Background Image
Previous Page  73 / 124 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 73 / 124 Next Page
Page Background

Gasheerweerstand teen knopwortelaalwurms

in plaaslike sojaboonkultivars

K

nopwortelaalwurms is wyd ver-

spreid en is ‘n groot uitdaging

in plaaslike sojaboonproduksie-

gebiede. Die dominante knopwor-

telaalwurmspesies wat wortels van

sojabone en ander wisselbougewasse aan-

val en oesverliese veroorsaak, is

Meloi-

dogyne incognita

en

Meloidogyne javanica

.

Hierdie twee spesies kom as enkel of

gemengde bevolkings in landbougrond in

graanproduksiegebiede voor en veroorsaak

kenmerkende galle of knoppe op wortels

van sojaboonplante (

Foto 1

).

Die gebruik van weerstandbiedende soja-

boonkultivars of swak gasheerkultivars om

knopwortelaalwurmbevolkings te verlaag,

is een van die beste aalwurmbeheerstrate-

gieë om sojabone en opvolggewasse vol-

houbaar te verbou. ‘n Weerstandbiedende

kultivar is in hierdie geval geklassifiseer as

een wat na ‘n 56 dae glashuisevaluasie ‘n

bevolking van

M. incognita

, wat laer was

as dié aanvanklike bevolking waarmee die

saailing besmet is, onderhou het.

‘n Swak gasheerkultivar is geklassifiseer as

een wat na die 56 dae evaluasietydeperk

minder as 10% van die aalwurmbevolking

onderhou het, vergeleke met die bevolking

wat in wortels van ‘n uiters vatbare kultivar

teenwoordig was.

Gasheerweerstand is omgewingsvriendelik

en ‘n alternatief vir aalwurmdoders. Geen

aalwurmdoder op sojabone is in Suid-Afrika

geregistreer nie. Daar is slegs twee kultivars

(

Tabel 1

) wat weerstandbiedendheid teen

M. incognita

in glashuisevaluasies getoon

het, terwyl ‘n hele paar kultivars as swakker

gashere geïdentifiseer is (Tabel 1).

‘n Weerstandbiedende sojaboonkultivar

kan bevolkings van

M. incognita

tot met

98% verlaag (in vergelyking met dié wat in

wortels van ‘n vatbare kultivar onderhou

word) en swak gasheerkultivars tot en met

90%. Kultivars wat in hierdie evaluasies

vir knopwortelaalwurmweerstand getoets

is, is ingesluit in LNR-Graangewasse se

kultivarproewe.

Geen enkele aalwurmbeheerstrategie is die

antwoord om aalwurmpeste suksesvol te

beheer nie. Integrasie van verskillende be-

heerstrategieë behoort gevolg te word om

volhoubare gewasproduksie in landbou-

grond waar aalwurmpeste teenwoordig is,

te verseker.

Kontak dr Driekie Fourie by 018 293 3683

of

driekie.fourie@nwu.ac.za

indien jy enige

vrae in dié verband het.

71

September 2017

FOKUS

Geïntegreerde plaagbeheer

Spesiale

Twee knopwortelaalwurmspesies steek keer op keer kop uit en in

die meeste lande bestaan ‘n knopwortelaalwurmpopulasie uit ‘n

gemengde populasie van

Meloidogyne incognita

en

M. javanica

.

Om só ‘n populasie suksesvol te kan beheer, moet die plant

weerstand hê teen beide van hierdie knopwortelaalwurmspesies.

Saadmaatskappye het hul gewildste mielie-, sonneblom-, hawer- en

koringkultivars gestuur sodat LNR-Graangewasse dit kon toets vir

weerstand teen een of beide van hierdie knopwortelaalwurmspesies.

Sien

Tabel 1

tot

Tabel 3

vir die resultate daarvan.

Feitlik geen sonneblomkultivars wat tot dusver getoets is, toon

weerstand teen knopwortelaalwurm nie. Slegs Prosol 101CL van

Sensako het weerstand teen

M. incognita

.

Slegs kultivars met weerstand teen beide van die aalwurmspesies sal

deur ons aanbeveel word. Saadmaatskappye gebruik die inligting om

weerstandbiedende kultivars weer in hulle teelprogram in te sluit as

bron van weerstand vir nuwe kultivars.

Deur van gasheerweerstand gebruik te maak, kan knopwortel-

aalwurmpopulasies effektief beheer word – mits die aalwurmbe-

smetting nie uit die staanspoor buitensporig hoog is nie. Produsente

word aanbeveel om van die kundige advies van die area-agent ge-

bruik te maak om sodoende kultivars te selekteer wat in die produsent

se area aangepas is en daarom die beste sal presteer.

Gasheerweerstand is ‘n veilige en goedkoper manier om aalwurms

te beheer, maar is nie noodwendig die alfa en die omega van

aalwurmbeheer nie. ‘n Geïntegreerde benadering wat byvoorbeeld

ook chemiese of biologiese beheer, asook wisselboupraktyke, insluit

kan die produsent help om die aalwurmbevolking te verminder.

Kontak dr Sonia Steenkamp by

steenkamps@arc.agric

.

za

in verband met vrae oor die artikel.

DR DRIEKIE FOURIE

en

AKHONA MBATYOTI,

Geïntegreerde Plaagbestuur, Noordwes-Universiteit en

ANNELIE DE BEER,

LNR-Graangewasse, Potchefstroom

KULTIVAR

WEER-

STAND-

BIEDEND

SWAK

GASHEER

DM 6.2i RR

x

Egret

x

DM 6.8i RR

x

LS 6146 R

x

LS 6161 R

x

LS 6240 R

x

LS 6248 R

x

LS 6261 R

x

LS 6444 R

x

LS 6453 R

x

NS 7211 R

x

PAN 1500

x

PAN 1583 R

x

PAN 1614 R

x

PHB 95 Y 20

x

TABEL 1: SOJABOONKULTIVARS WAT AS

WEERSTANDBIEDEND EN/OF SWAK GAS-

HERE GEKLASSIFISEER IS TYDENS GLAS-

HUISEVALUASIES.

1: Galle/knoppe op wortels van sojaboonkul-

tivars wat met knopwortelaalwurms besmet

is.

Foto: Dr Driekie Fourie, Noordwes-Univer-

siteit

1