

Hoewel die data nie ingesluit is nie, kan
genoemword dat grondwaterinhoude onder
beide mielies en sojabone vir die volle duur
van die groeiseisoen binne plantbeskikbare
water se grense (veldkapasiteit en per
manente verwelkpunt) gevarieer het. Hier
die gunstige grondwaterstatus het bygedra
tot die hoë graanopbrengste wat beide
die mielies (byvoorbeeld 11 651 kg/ha
vir Arg80K) en sojabone (byvoorbeeld
3 907 kg/ha vir Arg250K kortgroeier) gele
wer het.
Grafiek 4a
en
Grafiek 4b
toon profiel
waterinhoude vir twee datums vir die Ava
lon-grond van Leeuwkuil onder Plaas28K
en Arg45K onder mielies en sonneblom. ‘n
Wisselboustelsel van mielies
sojabone en
mielies
sonneblom is gevolg.
Grafiek 4a (mielies) toon dat die grondpro-
fiel teen 2 Julie onder die hoër plantestand
(Arg45K) in die 0 mm - 600 mm-laag
reeds tot die permanente verwelkpunt uit
gedroog was. Die Plaas28K het met ‘n
hoër waterinhoud in die bogrond geëindig,
maar het ‘n hoër graanopbrengs gelewer
(6 131 kg/ha versus 5 726 kg/ha).
In Grafiek 4b (sonneblom) kan mens sien
dat die profiel teen 2 Julie in die 0 mm -
600 mm-laag tot verwelkpunt uitgedroog
was. Die 600 mm - 1 200 mm-laag van
Arg40K het merkbaar hoër waterinhoude
vertoon – heel moontlik as gevolg van die
afwesigheid van wortels (sien Foto 2a en
Foto 2b).
Grafiek 5
toon profielwaterinhoude vir twee
datums vir die Avalon-grond van Leeuwkuil
onder Plaas350K (blou lyne) en Arg350K
(rooi lyne) onder sojabone. Teen 29 April
was profielwaterinhoude veel hoër onder
Arg350K as onder Plaas350K.
Kan dit wees dat grondkompaksie (sien
Grafiek 1) wortelgroei – en gevolglik wa
teropname – van die sojabone onder die
Argentynse stelsel onderdruk het? Ten
spyte van aanvanklike aanvaarbare grond
waterinhoude was die sojaboonaanplan
tings ‘n mislukking as gevolg van latere
droogtetoestande.
Samevatting
Uit die resultate van die 2013/2014-seisoen
in drie agro-ekologiese gebiede is dit
betreklik duidelik dat grondeienskappe ‘n
belangrike rol by die keuse van die mees
gepaste bewerkingstelsel as ‘n funksie van
grondtipe en klimaat speel.
Om op te som:
In die kleigrond (Arcadia) van Good
Hope is lae brutodigthede gemeet
– wat ‘n mens van ‘n selfbewerkende
Grafiek 3: Grondwaterinhoude op 15 Januarie 2014 van gronde onder mielies en sojabone
op Manjoh Ranch (Plaas42K mielie = plaaspraktyk teen 42 000 plante/ha; Arg42K en Arg80K
mielie = Argentynse stelsel teen 42 000 en 80 000 plante/ha, Plaas250K sjkort = plaaspraktyk
sojabone kortgroeier teen 250 000 plante/ha, Arg250K sjlang = Argentynse stelsel sojabone
langgroeier teen 250 000 plante/ha).
op plaasvlak
Bewaringslandbou
Argentynse
en
plaaslike
praktyke vergelyk (Deel 4)
2: Horisontale (Arg40K, Foto 2a)
versus vertikale (Plaas40K,
Foto 2b) penwortelontwikkeling
van sonneblom op Leeuwkuil.
2a
2b
92
Julie 2018
3