August 2013
ESTIE DE VILLIERS, ASSISTENT-REDAKTEUR: SA GRAAN/GRAIN
Tydens die onlangse Graan SA NAMPO Oesdag het ‘n mens net weer eens verstom gestaan oor al die nuwe werktuie en implemente wat tans op die mark beskikbaar is – en hoe tegnologie daarin geïnkorporeer is.
Om volhoubaar te boer, moet ‘n mens weet wat beskikbaar is in die masjineriemark – onder andere in terme van tegnologie. In vandag se tyd kan ‘n mens nie net jou skouers optrek en sê “ek is tegnologies gestremd nie” – ‘n mens moet jouself vergewis van wat beskikbaar is. SA Graan/Grain het vir dié uitgawe by ‘n paar vervaardigers gaan uitvind watter tegnologie tans op die mark beskikbaar is. Waarna kan produsente uitsien in die toekoms en hoe verseker die handelaars opleiding en ondersteuning vir gebruikers van hierdie tegnologie?
Ons publiseer graag hier die terugvoer wat ons van die vervaardigers gekry het.
KEVIN LESSER, JOHN DEERE
The only certainty we have is that technology will continue to change how we farm. In comparing tractors of the past to the tractors of today, you’ll most certainly agree that there has been a monstrous improvement.
John Deere equipment will continue to get much smarter in the future. We are introducing a suite of products under the FarmSight umbrella that will take precision farming to a new level.
We envision a seamless, intuitive interaction between man, data and machine that eases decision-making and maximises productivity. The FarmSight plan includes a robust telematics programme that will allow producers to monitor machines from office computers or mobile devices. They will watch machine activity and location along with receiving notices of machine trouble.
Users see in their office or mobile device what’s on a tractor, combine or other vehicle’s display allowing them to assist the operator with setup issues. Added to this capability, the producer can update machine software or allow the dealer to access the machine and do the necessary diagnostics remotely.
Another part of FarmSight will be machineto- machine control. One example is a combine taking control of a tractor and grain cart as it nears the combine for unloading. The benefit will be an efficient, safe and precise unloading process.
However, let’s not forget that at the end of the day it is all supported by the fertility of the soil. If your organic matter and soil fertility is falling, it matters not how good the technology is, but how good our farmers’ skills are to identify and rectify. Technology will assist what we do to improve soil fertility and the long-term sustainability of the land. If we lose sight of where real wealth is generated, then technology only speeds up our demise.
Good producers are heavy data users. Computers, GPS, harvest data and genetics are more a part of farming than is widely understood and John Deere will strive to be there with our producers enabling them to do what they do best. We are: “Committed to those linked to the land.”
SAREL HAASBROEK, TERRATILL
Wat Horsch Maestro planters die meeste onderskei van die res, is die hoë spoed waarteen hul kan plant (9 km/uur tot 16 km/uur) met ‘n baie hoë vlak van akkuraatheid, selfs teen ‘n hoë plantestand.
Die planters is absoluut gerig op produktiwiteit met die minimum staantyd vir aanvulling van kunsmis en saad – daarom dat daar van ‘n 7 000 liter sentrale kunsmis massatenk en ‘n 2 000 liter sentrale saadbak gebruik gemaak word.
Baie aandag is gegee aan die buste en laers wat gebruik word om staantyd tot die minimum te beperk. Meeste van die laers is spesiaal vir Horsch ontwerp en vervaardig met groot klem op stofdigting en lae onderhoud en hoë werksvermoë.
Al die uitmeetkomponente word met elektriese laestroom gedryf, wat dit maklik aanpasbaar maak vir presisieboerdery – daar is geen ratte en kettings op die planters nie. Die verstellings van plantestand en kunsmistoediening word vanuit die trekker se kajuit op die Horsch terminaal gedoen.
Al die Horsch produkte is ISOBUS verenigbaar en die nuwe-generasie-trekkers se skerm kan as skerm vir die planters dien. Die planters is reeds aangepas vir variërende plantestand en kunsmistoediening met die gebruik van die elektriese motors op die uitmeeteenhede.
‘n Opsie soos seksiebeheer op elke plantereenheid, is beskikbaar en is ideaal vir gebruik op spilpunte, kontoere en toevlugsareas wat saadvermorsing en oorvleueling van kultivars tot die minimum beperk. Spuitbane kan ook geprogrammeer word en die planter kan byvoorbeeld elke 34 m twee rye afskakel en bane los vir die spuit om in te ry.
