February 2017
JOHANN BRITS, Villa Crop Protection
Die tweekolspinmyt, Tetranychus urticae, is ‘n moeilike plaag om te beheer. Hierdie myt kom wêreldwyd op meer as 200 gasheerplante voor. Dit is die mees algemene mytspesie in die wêreld en rig groot skade aan op plante – van landbougewasse tot potplante in die huis. Hierdie artikel fokus slegs op die beheer daarvan op mielies.
Voortdurende droogtes verhoog die kans dat die myt uitbreke sal hê op mielies en sojabone. By mielies kan kommerwekkende oesverliese voorkom as die myt op die gewas teenwoordig is.
Die fokus vir hierdie artikel is veral op die tweekolspinmyt, sy populasiedinamika, chemiese behandelingdrempels en mytmiddels beskikbaar om die plaag op mielies te behandel.
Wat is die tweekolspinmyt?
Hierdie mytplaag kan erge skade aanrig op gewasse in glashuise en tonnels, maar in Suid-Afrika kom dit ook voor op mielies, aar tap pels, sojabone, katoen, sorghum, tamaties en baie ander gewasse.
Om die myt suksesvol te beheer, is dit belangrik om die plaag se lewensiklus te verstaan en veral die tydsberekening wanneer jy beheer op mielies moet toepas. Die volgende belangrike aspek is dan natuurlik om te weet watter middels kan jy spuit om die plaag onder beheer te hou.
Die volwasse wyfies is rooierig van kleur, soms strooikleurig tot geel of groenerig. Hulle is ongeveer 0,5 mm in lengte en twee donker kolle is sigbaar aan weerskante van hul lywe – vandaar die algemene naam. Volwasse mannetjies is kleiner en strooikleurig.
Die onvolwasse nimfe se kleure wissel van oranje tot rooi of groen. Die wyfies leef ongeveer drie tot vier weke en kan tot 150 eiers in hul leeftyd lê. Die lewensiklus (Figuur 1) kan so kort soos tien dae wees – met veral lae humiditeit en warmer temperature, wat bevorderlik is vir ‘n korter lewensiklus.
Hoe beskadig dit plante?
Die skade wat hierdie myte op mielies veroorsaak, is soos volg: Aanvanklik voed die myte net aan die onderkant van die blaar, maar later word alle oppervlaktes van die plant aangeval. Die aanvanklike simptome is chlorotiese spikkels of strepe op die blare, wat dan later verkleur na geel, bruin of brons en kan lei tot die afsterwe van die gewasplante as die infestasiedruk baie hoog is.
Fyn spinwebbe is soms sigbaar op die blare waar die myte voed, maar teen daardie tyd is die oesopbrengs reeds verlore.
Soos die mytkolonie groei, word die vreetskade meer intens. Die hele blaar begin van kleur verander – van grysgroen na geel, bruin of brons – ‘n simptoom wat produsente kan verwar met droogtestres van die plante – veral die blare laer af op die mieliestam. Die vreetskade verminder die effektiewe blaaroppervlakte en beklemtoon droogtestres. Die gevolg hiervan is minder mieliekoppe en kleiner saad.
Watter middels is hierteen beskikbaar?
Verskeie produkte is tans geregistreer vir beheer van die myte op mielies. Voorbeelde van geregistreerde produkte sluit in:
Die toevoeging van ‘n goeie benatter om verspreiding op die blaaroppervlak te verbeter, word definitief aanbeveel indien dit op die etiket aangedui word.
Dit is ook belangrik om te besef dat die tweekolspinmyt reeds weerstand teen sommige geregistreerde insekmiddels in ander dele en gewasse in Suid-Afrika opgebou het. Gevolglik is dit van kardinale belang om produkte met verskillende aktiewe bestanddele te gebruik en af te wissel.
Tydsberekening en toedieningsparameters
Begin spuit wanner ‘n infestasie opgemerk word. Indien 90% beheer op 100 myte verkry word, is die probleem opgelos. Onder hoë infestasiedruk is dit egter ‘n ander scenario. Gestel ‘n miljoen of meer myte kom in ‘n land voor, sal die 10% wat oorbly, steeds van ekonomiese belang wees.
Bereken die mytpopulasies in die gewas soos volg deur weekliks te verken:
Hou ook die volgende in gedagte:
Die mikpunt is om die boonste vyf tot ses blare mytvry te hou tot en met die sagte deegstadium van die mieliepitte. Van die geregistreerde produkte kan ook met ‘n spilpuntbesproeiingstelsel toegedien word.
Die spuitmengsel moet in die besproeiingstelsel ingespuit word met ‘n positiewe verplasingsmeterpomp. Indien die chemiese spuitstof nie met die spilpuntbesproeiingstelsel verbind is nie en die spuitmengsel word direk in die spilpuntmasjien ingespuit, moet die spilpunt op maksimum spoed gestel word om die minimum watervolume per hektaar neer te sit. Indien nie, sal die chemiese aktiewe bestanddeel op die grond beland en nie op die mielieblare nie.
Spuit die spuitmengsel egalig oor die teikenarea in ‘n voortdrywende operasie om goeie bedekking van die teikenarea te verseker en hierdie plaag effektief te beheer.
Indien ‘n hoë aanplanting gedoen is en die mielies is reeds in die pluimstadium, is lugbespuiting die enigste toediening – wat beteken dat effektiewe bedekking van die onderste derde van die plante moeiliker verkry word. ‘n Tweede toediening sal in dié geval nodig wees. Die syferspel raak krities en oesverlies klop aan
die deur!
Die volgende vraag kan onmiddellik gevra word: Wat van toediening deur die besproeiingstelsel? Ja, dit kan gebruik word, maar soos reeds genoem, is effektiewe bedekking van die teikenarea (veral die onderkante van die blare) krities.
Die afloopfaktor, asook die verdunningseffek van die spilpunt se watervolume, benadeel hierdie vereiste tot ‘n groot mate en effektiewe beheer word nie deur sodanige stelsels verkry nie.
Opsommend
Wat moet jy weet en doen om hierdie plaag effektief in jou mielies te beheer?
Publication: February 2017
Section: On farm level