November 2015
CORNÉ LOUW, senior ekonoom: Bedryfsdienste, Graan SA
Volgens saadmaatskappye word ongeveer 80% van soja-aanplantings en 70% van koringaanplantings jaarliks met terughousaad aangeplant. Hierdie saadterughoudings, wat wel wettig is, veroorsaak ‘n bose kringloop wat investering in die soja- en koringsaadbedryf (in feitlik alle oopbestuifde gewasse) beperk en tot ‘n groot mate verhoed.
Volgens saadmaatskappye neem dit ongeveer twaalf jaar om ‘n nuwe kultivar mark toe te bring teen groot koste. Die voorafgenoemde praktyk verhoed egter dat nuwe kultivars en die nuutste tegnologie na Suid-Afrika toe kom.
Monsanto het byvoorbeeld reeds ‘n geruime tyd ‘n Roundup Ready 2-geen (die sogenaamde Roundup Ready to Yield) sowel as Dicamba-verdraagsame sojabone op internasionale markte beskikbaar. Monsanto wil egter nie hierdie tegnologie vir Suid-Afrika beskikbaar maak nie, alvorens daar nie sisteme in plek is om hulle investering te kan terugkry nie (met die huidige koers van saadterughouding is dit tans nie moontlik nie).
Daar is ‘n wedersydse oplossing nodig om saadmaatskappye, plaaslik en internasionaal, aan te spoor om meer te investeer in die ontwikkeling van nuwe kultivars. ‘n Model is nodig, sonder om saadkoste onbekostigbaar duur te maak.
Tussen Graan SA, die saadbedryf (SANSOR), Agbiz Grain, die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye en die onderskeie forums, is ‘n komitee in die lewe geroep om na verskillende modelle te kyk wat voorstel hoe saadmaatskappye vergoed kan word vir die negatiewe impak van terughousaad.
In die soeke na só ‘n stelsel, is gekyk na sisteme en modelle wat in ander lande gebruik word om kultivarontwikkeling mee te finansier. Moet dit vrywillig of statutêr wees? Wetlik afdwingbaar?
In dié ondersoek is gesien dat daar tans sisteme in plek is waar navorsingsheffings suksesvol ingesamel word. Só ‘n voorbeeld is die huidige statutêre navorsingsheffing vir wintergrane wat deur die Wintergraantrust geadministreer word. Hiervoor word ‘n statutêre aansoek ingedien in terme van die Wet op die Bemarking van Landbouprodukte, wat deur die Nasionale Landboubemarkingsraad (NLBR) geadministreer word.
Daar is besluit om dieselfde voertuig vir ‘n “Eindpunt Tantieme Sisteem” in Suid-Afrika te gebruik. ‘n Bedryfskomitee bestaande uit bedryfsrolspelers is bymekaar geroep om hierdie proses aan die gang te kry en daar word goeie vordering gemaak.
Die “voertuig” wat gebruik gaan word om tantieme te administreer:
Die waarde van die tantieme
Markaandeel
Waar staan ons nou?
Die voordeel is dat hierdie stelsel gebruik kan word om kultivarontwikkeling in bykans alle oopbestuifde gewasse te befonds (gars en hawer ook). In ‘n onlangse besoek aan Australië, waar só ‘n stelsel al sedert 1996 in werking is, is gesien dat ons op die regte pad is.
Publication: November 2015
Section: On farm level