Toekoms
In die toekoms sal daar meer gefokus word op verminderde en gekombineerde bewerkings wat produktiwiteit verhoog en koste verlaag. Dit sluit primêre bewerkingstoerusting wat met planters gekombineer is as ‘n eenheid in. Elektriese aandrywing is ‘n fokuspunt vir die toekoms aangesien dit een van die mees effektiewe omskakelings van energie is.
Opleiding
Opleiding vir Horsch se gevorderde produkte word plaaslik by die invoerder asook op plase gedoen en word gerugsteun deur Horsch Duitsland wat ook opleiding hier aan kliënte bied.
GERRIE WAGENAAR, PRODUKBESTUURDER, BARLOWORLD AGRICULTURE
AGCO, die vervaardiger van Massey Ferguson, Challenger en Sunflower, het pas ‘n nuwe tegnologiestrategie, genaamd Fuse Technologies, bekend gestel wat aan presisieboere ‘n soomlose integrasie en verbinding ten opsigte van alle plaasbates bied, ongeag fabrikaat.
Fuse Technologies konsolideer AGCO-tegnologieë vir alle fasette van presisieboerdery – van beplanning en plant, tot oes en graanberging – en het ten doel om insetkoste te verminder en groter doeltreffendheid en winsgewendheid in die hand te werk.
AGCO se huidige telemetrie- en databestuurstelsels, soos AgCommand, navigasiestelsels soos Auto-Guide, en toekomstige generasies van hierdie en ander presisieboerderytegnologieë sal in die Fuse Technologies-portfolio opgeneem word. ‘n Fokus sal wees om ‘n “oop” benadering tot tegnologie-integrasie in AGCO-toerusting te verseker, ook ten opsigte van bestaande diensverskaffers en sagteware wat reeds vir plaasbestuursinligtingstelsels gebruik word. AGCO neem lank reeds die voortou met die ontwikkeling van nuwe tegnologie. So was Massey Ferguson en Challenger etlike jare gelede die eerste in die mark wat onder meer Isobus-tegnologie gebied het. Hierdie elektronika stel ‘n trekker in staat om beheerstelsels wat saam met implemente en oestoerusting verskaf word, gemaklik en sonder bykomende koste te akkommodeer.
Daar is reeds ver gevorder met die integrering van Topcon presisieboerderystelsels in alle AGCO-masjinerie. Afgesien van navigasie vir die doeltreffende beheer van bewerkingstroke is daar ook stelsels vir selfaangedrewe spuite en strooiers, stropers, balers, planters, platsnyers en voerstropers.
Dié stelsels word ewe doeltreffend beheer deur gewone trekkers met ‘n meganiese stuurmeganisme as deur hoëtegnologietrekkers. Akkuraatheid word bepaal deur die keuse wat die klant uitoefen ten opsigte van hardeware (sub-meter, hoëpresisie of basisstasie). Die jongste toevoeging is ‘n bekostigbare telemetriestelsel wat die kliënt, handelaar en vervaardiger ten alle tye in kontak met toerusting plaas. Werkverrigting, staantyd en diensintervalle word gemonitor deur onder meer van selfoontegnologie gebruik te maak.
Wat kom in die toekoms?
Groot veranderings word in veral spuittegnologie verwag. Spuitmiddels maak ‘n groot deel van graanprodusente se insetkoste uit en daar is druk om minder chemikalieë te gebruik. Daar is reeds ver gevorder met stelsels wat middels selektief op sekere plante toedien.
Opleiding en ondersteuning
Produk- en tegniese opleiding vind voortdurend plaas. Barloworld Agriculture bedryf ook ‘n vakleerlingakademie om die tekort aan opgeleide dieselwerktuigkundiges in die landbou aan te spreek en hoë vlakke van tegniese steun op veral hoëtegnologie Massey Ferguson en Challenger produkte te verseker. Sedert 2010 het daar reeds 78 vakleerlinge hier vir opleiding aangemeld.
CHRISTO HELM, MANAGER, TOPCON PRECISION AGRICULTURE AFRICA
Featuring Topcon’s industry-leading X30 console with intuitive multi-view interface – powerful all-in-one control for your farming operation, plus Topcon’s new AGI-4 receiver/steering controller – the first truly modular and ISO compliant steering system and provides a wealth of control and display options for simplicity and flexibility with feedback at a glance from multiple sensors throughout your machine.
For easy navigation, the user never leaves the “home page” – it’s always in view.
X30 key features
AGI-4 key features
JACO VIVIERS, GENERAL MANAGER, RONIN PFS
Products and services offered by Ronin Precision Farming Systems (PFS) represent the Trimble and DICKEY-john brand names and range from basic GPS guidance to complex multi-product variable rate applications and planter monitoring.
