• Login
  • Search Icon

Slaggereed vir Graan SA Kongres 2013

February 2013

ESTIE DE VILLIERS, ASSISTENT-REDAKTEUR: SA GRAAN/GRAIN

Daar word van produsente verwag om deesdae meer met minder te produseer: Minder hektare; minder insette; maar groter tonne per hektaar. Heel gepas fokus vanjaar se Graan SA Kongres, op 6 en 7 Maart 2013, dan ook op “Meer met minder”.

Ter ondersteuning van die Kongrestema is die volgende sprekers
uitgenooi:

  • Prof Marcos Fava Neves (Universiteit van Sao Paulo – Brasilë). Hy sal gesels oor die dinamika van die vraagkant en spesifiek “Surviving the global food jungle realities; options and strategies for South Africa”.
  • Mnr Mduduzi Shabane (direkteur-generaal van die Departement van Landelike Ontwikkeling en Grondsake) gaan kyk na die uitdaging van ‘n volhoubare aanbod en meer spesifiek na voedselsekerheid en grondhervorming.

Na afloop van albei sprekers sal daar, anders as in die verlede, ‘n paneelbespreking wees wat gelei word deur mnr Bongani
Bingwa (Carte Blanche anker). Die paneel sal bestaan uit verteenwoor digers van die verskeie bedryfsektore wat hulle siening oor die toekoms van die graan- en oliesadebedrywe met kongresgangers sal deel.

Program

Dag 1 (6 Maart) sal fokus op die vraag en aanbod van graan en oliesade deur die sprekers wat dié dag optree. Dag 2 van Kongres (7 Maart) fokus op die werksaamhede van die onderskeie bedryfswegbreekgroepe waartydens bedryfspesifieke aangeleenthede aangespreek word. Afgevaardigdes sluit met opening van Kongres op dag 2 vanaf 08:00 direk aan by die betrokke bedryfswegbreekgroepe in die onderskeie lokale om die beskikbare tyd optimaal te benut.

Afvaardiging

Kennis van Kongres is reeds gedurende November 2012 aan al die takke en streke uitgestuur. Kongres word sedert verlede jaar saamgestel uit afgevaardigdes vanuit die onderskeie streke gebaseer op die betaling van die bedryfsheffing en nie op produksie nie. 372 afgevaardigdes van oor die hele land sal vanjaar se Kongres op NAMPO Park buite Bothaville bywoon.

Grondwetwysiging

Tydens Kongres sal daar aanbeveel word om voorsiening te maak vir ‘n tweede visevoorsitter (wat verteenwoordigend van kommersiële swart graanprodusente is) om transformasie binne Graan SA te bevorder.

Navrae

Vir navrae oor afgevaardigdes, skakel me Rika van Niekerk; vir navrae oor gaste-uitnodigings, gesels met me Nita van der Merwe; en vir algemene reëlings oor Kongres, kan geskakel word met mnr Nico Vermaak. Die Graan SA-kontaknommer is 08600 47246.

Publication: February 2013

Section: Other Articles

Search