

Vanweë sy sanderige tekstuur het laas
genoemde grond ook die kleinste hoe
veelheid (146 mm per 1 200 mm profiel)
plantbeskikbare water.
Grondtemperatuur
Op Manjoh Ranch is grondtemperature
aaneenlopend op verskeie diepte-intervalle
vanaf 50 mm tot 650 mm onder alle mie
liestande gemeet. Lugtemperatuur is op
50 mm-hoogte bo die grond gemeet.
In
Grafiek 1
word daaglikse tempera
tuurskommelinge op 50 mm-diepte onder
Plaas42K (rooi lyn) en Arg80K (blou lyn)
met mekaar vergelyk. Beide die maksimum
en minimum temperature onder Arg80K is
laer as onder Plaas42K.
Een van die voordele van die koeler grond
onder Arg80K is minder waterverlies as
gevolg van direkte verdamping vanuit die
grondoppervlak.
Grafiek 2a
en
Grafiek 2b
toon koeler grondprofiele tot op 650 mm-
diepte in die oggend sowel as in die middag
onder Arg80K (blou lyne). Van belang is die
verskynsel dat lugtemperature op 50 mm-
hoogte (-50 mm in grafiek) ook laer was
onder Arg80K.
Foto 1a
en
Foto 1b
toon dat die hoofrede
vir die laer temperature onder Arg80K die
skadu-effek van die geslote blaredak van
die nou mielierye was, in vergelyking met
die oop blaredak van die wyer rye van
Plaas42K. Weens ‘n veldbrand in Augustus
2013 was daar ongelukkig geen stoppel
beskikbaar in die 2013/2014-seisoen nie.
Die gevolgtrekking word gemaak dat
hierdie spesifieke Argentynse stelsel der
halwe kan bydra tot die vermindering van
die effek van aardverwarming.
Grondkoolstof
As gewaardeerde medewerker het Omnia
in April 2014 grond- en blaarmonsters op
die proeflokaliteite geneem vir ontleding. In
Grafiek 3
word bogrond (0 mm - 200 mm
diepte)-koolstof (C) as ‘n funksie van gewas
en stelsel voorgestel.
Die oop simbole verwys na waardes
soos onder die plaaspraktyke verkry. Op
Good Hope, met die vorige seisoen se
graansorghum as maatstaf, het die Argen
tynse stelsel hoër grond-C (1,17% - 0,92%)
as die plaaspraktyk teweeggebring. Die
laagste grond-C (0,83%) is verkry waar die
vorige gewas sojabone was.
Op Manjoh Ranch het grond-C, teen die
verwagting in, onder die Argentynse stelsel
afgeneem, soos wat plantestande van
mielies van 40 000/ha tot 80 000/ha verhoog
het. Plaas42K het soortgelyke grond-C as
Arg42K gelewer.
Grafiek 2a en Grafiek 2b: Profieltemperature om 07:00 (a) en 15:00 (b) op Plaas42K en Arg80K.
2a
2b
3
89
July 2018
Grafiek 3: Bogrond C as funksie van vorige gewas of stelsel (Good Hope (GH): vorige gewasse
1 - 5 = graansorghum, gewas 6 = sonneblom, gewas 7 = sojabone; Manjoh Ranch (MR): Stelsel 1
= Plaas42K, Stelsels 2 - 5 = Arg42K - Arg80K; Leeuwkuil (LK): Stelsel 1 - 3 Arg (soliede simbole),
Stelsel 1 - 3 Plaas (oop simbole).