

op plaasvlak
Agronomiese praktyke / Argentynse stelsel / Verskillende streke
Bewaringslandbou
Argentynse
en
plaaslike
praktyke
in proewe vergelyk
Deel 4: Evaluering van sekere grondeienskappe
Julie 2018
90
D
eel 1 en Deel 2 is in die Junie-
uitgawe van
SA Graan/Grain
en
op bladsy 88 van dié uitgawe is
Deel 3 van hierdie reeks gepu
bliseer. Die agtergrond, proefpraktyke,
opbrengste en basiese grondeienskappe
ten opsigte van die vergelyking van die
Argentynse geenbewerkingspraktyke met
plaaspraktyke in verskillende produksiege
biede is daarin uiteengesit.
Die proewe is op die volgende lokaliteite
uitgevoer:
Settlers, in die Springbokvlakte, met ‘n
warm semi-ariede klimaat, op ‘n swaar
klei (turf)-grond, op die plaas Good
Hope van mnr Willem Groothof;
Nigel, met ‘n koel, humiede klimaat, op ‘n
diep sandleem- tot sandkleileemgrond;
op die plaas Manjoh Ranch van mnr
Tony da Costa;
Odendaalsrus, met ‘n warm, semi-
ariede klimaat, op ‘n sand- tot sand
kleileemgrond, op die plaas Leeuwkuil
van mnr David Maree; en
Lichtenburg, met ‘n warm klimaat, op
‘n deeglik-gedreineerde, diep sand
kleileemgrond, op die plaas van mnr
Arno van Vuuren (hierdie proef is
ongelukkig na twee seisoene gestaak en
sal nie bespreek word nie).
In hierdie artikel (Deel 4) word gefokus op
die evaluering van sekere grondeienskappe
wat, soos gemeet in die 2013/2014-seisoen,
enersyds ‘n rol speel in die implementering
van die Argentynse en plaaspraktyke,
maar ook andersyds beïnvloed is deur die
implementering van hierdie praktyke.
Brutodigtheid en
wortelontwikkeling
Die brutodigtheid van die proefgronde is
met ‘n valhamerboor (
Foto 1
) in duplikaat
op reëlmatige diepte-intervalle bepaal. Op
Good Hope is brutodigtheid op ‘n graan
sorghumland onder die plaaspraktyk en
op Manjoh Ranch en Leeuwkuil op ‘n mie-
lie- en sonneblomland, onderskeidelik, bei
de onder die Argentynse stelsel bepaal.
Op die Arcadia-grond van Good Hope is
baie lae brutodigthede (
Grafiek 1
), wat
goeie wortelontwikkeling tot gevolg gehad
het (regs op Foto 1), gemeet. Onder die
Argentynse stelsel op die Hutton-grond
van Manjoh Ranch is ‘n betreklik-hoë bruto
digtheid van 1,69 g/cm
3
op 150 mm-diepte
gemeet met waardes wat gaandeweg
kleiner word hoe dieper ‘n mens gaan.
Op Leeuwkuil op die Avalon-grond is
ook hoë brutodigthede op vlak grond
dieptes onder die Argentynse stelsel
gemeet: Terwyl ‘n brutodigtheid van
1,45 g/cm
3
op 36 mm-diepte gemeet
Dr Danie Beukes,
onafhanklike grondkundige en
HERTZ EISELEN
, AgriConsult Trust
Grafiek 1: Brutodigthede op proefgronde.
Grafiek 2: Grondwaterinhoude van gronde onder graansorghum op Good Hope (Arg91K =
Argentynse stelsel teen 91 000 plante/ha, Plaas67K = plaaspraktyk teen 67 000 plante/ha).
1
2