December 2011
PIETMAN BOTHA, SENIOR LANDBOUNAVORSINGSKUNDIGE, GRAAN SA
No-till is deesdae op almal se lippe en almal wil weet kan dit werk en hoe moet dit gedoen word. Tans is daar baie instansies wat aandag aan hierdie saak skenk.
Die LNR-Instituut vir Graangewasse (LNR-IGG) asook ander instansies soos die KwaZulu-Natal No-till klub, bedryf tans heelwat proewe om hierdie stelsel te beproef en om probleme binne hierdie stelsel uit te sorteer.
Argentinië, deur middel van die Argentina National Institute of Agricultural Technology (INTA), is al jare lank besig om die direkte plant (no-till in oesreste) stelsel na te vors en te verfyn. Dié navorsing het aanleiding gegee dat hul implemente spesifiek vir hierdie praktyk ontwerp en aangepas is. Verder word die stelsel wyd en suid in Argentinië toegepas.
Beproef eers
Argentinië sien Suid-Afrika as ‘n land waarheen hul implemente uitgevoer kan word, maar die Argentyne glo dat die stelsel van direkte plant eers beproef moet word voor grootskaalse implemente na ‘n land uitgevoer kan word. Deur die stelsel te optimaliseer, sal die graanbedryf oor die lang termyn kan bly bestaan en sal toerusting ook oor die lang termyn verkoop kan word.
Na aanleiding van verskeie besoeke van INTA aan Suid-Afrika asook Graan SA se besoek aan Argentinië, is ‘n voorlopige ooreenkoms met verskeie Argentynse organisasies aangegaan om die direkte plant stelsel-navorsing van die grond af te kry.
Ooreenkoms in plek
Hierdie ooreenkoms is nou vervang met ‘n bindende ooreenkoms wat deur Graan SA se voorsitter, mnr Neels Ferreira, in Argentinië onderteken is en hierdie werk kan dus nou amptelik in Suid-Afrika begin. Daar is ooreengekom om vier amptelike proewe, wat ten minste oor ‘n periode van vyf jaar strek, op die volgende plekke aan te plant, naamlik:
INTA het in samewerking met die Argentynse kamer van implementvervaardigers (CAFMA) en Fundación Cideter (‘n stigting wat implementnavorsing, -ontwikkeling en tegniese ondersteuning aan implementvervaardigers bied), Argentynse implemente, wat planters, spuite en stropertafels insluit, beskikbaar gestel om hierdie proewe mee te kan uitvoer.
INTA sal ook personeel beskikbaar stel om die proewe te kom plant en te oes. Plaaslike insetverskaffers, naamlik Pannar, Syngenta en Omnia, verskaf die direkte insette vir hierdie amptelike proewe. Die landboubesighede se landboudienste-afdelings asook die LNR sal ook deel uitmaak van hierdie proewe en gaan ‘n belangrike rol speel in die uitdra van die tegnologie.
Hoe gaan dit werk?
Die beplanning van elke proef is in samewerking met alle rolspelers gedoen en aspekte soos plantestand, bemesting en bewerkingsaksies is voor die tyd uitgeklaar.
Die proewe word globaal deur ‘n stuurkomitee bestuur wat al die nodige besluite sal koördineer. Hierdie stuurkomitee bestaan uit landboukundiges van die saad-, kunsmis-, onkruiddoder- en landboumaatskappye asook produsente, implementvervaardigers en Graan SA.
INTA-personeel is ook deel van hierdie bestuurspan en hul dui in ‘n groot mate aan wat gedoen moet word. Tog sal die plaaslike kundiges ook ‘n rol speel om die praktyke pasgemaak te kry.
Die doel van die stelselproewe is om:
Inligting aangaande die uitkomste van die proewe sal op ‘n gereelde basis aan produsente beskikbaar gestel word.
Ten einde hierdie doelwitte te bereik, is besluit dat ‘n proef ongeveer 20 ha groot sal wees. Die proewe sal bestaan uit ‘n konvensionele gedeelte wat die medewerker se bestaande praktyk insluit en dan die direkte plant soos deur die Argentyne voorgestel.
Wisselbougewasse sal ook ingesluit word en bestaan uit gewasse soos sonneblom, sojabone asook permanente aangeplante weiding. In die direkte plant-gedeelte sal enkelkoppige, enkelstammige mieliekultivars teen verskillende plantestande aangeplant word. Die sonneblom- en sojaboonaanplantings sal verskillende kultivars met verskillende groeilengtes asook verskillende plantestande insluit. Die doel van die verskillende plantestande asook kultivars sal wees om die effek van die behandelings te meet in terme van produksie, grond oorskadu-effekte asook om die reënvaldoeltreffendheid te meet.
Verder sal die effek van droogtes op die stelsel ook getoets kan word. Grondvogontledings sal voor, tydens en aan die einde van die seisoen geneem word om sodoende ‘n goeie grondvog-ontleding te kan doen.
Die effek van wisselbou sal hoofsaaklik verkry word deur sonneblom, sojabone asook permanente aangeplante weiding met mielies af te wissel. Daar word ook beplan om hierdie werk uit te brei en om oorlê asook koring in die stelsel in te bring.
Medewerkers
Al hierdie inligting kan nie verkry word sonder om ‘n toegewyde medewerker by elke proef te hê nie. Hierdie produsent sal hoofsaaklik verantwoordelik wees vir die dag tot dag bestuur van die proewe asook die insamel van inligting soos dit beskikbaar raak.
Die ander landboukundiges sal ook die proef op ‘n gereelde basis besoek en sodoende sal meer inligting ingesamel kan word.
Ander inligting wat ingesamel sal word, sluit in:
Hierdie inligting sal alles saamgevat word in ‘n ekonomiese ontleding wat aan die einde van die tyd beskikbaar gemaak sal word.
Ander soortgelyke proewe wat ten minste oor ‘n periode van vyf jaar strek, sal ook op die volgende plekke aangeplant word, naamlik op:
Hierdie proewe sal ten doel hê om die stelsels in nog meer plekke te proef en om hierdie inligting ook aan produsente in hul spesifieke gebiede beskikbaar te stel.
Winsgewendheid verhoog
Volgens Ferreira is daar groot ooreenkomste tussen Suid-Afrika en Argentinië. Argentinië kon hul produksie vanaf 20 miljoen ton graan en oliesade tot 100 miljoen ton uitbrei deur verandering in bewerkingstelsels aan te bring.
Hierdie feit maak dit die moeite werd om hul stelsels plaaslik te beproef. Graan SA is baie dankbaar dat die Argentyne bereid is om hul kennis met Suid-Afrika te deel en dalk kan die plaaslike produsente se winsgewendheid hierdeur verhoog word.Publication: December 2011
Section: Wenartikels