Background Image
Previous Page  61 / 124 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 61 / 124 Next Page
Page Background

Produk-inligting

Vernaamste gewasbeskermings-

produkte te kus en te keur

R

emitto is ‘n landbouchemiese maatskappy gebaseer op

Kroonstad en bied Suid-Afrikaanse produsente multige-

wasbeskermingspakkette wat van toepassing sal wees

op die belangrikste gewasse op hul plase – van mielies en

sojabone tot suikerriet en sitrus.

Ons beskik oor ‘n goed-opgeleide agentenetwerk, wat in sommige

gevalle meer as 30 jaar ondervinding in die boerdery-omgewing het.

Al ons agente is AVCASA-gekwalifiseer en CropLife-geakkrediteer

en ontvang voortdurend eksterne opleiding deur spesialiste, sowel

as deur verskaffers.

Die maatskappy se filosofie is om te verseker dat die produsent

maksimum opbrengs op die belegging in sy boerdery behaal. Om

dit te verwesenlik, fokus Remitto op die volgende aspekte vir ons

kliënte:

Verhoging van kontantvloei deur maksimum opbrengs op be-

legging te behaal;

produksiedoeltreffendheid te optimaliseer;

gemoedsrus te verseker deur betroubare oplossings te bied; en

te verseker ons dat kliënte volhoubaar kan boer deur te belê in

nuwe tegnologie soos Grower Management van Muddy Boots.

‘n Wye reeks van vooraanstaande verskaffers se produkreekse

word ook aan die produsent gebied. Een van ons hoofverskaffers

is BASF, wie se reeks insekmiddels, onkruiddoders en swamdoders

nie net ‘n resultaat lewer nie, maar meeste van hul produkte is on-

der die AgCelence

®

-sambreel, wat opbrengs verhoog, siekteweer-

stand bied en beter opbrengs lewer onder stresvolle toestande.

Remitto se ander hoofverskaffer is Adama, wat ‘n wêreldwye

verskaffer van gewasbeskermingsprodukte is en wat gemoedsrus

verseker by die gebruik van hul produk. Ander verskaffers

soos Sharda International, Dow, Metson, Hygrotech, Philagro

en Typhoon Plant Protection speel ook ‘n belangrike rol in ons

multigewasbeskermingsprodukreeks.

Wat maak Remitto anders?

Kliëntbehoeftefokus – hetsy produk, finansiering of bestuurs-

tegnologie.

Oplossinggefokus vir elke individuele produsent.

Remitto is groot genoeg om aan al die kliënt se behoeftes te

voorsien, maar tog klein genoeg om ‘n verhouding met elke

kliënt te hê.

Ons fokus is gebaseer op langtermynverhoudings en daarom is

dit belangrik om saam met elkeen van ons kliënte te groei en

daardie groeiproses mee te maak en te verstaan.

Ons gebruik toepaslike tegnologie – wat ‘n praktiese rol in ons en

ons kliënte se daaglikse bestuur speel.

Innoverende hantering van koopgroepe en ander korporatiewe

boerderybesighede.

Met die vestiging van DNA Crop Protection verskaf ons

aan produsente die geleentheid om hulle te verskans teen

prysskommelings van kommoditeitsprodukte. Grootmaataan-

kope sal nooit weer dieselfde wees nie.

Dié maatskappy het tans ‘n verspreidingsnetwerk van agente in

die sentrale gedeelte van Suid-Afrika, hoofsaaklik Vrystaat, Noord-

Kaap en KwaZulu-Natal. Verdere uitbreidings word tans in die Lae-

veld, Oos-Vrystaat, KwaZulu-Natal en Noord-Kaap geïmplementeer.

Remitto het ook verskeie strategiese alliansies met maatskappye

soos Optimum Financial Services, Crop Systems, Dacom en verskeie

ander om te kan verseker dat die produsent se boerdery volhou-

baar is.

Ons veld- en kantoorpersoneel is gereed om die produsent in

die komende seisoen van diens te wees met innoverende advies,

bystand en dienslewering ten opsigte van produkte wat optimale

opbrengs lewer.

59

September 2017

FOKUS

Geïntegreerde plaagbeheer

Spesiale

DEREK ALEXANDER,

direkteur, Remitto

Pieter Olivier (Remitto-agent) by

'n BASF-inligtingsdag op Douglas.