Background Image
Previous Page  77 / 124 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 77 / 124 Next Page
Page Background

*UDQG &HQWUDO $LUSRUW 0LGUDQG *DXWHQJ

7HO QR

± ‡ (PDLO VDIRPDUVDR#VDIRPDU FR ]D ‡ ZZZ VDIRPDU FR ]D

:KHUHYHU WKH FURSV JURZ ZH¶OO EH WKHUH 6DIRPDU $JUL 6SUD\ 'LYLVLRQ

Produk-inligting

Helikopters kry die werk gedoen

O

ns sien gereeld dat vaste-

vlerkvliegtuie gewasbesproeiing

doen – toeskouers kyk met

verwondering na die vliegver-

moëns van die Kamakazi-besproeiings-

vlieëniers wat onder kragdrade, oor hoë

bome en laag oor die velde vlieg om die

gewasbeskermingschemikalieë en kunsmis

oor die lande te versprei. Maar is hierdie

werklik die regte manier?

Wel, wanneer dit by gewasbesproeiing

kom, verander die lugruim bo die landerye

konstant. Helikopters word deesdae al

hoe meer gebruik om gewasbesproeiing

te doen – maar waarom? Daar is verskeie

moontlike redes hiervoor. Eerstens hou

‘n helikopter se presisiesproeiers meer

voordele in as dié van vastevlerkvliegtuie

wat besproeiingsfunksies betref.

Helikopters kan chemikalieë vinniger direk

vanuit ‘n vragmotor langs die veld herlaai.

Hierdie herlaaiproses kan binne sekondes

met behulp van hoë volume suigpompe

en vinnige herlaaivermoëns uitgevoer

word. In teenstelling hiermee moet vaste-

vlerkvliegtuie na ‘n landingstrook of

vliegveld gaan om te herlaai, wat lei tot

ekstra onkoste en tydvermorsing. Hierdie

tyd kon aan besproeiing spandeer word

– wat lei tot verlaagde produktiwiteit.

In kontras met die konvensionele besproei-

ingstegnieke van trekkers, kan helikopters

baie vinniger die werk gedoen kry en is hul

meer effektief oor klein en onreëlmatige

velde en areas wat omring is met hinder-

nisse soos bome, kragdrade en berge.

‘n Ander pluspunt vir produsente is die

feit dat helikopters, wat deur middel van

die rotor besproei, die chemikalieë aan die

onderkant van die plante versprei waar

insekte, swamme en ander peste voorkom.

Daarom kan kort, lang of onreëlmatige velde

ten volle van die bo tot die onderpunt van

die plant met chemikalieë bedek word.

Daar is geen argument teen die feit dat

helikopters besproeiing met presisie kan

uitvoer, vinniger met chemikalieë kan herlaai

en meer akkuraat is as vastevlerkvliegtuie

nie. Daarom word helikopters die diens van

keuse vir produsente en word kompete-

rende prysstrukture gebied. Helikopters

word nie net beperk tot gewasbesproeiing

nie, maar is ideale werkesels om peste

(sprinkane en muskiete) te beheer, wat

vooruitstrewende verspreidingstegnieke in

die landerye benodig.

Safomar Lugvaart offer die Enstrom 280FX-

suierhelikopter en binnekort die Enstrom

480B-turbinehelikopter wat hierdie diens-

te kan verskaf. Ons gewasbesproeiings-

vlieëniers besit die vliegvermoëns asook

die ervaring wat die meng van chemikalieë

(P-lisensie) betref en werk nou saam met

die chemiese maatskappye. ‘n Landbou-

GPS word gebruik om die land- en lug-

besproeiing te beplan – wat voorsiening

maak vir akkurate leiding, navigasie en

data-opname vir lugaanwending soos

landbou-, bosbou- en pesbeheer. Hierdie

stelsel word gekomplimenteer deur grond-

bestuursagteware en akkommodeer alle

tipe lugaanwendings. Met sy beproefde

baanrekord in die lugbesproeiingsbedryf is

Safomar Lugvaart die verskaffer van keuse

vir ‘n groot aantal produsente. Skakel ons

gerus vir ‘n kwotasie.

FOKUS

Geïntegreerde plaagbeheer

Spesiale

FIONA HALL,

Safomar Lugvaart