Background Image
Previous Page  76 / 124 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 76 / 124 Next Page
Page Background

Produk-inligting

Verminder onkruiddoderstres

G

lifosaat beïnvloed drie belangrike prosesse in Roundup

Ready-gewasse, wat lei tot “plantstres”: Dit verminder

fotosintese, verlaag voedingstofmobilisasie en verkort die

ontgiftingstydperk. Plantstres kan van vyf dae tot ‘n paar

weke duur.

Deur harpinproteïen (ProAct) en glifosaat saam toe te dien, word

gemelde faktore aangespreek en dit gee aanleiding tot gesonder

plante wat hoër opbrengste tot gevolg het.

Ná behandelling met ProAct begin die plant vinnig reageer om

fotosintese te verhoog (met gemiddeld 20%), wat as teenvoeter

vir enige moontlike afname in fotosintese dien as gevolg van die

aanwending van glifosaat. Die styging in Fe2+-ione, wat ook deur

die ProAct geaktiveer word, stel die plant boonop in staat om

chlorofilaktiwiteit te handhaaf ondanks die verhoogde konsentra-

sies aminometielfosfoonsuur (AMFS).

Studies toon boonop dat die toediening van ProAct die opname en

mobilisasie van mikro-elemente stimuleer en verhoog – veral waar

kalsium betrokke is. Die vyfvoudige toename in kalsium as gevolg

van die unieke werking van ProAct stel die glifosaat in staat om met

die kalsium te cheleer, sodat die minder aktiewe mangaan vry is om

sy metaboliese aktiwiteite in die sel te handhaaf. Hierdie proses het

dan tot gevolg dat die glifosaateffek verminder.

Die plant ontgif die glifosaat deur ‘n vinnige omskakeling na

AMFS binne-in die plant, sowel as uitskeiding deur die wortels.

Die aanwending van ProAct stimuleer ‘n toename in translokasie

en energieproduksie, sodat die plant die omskakelingsproses na

AMFS sowel as worteluitskeiding kan versnel. Dit stel die plant in

staat om self vinniger te ontgif – wat die tydperk van “plantstres”

verkort. Hierdie unieke kombinasie van glifosaat en ProAct het ‘n

uiters winsgewende opbrengs op belegging tot gevolg. Dit vervol­

maak voorts die glifosaatverdraagsaamheidstegnologie in gewasse.

Fokus

Geïntegreerde plaagbeheer

Spesiale

Gregory Bender,

direkteur, Dux Agri

Grafiek 1: Harpinproteïen het ‘n gemiddelde verhoging van 20% in foto­

sintese.

Bron: Gedoen deur navorsers by NASA en Cornell Universiteit