February 2019
In 2018 het produsente verskeie probleme met die kwaliteit van kanolasaad ervaar. Dit is egter vir my aangenaam om te kan rapporteer dat die spesifieke maatskappy sy verantwoordelikheid nagekom het en nie kanolaprodusente in die steek gelaat het nie.
Onder die Plantverbeteringswet word saad se kieming en suiwerheid beskerm. Die minimum ontkiemingsvereistes vir kanola onder die Plantverbeteringswet is 60%. Gesertifiseerde saad se ontkieming moet ten minste 70% wees, maar die meeste maatskappye waarborg tussen 80% en 90% of 90% en 100%.
Uiters belangrik:
As jy vermoed daar is fout met saad, volg hierdie wenke
Indien jy enige probleme met saadkwaliteit vermoed of ervaar, moet jy die volgende stappe doen:
Indien die situasie nie opgelos word nie, moenie te lank wag voordat die volgende stappe oorweeg word nie:
Neem die saak met die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye op indien dit steeds nie opgelos word nie. ’n Handelskontrole-ondersoek sal ingevolge die Plantverbeteringswet gedoen word.
Kontakpersone
Kontak die Wes-Kaapse streeksverteenwoordiger, Christo Gouws op Stellenbosch, by 021 809 1709 of by christog@daff.gov.za.
Die departement het ook die volgende wenke:
Publication: February 2019
Section: Mini-Focus on Canola