• Login
  • Search Icon

Só lyk die saadpryse vir die 2011/2012-produksieseisoen

July 2011

CORNÉ LOUW, SENIOR EKONOOM: INSETTE, GRAAN SA EN PETRU FOURIE, LANDBOU-EKONOOM: PRODUKSIE/INSETTE, GRAAN SA

Vir die 2010/2011-produksieseisoen is beraam dat saadkoste 13% van ‘n mielieprodusent se lopende produksiekoste uitmaak. In die 2004/2005-produksieseisoen het saad 6% opgeneem terwyl dit in die 2009/2010-produksieseisoen 9% van ‘n mielieprodusent se lopende produksiekoste-rekening uitgemaak het. Uit hierdie statistiek wil dit voorkom of saad ‘n al duurder produksie-inset vir produsente word.

Graan SA het hierdie jaar weer saadpryse by die verskeie saadmaatskappye verkry. Op ‘n gemiddelde basis het mieliesaadpryse met 6%, sojaboonsaadpryse ook met 6%, sonneblomsaadpryse met 4% en graansorghumsaadpryse met 7% teenoor die vorige seisoen gestyg. Dit is belangrik om kennis te neem dat dit nie geweegde gemiddeldes is nie.

Sien meegaande tabelle vir prysvergelykings tussen verskillende maatskappye. Let wel dat pryse kan verskil afhangende van pitgroottes. Dit is ook raadsaam om nie net een kultivar vir die totale aanplanting te gebruik nie.

Kliek op  https://www.grainsa.co.za/documents/SAGraan%20Julie%202011_Saadpryse.pdf  vir die volledige artikel

Publication: July 2011

Section: Input Overview

Search