Background Image
Previous Page  66 / 124 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 66 / 124 Next Page
Page Background

September 2017

64

Noordelike mielieblaarskroei-infeksievlakke

in Potchefstroom-area geëvalueer

‘n

Effektiewe beheerstrategie vir

verskeie plantsiektes sluit die

gebruik van ‘n verskeidenheid

basters in, waarvan sommige

– i dien nie almal van hulle nie – die een

of ander graad van weerstand teen die

dominante siekte wat in die spesifieke

omgewing voorkom, moet hê.

In die geval van blaarsiektes, kan sulke

basters gekombineer word met chemiese

beheer om sodoende die inokulumvlakke

van die patogeen wat die siekte veroor-

saak, sowel as opbrengsverliese van die

gewas, so laag as moontlik te hou teen die

minimum insetkoste vir die produsent.

Vele produsente is maar te goed vertroud

met die vernietigende aard van noordelike

mielieblaarskroei (

Foto 1

). Hoewel die siek-

te meer geneig is om ‘n “standaard”-pro-

bleem onder besproeiing te wees, sal

droëlandprodusente kan saamgesels oor

daardie een of twee nat jare wat noordelike

mielieblaarskroei onverwags chaos veroor-

saak het.

Die siekte kom nie net in besproeiingsge-

biede waar die omgewingstoestande opti-

maal vir noordelike mielieblaarskroei-

infeksie is voor nie, maar sal sporadies

ook onder droëlandtoestande tot groot

opbrengsverliese lei sou daar nat en

koel toestande gedurende die groeisei-

soen heers.

Ht1, Ht2, Ht3

en

HtN

is die vier hoof-

weerstandsgene wat geassosieer word met

noordelike mielieblaarskroei. Hierdie gene

word algemeen in mielieteelprogramme

geïnkorporeer om weerstandbiedende mie-

liebasters op die mark beskikbaar te stel.

Soms kan dit gebeur dat ‘n spesifieke

baster wat voorheen gelys was as

weerstandbiedend teen noordelike mielie-

blaarskroei, nie meer weerstand toon nie.

Verder kan dit ook gebeur dat weerstand

teen die siekte wel vir ‘n paar jaar in plek

is, maar dat die baster dan skielik weer vat-

baar word.

Die rede vir hierdie skielike gebrek aan

of afbreek van weerstand is waarskynlik

die gevolg van die toetrede van ‘n nuwe

ras (‘n spesifieke groep swamme binne

‘n patogeniese spesie wat net op sekere

mielievariëteite infekteer) van die patogeen

wat nie voorheen in die spesifieke omge-

wing voorgekom het nie.

Anders gestel beteken dit eenvoudig dat

daar verskillende vorme van dieselfde

patogeen bestaan, maar wat verskil in hul

vermoë om die verskillende mieliebasters

te kan infekteer. Weerstandbiedende bas-

ters vir noordelike mielieblaarskroei word

steeds beskou as die eerste stap wat

geneem kan word vir ‘n geïntegreerde be-

stuurspraktyk wat homself ten doel stel

om die voorkoms van die siekte te beperk.

FOKUS

Geïntegreerde plaagbeheer

Spesiale

DR MARYKE CRAVEN, PROF BRADLEY FLETT

en

DIRK BRUWER,

LNR-Graangewasse, Potchefstroom

Grafiek 1: Noordelike mielieblaarskroeisiektegraad soos waargeneem gedurende 2014/2015 by

Potchefstroom en Grootpan teenoor siektegraad soos waargeneem gedurende 2016/2017 by

Potchefstroom.

1

2

1: Noordelike mielieblaarskroeiletsels.

2: ‘n Letsel wat tipies op ‘n weerstandbiedende

baster waargeneem kan word.