• Login
  • Search Icon

Só lyk die sonneblomkultivaraanbevelings vir 2010/2011

October 2010

DR ANDRÉ NEL, LNR-INSTITUUT VIR GRAANGEWASSE

Kultivarkeuse is van besondere belang vir suksesvolle sonneblomproduksie. Jaarliks word nuwe sonneblomkultivars vrygestel wat van die bestaandes vervang. Om optimale sonneblom-produksie en vooruitgang te verseker, is ‘n onafhanklike evaluasie van nuwe en bestaande kultivars noodsaaklik.

Die kultivaraanbevelings in dié artikel spruit voort uit so ‘n evaluasie wat deur samewerking tussen die LNR-IGG, die Olie- en Proteïensade Ontwikkelingstrust, enkele provinsiale Departemente van Landbou en verskeie landboubesighede, moontlik gemaak is.

Kultivarkeuse kan ‘n groot invloed op die winsgewendheid van sonneblomproduksie hê. Die opbrengsverskil tussen ‘n goed en ‘n swak aangepaste kultivar by ‘n bepaalde lokaliteit kan soveel as 0,5 ton/ha beloop. Dit verteenwoordig ‘n baie groot gedeelte van die opbrengs as in ag geneem word dat die opbrengspotensiaal van die groter sonneblomproduksiegebied minder as 2 ton/ha is.

17 kultivars, waarvan ses nuwelinge is, is op 15 veldproewe in 2009/2010 geëvalueer. Tabel 1 toon die groeiseisoenlengtes van die kultivars, asook die gemiddelde opbrengste wat in 2008/2009 en 2009/2010 behaal is.

Tabel 2 toon die oessekerheidswaardes van die kultivars wat in 2009/2010 geëvalueer is.

Weens die jaarlikse toevoeging en onttrekking, is ‘n meerjarige oessekerheidsevaluasie op slegs ‘n beperkte aantal kultivars moontlik.

Tabel 3 toon die meerjarige oessekerheidswaardes van elf kultivars wat gedurende 2008/2009 en 2009/2010 geëvalueer is, aan. Weens die insluiting van ‘n groter aantal datapunte, is die betroubaarheid van meerjarige resultate groter as dié van eenjarige resultate.

Tabel 3 kan gebruik word om ‘n kernseleksie van kultivars te maak. Hierdie kern kan aangevul word met kultivars uit Tabelle 1 en 2. Dit is altyd raadsaam om minstens twee kultivars te plant en om nuwe kultivars slegs op ‘n beperkte skaal in te sluit.

Kliek op  https://www.grainsa.co.za/documents/SAGraan%20Okt%202010_Sonblomkultivars.pdf  vir die volledige artikel.

Publication: October 2010

Section: Input Overview

Search