Background Image
Previous Page  72 / 124 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 72 / 124 Next Page
Page Background

September 2017

70

Eenjarige plante met natuurlike weerstand

kortwiek aalwurms

Z

acharias Janssen en sy seun was Hollandse brilmakers

wat in die 16de eeu geleef het. Die twee brilmakers het ‘n

bietjie met lense rondgespeel en in 1590 die heel eerste

mikroskoop ontwikkel. Skielik kon ons ‘n onsigbare wêreld

sien – wat ons nie geweet het bestaan nie.

Anton van Leeuwenhoek het die mikroskoop in die 17de eeu ver-

der ontwikkel en verbeter. Vandag het ons mikroskope wat hierdie

klein wêreldjie letterlik duisende kere kan vergroot.

Needham was die eerste persoon wat in 1743 besef het dat daar

aalwurms bestaan wat op plante parasiteer.

Dit is danksy die vernuftige Hollanders en Needham dat ons vandag

bewus is van aalwurms en weet dat dit hulle is wat die lewe vir ons

produsente moeilik kan maak.

Ons weet nou dat daar heelwat plant-parasitiese aalwurms bestaan

wat op ons gewasse kan parasiteer. Die mens was ook nie links

nie en het oorlog teen die klein peste verklaar. Die eerste hoogs

suksesvolle aalwurmdoders het in die veertigerjare van die vorige

eeu die lig gesien.

Hierdie aalwurmdoders was só suksesvol in die beheer van aal-

wurms dat telers hulle meer daarop kon toespits om vir beter

oesopbrengste te teel, sonder om bekommerd te wees of die plante

nog weerstand teen aalwurms sou hê of nie.

Vandag sit ons met die tameletjie dat daar maar relatief min gewas-

se en kultivars is wat nog natuurlike weerstand teen aalwurms het.

Die feit dat daar min natuurlike weerstand teen aalwurms is, bring

natuurlik eiesoortige probleme mee. Somtyds is dit nie genoeg

om net aalwurmdoders te gebruik nie. Verskeie faktore kan ‘n rol

hierin speel, soos byvoorbeeld baie reën net nadat die aalwurm-

doder toegedien is. Die reën sal die aalwurmdoder afwas.

Nog ‘n voorbeeld is waar mikroskopiese klein organismes die aal-

wurmdoders te vinnig afbreek sodat dit nie die aalwurms suksesvol

kan beheer nie. Aalwurmkundiges moes daarom weer terug in tyd

beweeg om te gaan soek na die weerstand wat ons weens selek-

tiewe teling vir beter opbrengste verloor het. Gelukkig is Moeder

Natuur soms vergewensgesind en het sy so ‘n bietjie weerstand

hier en daar gered. Ons moet net hard genoeg daarna soek.

Daar is heelparty plant-parasitiese aalwurms wat ons versondig,

maar nie almal is so gevaarlik vir al die gewasse nie. ‘n Sprekende

voorbeeld hiervan is die peulaalwurm. Peulaalwurms is ‘n wesenlike

probleem vir ‘n grondboonprodusent en kan vir hom groot finansiële

skade berokken.

Alhoewel die produsent se grondbone daarmee heen sal wees, sal

die peulaalwurm glad nie skade aan enige van sy ander gewasse

aanrig nie. Knopwortel- en letselaalwurms is nou weer perde van

‘n heel ander kleur.

Hierdie aalwurms het ‘n baie wye gasheerreeks en is in staat

om op feitlik enige gewas te parasiteer en skade aan te rig. Aal-

wurmkundiges sal dus eerste weerstand gaan soek teen knopwor-

tel- of letselaalwurms.

Kan ‘n gewas/kultivar weerstand teen al

die aalwurms hê?

Ongelukkig is dit so dat ‘n gewas of kultivar van ‘n gewas nie

sommer weerstand teen meer as een aalwurmspesie het nie. Die

besluit moet dus vooraf geneem word oor watter aalwurmspesie

op ‘n gegewe stadium die meeste probleme vir die oorgrote aantal

produsente sal gee en dan moet daar op daardie aalwurmspesie

gekonsentreer word.

Weerstand teen knopwortelaalwurm

Opnames wat deur LNR-Graangewasse en Noordwes-Universiteit

gedoen is, toon dat knopwortelaalwurm op hierdie stadium die

grootste probleem vir die meeste eenjarige gewasse is.

FOKUS

Geïntegreerde plaagbeheer

Spesiale

DR SONIA STEENKAMP,

LNR-Graangewasse, Potchefstroom

PANNAR

MONSANTO

PIONEER

BG 4296

DKC 80-40BRGEN 33Y85

BG 3492B

DKC 62-80BR

PAN 3Q222

DKC 62-80BR

PAN 5Q751BR

PAN 5Q649R

TABEL 1: MIELIEKULTIVARS MET WEERSTAND TEEN

MELOIDOGYNE INCOGNITA

EN

M. JAVANICA

.

PANNAR

LNR-KLEINGRAAN SENSAKO

PAN 3489

Kariega

ABPT 12-08

PAN 3161

Tankwa

ABPT 12-10

PAN 3368

Caledon

ABPT 12-11

PAN 3471

Senqu

KPT 12-11

PAN 3379

Sabie

KPT 12-07

PAN 3497

Ratel

KPT 12-08

PAN 3118

Limpopo

WPT 12-06

PAN 3478

Matlabas

WPT 12-04

PAN 3400

Elands

WPT 12-05

PAN 3515

TABEL 2: KORINGKULTIVARS MET WEERSTAND TEEN

MELOIDOGYNE INCOGNITA

EN

M. JAVANICA

.

LNR-KLEINGRAAN

SENSAKO

Drakensberg

Targa

Witteberg

Pallinup

SWK001

Quamby

Towerberg

Savena1

Simonsberg

Hakea

Overberg

Yallara

Maluti

Quantom

Kompasberg

Moola

Heros

Vasse

TABEL 3: HAWERKULTIVARS MET WEERSTAND TEEN

MELOIDOGYNE INCOGNITA

EN

M. JAVANICA

.