Background Image
Previous Page  70 / 124 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 70 / 124 Next Page
Page Background

September 2017

68

Onkruidbeheer bly een van die

belangrike bestuursbeginsels

M

iljoene rande word jaarliks wêreldwyd aan navorsing

spandeer met die oog op die beheer van peste en plae

in tuine, wingerde, boorde en landerye.

Een van die gewildste en mees algemene middels wat in tuine,

parke, die landbou en bosbou ingespan word om onkruid te beheer,

is glifosaat. Glifosaat is ‘n onselektiewe middel wat veral effektief

is in die beheer van grasse en kruidagtige onkruide.

Dit werk so goed omdat glifosaat deur die plant se blare en sagte

stamme opgeneem word en regdeur die res van die plant vervoer

word – selfs tot in die wortels en ondergrondse stoororgane soos

knolle en bolle. Glifosaat se unieke werking binne-in plante behels

inhibering van een enkele ensiem wat alleenlik in plante voorkom.

Glifosaat beheer daarom net plante en nie mikro-organismes of

diere en insekte nie en bowendien is dit skadeloos vir mens en dier.

Omdat glifosaat sistemies is, sal plante wat met glifosaat gespuit is,

stadig oor ‘n paar dae of weke doodgaan en geen deel van die plant

behoort te oorleef nie.

Geen produkte vir gebruik in landbou of huistuine wat chemies

van aard is, met ander woorde, waar die aktiewe bestanddeel

‘n chemikalie is wat onkruid, plantsiektes en skadelike insekte

bekamp, mag verkoop word alvorens dit nie deur ‘n streng

evalueringsproses gegaan het nie. Dié middels word in Suid-

Afrika gereguleer volgens bepalings van die Wet op Misstowwe,

Veevoere, Landboumiddels en Veemiddels (Wet 36 van 1947). Dié

wet het baie duidelike voorskrifte waarvolgens die produkgehalte

en -werking van chemiese middels op grond van navorsings- en

ontwikkelingsproewe geëvalueer word.

Dit is belangrik om onder geen omstandighede ongeregistreerde

middels te koop of te gebruik nie. Kyk uit vir die L-nommer (hoofletter

L gevolg deur vier syfers, byvoorbeeld L 1234) op die etikette van

chemiese beheermiddels. Dit dui aan dat ‘n landbouhulpmiddel

behoorlik geregistreer is. Volgens Wet 36 van 1947 moet die

L-nommer prominent op etikette van alle geregistreerde produkte

aangedui word.

Dit is essensieel dat die etiket mooi gelees en die aanwysings

noukeurig nagevolg word. Nie net vir die beste werking van die

produk wat jy gekoop het nie, maar ook omdat die veiligheid van

jou en jou gesin afhang van die korrekte gebruik van enige che-

miese middel.

Volhoubare landbouproduksie is vir Monsanto baie belangrik en ons

probeer alles in ons vermoë om saam met ons kliënte daaraan te

werk om die afskeiding van kweekhuisgasse in die atmosfeer

te verminder. Ons ondersteun ons kliënte om verminderde be-

werkingspraktyke te implementeer omdat dit ‘n groot rol speel in

die vermindering van grond- en watererosie, sowel as die verdam-

ping van vog uit die grond.

Goeie plaagbeheer is die verskil tussen sukses en mislukking op

die plaas. Onkruidbestuur word gedoen met die oog daarop om

opbrengsverlies te verhoed deur kompetisie tussen die gewas en

ongewenste plante uit te skakel, terwyl insekbeheer plantskade

beperk sodat die plant steeds optimaal kan groei en produseer.

Onkruiddoders verbeter die opsies vir onkruidbeheer, want die

werking daarvan is minder afhanklik van omgewingsfaktore soos

klimaat en grondsoort as wat die geval is met meganiese beheer.

As die grond te nat is om te bewerk, kan onkruiddoders toegedien

word en juis dan baie goed werk. Onkruiddoders kan ook deur die

besproeiingstelsel of met ‘n vliegtuig toegedien word.

Om die risiko van onkruide wat weerstand teen onkruiddoders

opbou te bestuur, is net so belangrik in volhoubare produksie en

daarom is die volgende bestuurspraktyke noodsaaklik:

‘n Rekordhoudingstelsel van die onkruiddoders wat op ‘n land

gebruik is.

‘n Onkruidbeheerprogram met teenweerstandstrategieë – wat

wisselbou, hooimaak voor saadstorting en ander praktyke

insluit.

Monitering van die doeltreffendheid van die program en die

notulering van afwykings.

Hou by die voorgeskrewe aanbevelings en toedieningshoe-

veelhede wat op die etiket aangedui word.

Kombinasie van meer as een onkruiddoder – gebruik onkruid-

doders met verskillende metodes van werking.

Monsanto se tegnologie maak dit vir produsente makliker om

bewaringspraktyke te volg, want dit bied:

Toegang tot bewaringsbewerkingspraktyke.

Breëspektrumonkruidbeheer.

Effektiewe beheer van eenjarige en meerjarige grasse en breë-

blaaronkruide.

Grootsadige onkruide, soos olieboom, word effektief beheer

– wat lei tot verlaagde kostes en uitskakeling van ongewenste

sade in die graanmonster.

Bewese gewasveiligheid.

Geen stremming op gewas, met die gevolg dat die plant volle

genetiese potensiaal verwesenlik.

Toedieningsbuigsaamheid.

Effektiewe onkruidbeheer vanaf opkoms tot voor oes.

Onkruidgrootte en nie grondkleipersentasie nie, bepaal die

onkruiddoderdosis en gevolglik word daar ook net gespuit

indien die onkruide teenwoordig is.

Wisselbou-opsies kan ten volle geakkommodeer word.

Raadpleeg altyd die produk se etiket.

FOKUS

Geïntegreerde plaagbeheer

Spesiale

Produk-inligting

MAGDA DU TOIT,

bestuurder: Korporatiewe Skakeling en Kommunikasie, Monsanto SA

Skandeer dié QR-kodes en lees meer oor glifosaat.