Background Image
Previous Page  84 / 112 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 84 / 112 Next Page
Page Background

Jan Taks se probleme met

uitbetalings word aangespreek

D

ie dieselrabat-tameletjie wat die

afgelope paar jaar voortgesleep

het en gelei het tot agterstallige

uitbetalings van dieselrabat- en

BTW-eise aan produsente vorder goed,

maar bly maar sukkel.

SA Graan/Grain

het

met mnr Corné Louw (senior ekonoom:

Graan SA) gesels om uit te vind wat die

situasie tans is.

Wat was die probleem met die uitbetaling

van dieselrabat-eise vanaf die Suid-

Afrikaanse Inkomstediens (SAID) aan

produsente?

Die afgelope jaar of twee het lede van

Graan SA gekla dat hul dieselkorting en

BTW-uitbetalings wat deur SAID hanteer

word, nie gedoen word nie. Sommige

lede se uitbetalings is sedert einde 2014

uitstaande.

Dit plaas geweldige druk op produsente

se kontantvloei – veral in die heersende

droogte. Die grootste probleem het voor-

gekom in die Noordwes Provinsie, waar

ons op ‘n stadium ‘n lys van oor die

100 produsente gehad het wat al ‘n ge-

ruime tyd vir hul uitbetalings gewag het.

By sommige produsente het oudits maan-

de geduur om gefinaliseer te word, terwyl

daar by ander geen rede was waarom die

rabatte en BTW nie uitbetaal is nie.

Is die probleem intussen opgelos en

hoe het Graan SA sy lede in die proses

bygestaan?

Graan SA het na ‘n ooreenkoms met

SAID ‘n lys bygehou van produsente wie

se uitbetalings nie gedoen is nie. Op ‘n

weeklikse basis is die opgedateerde lys aan

hul hoofkantoor deurgestuur vir verdere

hantering.

Aan die begin was die vordering stadig

as gevolg van die groot agterstand wat

daar was. Graan SA het weer met senior

amptenare van SAID hieroor vergader.

Hul verduideliking vir die oponthoud was:

Sleutelpersoneel wat in hierdie tydperk

met verlof was;

100%

versus

80% van dieselverbruik

wat deur produsente geëis is;

nat en droë basis-kontrakwerk wat

verkeerd geïnterpreteer is; en

diverse “gemengde” industrieë – waar

byvoorbeeld geboer en gemyn word.

Senior amptenare het aan Graan SA die

bevestiging gegee dat hierdie probleme

en agterstande prioriteit aandag en kapasi-

teit geniet. Alhoewel daar steeds sake uit-

staande is, is die terugvoer wat ons kry dat

dit al beter gaan.

Was die probleem slegs beperk tot die

Noordwes Provinsie?

Meer as 90% van die probleme wat by

ons aangemeld is, het uit die Noordwes

Provinsie gekom.

Watter ondersteunende dokumentasie

moet ‘n produsent saam met ‘n eis indien

om te verseker dat dit vinnig afgehandel

word?

Na lang konsultasie en kommentaar oor hoe

‘n praktiese uitvoerbare logboek moet lyk,

word daar nou op die finale formaat van

SAID se voorgestelde logboek gewag. Tot

dan gaan daar maar nog steeds onsekerheid

hieroor bestaan.

Graan SA beveel aan dat produsente op

hierdie stadium ten minste die volgende

inligting moet byhou en volledig boek moet

hou van dieselverbruik op die plaas (vanaf

die hoofverspreidingspunte):

Datum wat diesel ingegooi is;

hoeveelheid diesel ingegooi;

beskrywing van die voertuig; en

waarvoor die diesel aangewend is.

OP PLAASVLAK

Dieselrabat / Logboeke / Uitbetaling

Brandstof

Cut losses with

PRECISION

Plant with

VISION

Process Monitor

for Air Seeders

‡

Area

‡

Speed

‡

Tacho up to 4 axles

‡

Alarm on each function

‡

Easy to install

‡

Bin / Tank full

‡

Bin / Tank empty

Proudly Made

in South Africa

Tel: 012 345 3193

Fax: 012 345 6763

Web:

www.electrolee.co.za

Email:

info@electrolee.co.za

Sales:

sales@electrolee.co.za

Planter Monitor

‡

Seed per 100m per row, seed population

‡

Hectares worked and much more

‡

Easy to install and maintain

‡

Fertiliser and turning of axles

‡

Can be applied to most planters

‡

Real tough, rust and water resistant

ESTIE DE VILLIERS,

redakteur:

SA Graan/Grain

Vir meer inligting oor die

hantering van dieselkorting,

skandeer dié QR-kode

Volgens Corné Louw vorder die SAID

deesdae flinker met die uitbetaling van

dieselrabat-eise