Background Image
Previous Page  78 / 112 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 78 / 112 Next Page
Page Background

76

Nuwe koringlyne ‘n hupstoot

teen peste en plae

S

uid-Afrikaanse koringprodusente word elke jaar met ‘n groot

verskeidenheid peste en plae gekonfronteer. Soos een

moedelose produsent dit stel: “Daar is ‘n ellende wat by

elke omstandigheid pas.” Hoewel daar ‘n mate van waarheid

in die stelling steek, is dit gelukkig nie waar die storie eindig nie.

Dit is wel só dat klimaatsverandering die omgewing minder voor-

spelbaar maak en daar is ook groter wisselvalligheid tussen pro-

duksieseisoene. Dit bring mee dat heelwat siektes en plae sporadies

of onverwags voorkom.

Daarom is dit van die uiterste belang dat produsente gereeld hul

lande besoek en fyn dophou wat daar gebeur. Produsente staan

gelukkig nie alleen wanneer dit by hierdie probleem kom nie.

Die voor-telingsafdeling by die LNR-Kleingraaninstituut (LNR-KGI)

werk onverpoosd daaraan om te verseker dat Suid-Afrikaanse telers

toegang het tot die beste genetika wat siekte- en plaagweerstand

betref. ‘n Opwindende nuwe navorsingsfokus wat tans baie aandag

by die LNR-KGI geniet, is juis die voor-teling van koringlyne met

weerstand teen verskeie koringsiektes en insekplae.

Oor die afgelope vyf jaar is miljoene rande deur die LNR spandeer

om moderne molekulêre laboratoriums in te rig. Hier is dit moontlik

vir navorsers om koring-DNS te ekstraheer en met merkers te toets

vir die teenwoordigheid van spesifieke gene wat weerstand teen

siektes beheer.

Daar word tans met merkertegnologie vir weerstand teen Fusarium

aarskroei, stamroes, blaarroes en streeproes geteel.

Slegs 2 g blare word benodig om ‘n DNS-toets te doen. Dit is een

van die grootste voordele van die gebruik van molekulêre merkers

vir voorteling. Navorsers kan byvoorbeeld met ‘n klein stukkie blaar

die DNS vir die teenwoordigheid van weerstand teen stam-, blaar-

en geelroes ontleed, terwyl die einste koringsaailing in die glashuis

met Russiese koringluis besmet word om te bepaal of dit weerstand

teen die luis kan bied.

OP PLAASVLAK

Peste / Plae / Koring / Voor-teling

Geïntegreerde plaagbeheer

VICKI TOLMAY

en

SCOTT SYDENHAM,

LNR-Kleingraaninstituut, Bethlehem

1: Monsterneming van blaarmateriaal in die glashuis vir DNS-toetse.

2: Monsterneming van blaarmateriaal in die veld vir DNS-toetse.

3. Siektes waarvoor daar voor-teling by LNR-KGI gedoen word. 3a: Blaarroes. 3b: Stamroes. 3c: Geelroes (ook bekend as streeproes).

3d: Fusarium aarskroei.

1

3a

3b

3c

3d

2