en Grafiek 4b: Grondwaterinhoude van gronde onder: (a) Mielies en (b) sonneblom
op Leeuwkuil (Plaas 28K en 40K = plaaspraktyk teen 28 000 plante/ha en 40 000 plante/ha,
Arg45K en 40K = Argentynse stelsel teen 45 000 plante/ha en 40 000 plante/ha).
Grafiek 5: Grondwaterinhoude van gronde onder sojabone op Leeuwkuil (Plaas350K =
plaaspraktyk teen 350 000 plante/ha, Arg350K = Argentynse stelsel teen 350 000 plante/ha).
kleigrond kan verwag. Goeie wortel
ontwikkeling is waargeneem. Hierdie
kleigrond leen hom dus tot verminder
de meganiese of geenbewerking en
enigeen van die plaaspraktyk of die
Argentynse stelsel sal daarom toegepas
kan word. Die Argentynse stelsel
het hoë brutodigtheid (kompaksie) in
die oppervlaklaag van die medium
en lig getekstureerde gronde ver
oorsaak. Dit was veral opvallend hoe
sonneblomwortels
horisontaal
in
die gekompakteerde bolaag van die
sandgrond op Leeuwkuil gegroei het.
Die twee produksiepraktyke het ver
skille in seisoenale grondwaterinhoude
veroorsaak, wat as ’n aanduiding kon
dien dat ‘n mens verskille in groei en
graanopbrengs te wagte kon wees:
Op Good Hope het ‘n hoër
graansorghumstand (Arg91K) ‘n
droër profiel as die plaaspraktyk
se 67 000-stand veroorsaak. Die
metings het ook ‘n uiters droë
ondergrond getoon, omdat die lae
seisoenale reënval nie ondergrond
se waterreserwes aangevul het
nie. Die graanopbrengste wat be
haal is, is dan ook veel laer as die
langtermyn-plaasopbrengs.
Manjoh Ranch se grondprofiel
onder Arg80K (80 000-stand)
was aansienlik droër, omdat veel
meer mieliegraan geproduseer is
(met gepaardgaande hoër water
onttrekking) in vergelyking met
die plaaspraktyk se stand van
42 000 plante/ha. Die grondwater
studie het ook getoon dat wa
terinhoude vir die volle duur
van die groeiseisoen, onder bei
de mielies en sojabone binne
plantbeskikbare water se grense
gevarieer het. Hierdie guns-
tige grondwaterstatus het bygedra
tot die hoë graanopbrengste wat
beide die mielies en sojabone ge
lewer het.
Op Leeuwkuil was die bogrond van
die Argentynse stelsel onder beide
mielies en sonneblom aansienlik
droër as onder die plaaspraktyk,
terwyl die ondergrond onder eers
genoemde stelsel merkbaar hoër
waterinhoude getoon het – heel
moontlik as gevolg van die af
wesigheid van wortels. Ten spy
te van die laer plantestand vir
mielies onder die plaaspraktyk, in
vergelyking met die Argentynse
stelsel, het eersgenoemde ‘n hoër
graanopbrengs gelewer. Kan die
verklaring hiervoor wees dat die
water in die ondergrond onder
die Argentynse stelsel nie benut
kon word nie?
‘n Finale opmerking: Hierdie studie het
getoon dat die twee produksiestelsels
verskillende impakte op grondeienskappe
gehad het – met gevolglike verskille in
gewasgroei en -opbrengs. In die finale
evaluering behoort hierdie inligting gebruik
te word om te besluit watter stelsel die beste
keuse vir ‘n spesifieke grondtipe en agro-
ekologiese gebied sal wees.
93
July 2018
4a
4b
5