Trimble
The technology available from Trimble gives us the ability to use GPS for various applications. According to the producer’s needs he can use a basic EZ-Guide 250 for entry level 30 cm accuracy guidance, a CFX750 or FMX display with the very popular new Center-point RTX signal and a 3,8 cm accuracy, or even the old faithful RTK signal of 2,5 cm accuracy transmitted from a base station.
These different accuracies can also be accompanied by an assisted steering system such as the EZ-Steer and EZ-Pilot which is built for light and medium applications, or an automated steering system like the Autopilot with a fully integrated hydraulic steering system.
Trimble also offers variable rate systems, called Field IQ, fitted on most spreaders, planters and applicators. It is all hydraulically driven and varies your rate according to a prescription map for the different zones in the field.
Trimble yield monitoring is available for the producer who wants to know his yield data as he combines as well as the luxury to download his yield data maps in Farmworks onto his office computer.
DICKEY-john
DICKEY-john has been the industry leader in planter monitoring for many years. These products mitigate the planting risk for the producer to know that he is definitely putting the right amount of seed into the soil. The technology focus is busy shifting from hardware driven to solutions. The value of data and data movement becomes more important.
Data is transferred from your vehicles to the office and between vehicles via a wireless connection. Data loss due to human error is therefore minimised and data usage becomes a management tool.
Not only do you get field information, but also the status of your vehicles’ activities. This new trend is supported by continuous Trimble authorised training by Ronin PFS technicians as well as in-house tools put into place to give better after sales service like an online quote-based system and the afterhours technical support hotline.
RUDI DU TOIT, NORTHMEC
AG-Solutions, ‘n afdeling van Northmec, is verantwoordelik vir die verkoop, installeer en naverkoopdiens aan die presisieboerdery-sy van die besigheid. Die afdeling beskik oor die nodige vaardigheid en vernuf om te assisteer in enige behoefte, van opbrengsmonitering, varieerbare toediening en dataverwerking.
Tegnologie tans beskikbaar
AG-Solutions
Alle CASE IH STX Steiger, Magnum 315 en 340 trekkers, stropers en selfaangedrewe spuite word standaard toegerus met ‘n Pro 700-skerm. Die Pro 700-skerm vertoon alle trekker- en masjieninligting (van brandstofverbruik, oppervlak gewerk tot variërende toediening). Die Pro 700-skerm beheer ook die Autopilot-stelsel (geïntegreerde stuurstelsel) wat sodoende die werk van die operateur vergemaklik – alles met een skerm. Vir die naverkoopsmark bied AG-Solutions die FM 750- en FM 1000-skerms wat op die meeste vervaardigers se masjiene gemonteer kan word. Die skerms word gebruik vir die beheer van stuurstelsels (byvoorbeeld EZ-Steer; EZ-Pilot en ook Autopilot) seksiebeheer; saad- en opbrengsmonitering asook variërende toediening. AGSolutions bied tans drie korreksie-opsies op satellietseine – afhangende van die kliënt se behoeftes.
Sagteware
CASE IH AFS® lessenaarsagteware bied die produsent die geleentheid om sy boerderyoperasie aan te pas vir sy behoeftes. Case IH AFS lessenaarsagteware bied ook die buigsaamheid en ontledingskrag om al jou presisieboerderybehoeftes te ondersteun. Die sagtewarepakket kan gebruik word om jaarlikse opbrengste te vergelyk en ontleed, ontleding van grondkaarte en druk van verslae.
Wat hou die toekoms in?
Presisieboerdery word by die dag meer en meer noodsaaklik en CASE IH bied die regte oplossing vir elke probleem wat presisieboerdery betref. Die presisieboerderytoekoms hou ‘n paar interessante verwikkelinge in vir die boerdery. AFS Connect® telematics is maar net een van die nuwe verwikkelinge wat eersdaags bekend gestel gaan word. Die Case IH AFS Connect telematics sal die produsent in staat stel om sy trekker, stroper en spuit te monitor vanaf sy kantoor/skootrekenaar. AFS Connect sal die geleentheid bied om logistieke te verbeter, produktiwiteit en effektiwiteit te verhoog en staantyd tot die minimum te beperk.
Opleiding en ondersteuning vir verbruikers
Ag-Solutions bestaan uit ‘n goed opgeleide span spesialiste wat die nodige kennis het om sy kliënte te ondersteun en te diens in Suid-Afrika. Alle CASE IH takke, handelaars en kliënte word met die voltooiing van ‘n installasie, opleiding oor die stelsel gegee en ook telefonies ondersteun.
Publication: August 2013
Section: Input Overview