September 2010
DR RIKUS KLOPPERS, PANNAR SAAD EN DR BRADLEY FLETT, LNR-INSTITUUT VIR GRAANGEWASSE
Kop- en pluimbrand het weer in die 2009/2010-seisoen voorgekom in dieselfde gebiede waar dit ook in die 2008/2009-seisoen groot skade aangerig het. Dit was veral in die koel oostelike dele van die Hoëveld, spesifiek in die omgewing van Standerton, Charl Cilliers en Ermelo in Mpumalanga, waar die siekte hom nou reeds gevestig het.
Daar is ook onheilspellende tekens dat die siekte besig is om na ander gebiede uit te brei en daar was dan ook aanmeldings in 2010 van kop- en pluimbrand in die Harrismith-omgewing; en dan meer onlangs ook in die Swartberg/Underberg-gebiede van KwaZulu-Natal.
Algemene agtergrond
Kop- en pluimbrand is niks nuuts in Suid-Afrika nie en was ’n baie bekende gesig in die laat 70’s en vroeë 80’s in plaaslike mielieaanplantings. Volgehoue weerstandsteling het egter doeltreffende weerstand in plaaslike mieliebasters ingebou wat tot gevolg gehad het dat die siekte tot ’n groot mate verdwyn het.
Weerstand verlaag die kans op infeksie, minder spore word geproduseer en inokulumdruk verlaag tot waar dit nie meer ’n groot risiko inhou nie. ‘n Mens kan dus met reg sê dat die siekte tot ’n groot mate beperk is en later feitlik uitbestuur is met die gebruik van weerstand- en die regte akkerboukundige praktyke.
Kliek op https://www.grainsa.co.za/documents/SAGraan%20Sept%2010_Voorkom%20kop%20en%20pluimbrand.pdf vir die volledige artikel.
Publication: September 2010
Section: Wenartikels