Background Image
Previous Page  122 / 124 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 122 / 124 Next Page
Page Background

120

Beste Grootneef

d

ie ruilvoet loop vanjaar met so ‘n effense

gout

in die

groottoon. Na al die swoeg en sweet, is daar nie veel

van ‘n reserwe vir die nuwe seisoen nie.

Ou Neef, in die jaar van oorvloed, is dit meet en pas

om gelyk te breek. Met ‘n mielieprys van R1 950, kos

40 sakkies saad nou 45 ton! ‘n Ton ureum jaag jou 3,8 ton mielies

uit die sak en 1 000 liter diesel ‘n stewige 3,9 ton. ‘n Trekker se

fenbelt

is gou ‘n halwe ton mielies.

As almal in die tou hul deel het, is daar nie veel van die oes vir Ma

en die bankbestuurder oor nie. Dalk moet ek vanjaar ‘n land met

sonneblomme plant, sónder bemesting, net om die nuwe seisoen

deur te sien.

Ou Neef, ek het al ‘n paar nagte se slaap verloor oor hoe om die

somme te laat klop. Tot een aand, toe bel ek die bankbestuurder

en vertel hom alles. En toe slaap ek lekker omdat ek weet hy gaan

nou wakker lê...

Onthou jy nog die geskrifte op die ou kragkaste se deksels? “

Danger

,

gevaar,

nkosi

, op las/

by order

”. So met ‘n weerligstraaltjie wat wys

die kas kan jou blits as jy daar vroetel.

Maar dit is die woorde “op las” wat eintlik fassineer. Dat so kort

sinnetjie soveel gesag kon dra. Maar hoe het “op las” nie geval nie.

Tot rommelstatus ou Neef, rommelstatus.

Die anderdag sien ek so ou kragdeksel op

‘n hoop by die skrootwerf. Al die gesag van

‘n vorige bedeling gestroop en vir ‘n paar

rand verkwansel.

Ou Neef, onthou jy die bollie wat die “op las”-

ooms uitgedink het? Moenie plate agteruit

speel nie, want dan hoor jy ‘n bose bood-

skap. Moenie dans nie, dis sonde. En moenie

na Elvis luister nie, dit besoedel die gemoed.

Om die “op las”-laste te ontduik, is volkspele

gespeel en na

LM Radio

geluister. Plate kon

in elk geval nie agteruit nie – ons het dit baie

in die koshuis probeer.

Nou, 40 jaar na Elvis die tydelike met die

ewige verwissel het, leef sy musiek nog op

die draadloos en het niemand iets daarvan

oorgekom nie. Dis eintlik, gemeet teen wat

deesdae as musiek opgedis word, rustige

musiek!

Ou Neef, ons het uitgemis op alles wat lekker

was. As ’n mens kyk na al die lawwe reëls en

regulasies waarmee ons grootgemaak is, was dit soos om ‘n vark

te skeer – groot lawaai maar min wol.

Die “op las”-ding het vele grense gestel – ook op die gemoed en

denke. Moenie dink, blink of stink nie. Moenie eet, weet of sweet nie

(

ala

Fanus Rautenbach). Op las.

Finish

en klaar. Wie staan in watter

tou. Wie swem waar. Oppas vir die Rooi, Geel en Swart gevaar. Op

las.

“Op las” het genadiglik oor tyd met al die winde van verandering

verrinneweer tot ‘n herinnering.

Google

is immers groter as “op

las”. Maar die vet weet, ‘n samelewing kort brieke en reëls óók. Jy

kan verdrink in menseregte as wetteloosheid straffeloos ontsnap.

‘n Mens kan tog nie elke keer as jy kwaad raak oor iets, ‘n asblik of

‘n stadsaal aan die brand steek nie? En verkeerd bly verkeerd. ‘n

Skelm Despoot is die kiem in die pot, maak nie saak of dit 1720 of

2017 is nie.

Ou Neef, voor ons beswaard raak. Vir die liggelowiges wat kla

dat die Cheetahs se rugbylus geblus is, onthou – daar is net een

beker en dis die Curriebeker. Mag die Cheetahs weer vanjaar uit

daardie fonteintjie drink.

Groete op die Oosgrens!

Kleinneef

E-POSSE

aan Groot neef

Op las

Lesers is welkom om ‘n e-pos aan Kleinneef te stuur by

kleinneef@graingrowers.co.za

.

September 2017