• Login
  • Search Icon

Wat hou die weer in?

October 2015

Seisoenale voorspelling vir September 2015 tot Januarie 2016


COBUS OLIVIER, Suid-Afrikaanse Weerdienste

Gegewe dat groot dele van die somerreënvalstreek van die land die afgelope jaar baie droog was, is produsente baie bekommerd oor wat die volgende seisoen kan bring. Ongelukkig is die huidige indikasies nie positief nie.

Daar is op die oomblik ‘n El Niño-fase in plek oor die Stille Oseaan en hierdie verskynsel word gewoonlik geassosieer met ondernormale reënval en bo-normale temperature vir Suid-Afrika se somerreënvalstreke.

Die aanduiding is dat die El Niño-fase tot en met die einde van die somer in plek sal bly en hoewel dit nie die enigste faktor is wat Suid-Afrika se reën bepaal nie, wys dit op ‘n groter kans dat dit die opkomende somerreënneerslae negatief kan beïnvloed.

Die huidige langtermynvoorspelling strek net tot in die middel van die somer. Voorspellings is dat sekere dele van die noord-ooste van die land, bo-normale lentereënval kan verwag, terwyl die ander streke gemiddelde en onder-gemiddelde reënval te wagte kan wees.

Vir die begin van die somer is daar sterk indikasies dat daar ondernormale reënval regoor die land verwag kan word. In terme van reënvalverwagtinge vir die res van die somer, is dit op hierdie oomblik nog onseker. Voorspellings so ver vooruit se akkuraatheid is gewoonlik laag, maar met ‘n sterk El Niño in plek, is die algemene indikasie daar dat onder-normale reënval verwag word.

Vir temperature regoor die land, word verwag dat dit bo-normaal sal wees vir die lente en somer. Onder-normale temperature is wel vir hierdie lente en somer vir die suidelike kusgebiede in die vooruitsig.

Die figure toon die waarskynlikhede vir reënval in Figuur 1, die waarskynlikhede van minimum temperature in Figuur 2 en die waarskynlikhede vir maksimum temperature in Figuur 3.

Reënval

Reënval

Reënval

Vir meer inligting oor die weervoorspellings kan die webtuiste www.weathersa.co.za besoek word waar ‘n nuwe maandelikse vooruitskatting beskikbaar gestel word. Cobus Olivier kan ook by 012 367 6008 gekontak word. 

Publication: October 2015

Section: Relevant

Search