Background Image
Previous Page  76 / 112 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 76 / 112 Next Page
Page Background

Oktober 2016

74

Chemiese beheer van katbos

K

atbos, botaniese naam

Asparagus laricinus

, is in die volks-

mond ook bekend as bergkatdoring, fynkatbos, langbeen-

katdoring of

Ibutha

(Zulu).

Dit word geklassifiseer of ingedeel as een van die verklaarde

indringerplante en is elke grondeienaar se nagmerrie, omdat die

plante veral in weidingsgrasse indring en oorneem. Die problema-

tiese onkruid is ‘n meerjarige struik met ‘n goed-ontwikkelde wortel-

stelsel, immergroen naaldagtige blare en wit-silweragtige vertakte

stingels. Katbos dra vruggies/bessies wat deur voëls versprei word.

Katbos kom wydverspreid voor – veral in die noordelike dele van

die Noordwes Provinsie, Gauteng, Limpopo, Mpumalanga, KwaZulu-

Natal, die Vrystaat en die Noord-Kaap. Infestasie begin gewoonlik by

lyndrade langs paaie en dring dan die weiding binne.

Die onkruid is ‘n geharde, houtagtige plant met ‘n goed-ontwikkelde

penwortelstelsel. Dit is reeds dié diep penetrerende penwortelstelsel

wat die verwydering daarvan arbeidsintensief maak en opname van

grondtoegediende onkruiddoders bemoeilik. ‘n Verdere probleem

in die beheer van katbos is dat blaartoegediende onkruiddoders nie

effektief geabsorbeer word deur die naaldvormige blare nie.

Vir suksesvolle katbosbeheer moet byvoegmiddels (benatters en

penetreerders) altyd in na-opkomstoedienings by onkruiddoders

gevoeg word om effektiewe opname deur blare te verseker. Hierdie

tipe inligting word gewoonlik in die gebruiksaanwysings op die

produketikette verskaf.

Suksesvolle beheer van katbos hang af van korrekte toediening van

geregistreerde onkruiddoders. Geregistreerde onkruiddoders is be-

skikbaar in twee tipes formulerings, naamlik korrels en vloeistof – en

elkeen word verskillend aangewend. Lees alle gebruiksaanwysings

noukeurig deur op die spesifieke produk se etiket voor toediening.

Die onkruiddoders in

Tabel 1

word aanbeveel en is geregistreer vir

die beheer van katbos.

Hatchet is ‘n nie-selektiewe, sistemiese onkruiddoderoplossing met

nawerking vir die beheer van indringerplante in bosbou, weiding,

industriële- en natuurbewaringsgebiede.

Hatchet of Chopper word toegedien op aktief-groeiende katbos.

Vermy egter kontak met ander plante rondom die katbos. Kanse vir

skade is min indien dit korrek aangewend word. Die effek op grasse

is baie min en giftigheid vir diere is ook nie beduidend nie. ‘n Meng-

sel van glifosaat en Chopper word ook aanbeveel. Hatchet of

Chopper sal beter werk indien die katbos eers afgesny of gekap word

voor bespuiting. Ongelukkig is dit ‘n arbeidsintensiewe proses.

Browser beheer katbos ook effektief vir langer periodes as gevolg

van die residuele effek van die aktiewe bestanddeel pikloram.

OP PLAASVLAK

Katbos / Indringerplant / Beheer

Geïntegreerde plaagbeheer

MARLENE VAN DER WALT

en

ELBÉ HUGO,

LNR-Instituut vir Graangewasse, Potchefstroom

1: Katbos met bessies, wit-silwer takkies

en naaldvormige blare.

2: Infestasie begin by lyndrade langs paaie

waar gevestigde besmetting voorkom.

1

2