• Login
  • Search Icon

SANSOR hou 26ste jaarkongres

August 2015

CORNÉ LOUW, senior ekonoom: Bedryfsdienste, Graan SA

imageDie Suid-Afrikaanse Nasionale Saadorganisasie (SANSOR) het hulle jaarkongres hierdie jaar op 7 en 8 Mei in Kaapstad gehou.

Prof Mohammad Karaan, dekaan van die departement Landbouwetenskappe aan die Universiteit van Stellenbosch, was die hoofgasspreker tydens die kongres. Sy aanbieding het gehandel oor die vooruitsigte en uitdagings vir landbou in die nasionale ontwikkelingsplan.

Tydens die Agronomie-sessie, het die voorsitter van dié komitee, mnr Willem Engelbrecht, gesê dat een van die belangrikste uitkomste in die verslagperiode, die stigting van ‘n komitee was wat kyk na die ontwikkeling van ‘n eindpunt-tantiemesisteem. Die ge vormde komitee bestaan uit lede van SANSOR, Graan SA, Departement van Landbou, Bosbou en Visserye en Agbiz Grain. Tabel 1 dui die saadmark van agronomiese gewasse vir 2014/2015 aan.

image

Publication: August 2015

Section: Relevant

Search