Background Image
Previous Page  77 / 112 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 77 / 112 Next Page
Page Background

75

October 2016

HANDELSNAAM AKTIEWE BESTANDDEEL MAATSKAPPY

DOSIS

Hatchet

Imazapyr 100 g/liter

Arysta LifeSience

63 ml/10 liter water

Chopper gen2

Imazapyr

BASF

32 - 64 ons/akker

Browser

Pikloram 240 g/liter

Arysta LifeSience

2 liter/ha + BP gewasolie

Bushwacker SC

Bromasiel 500 g/liter

ENVIRO

1,5 g - 2 liter water (15 cm - 20 cm rondom stam)

Molopo 500 SC

Terbutiuron 500 g/liter

DOW AgroSciences

2 liter/ha

Molopo 200 GG

Terbutiuron 200 g/kg

DOW AgroSciences

40 g - 50 g per plant

Limpopo 800 WDG Terbutiuron 800 g/kg

Volcano AgroScience handel-

drywend as Arysta LifeScience

940 g/10 liter water (Vir 0,5 m - 1 m deursnee

20 x 2 ml van oplossing per plant)

Limpopo 200 GG Terbutiuron 200 g/kg

Volcano AgroScience handel-

drywend as Arysta LifeScience

(Vir 0,5 m - 1 m deursnee 18 g korrels)

TABEL 1: ONKRUIDDODERS AANBEVEEL EN GEREGISTREER VIR DIE BEHEER VAN KATBOS.

Pikloram kan selfs vir langer as ‘n jaar in die grond aktief bly. Tydens

toediening vind daar egter dikwels afloop plaas en gevolglik sterf

die gras rondom die stamme baie keer ook af.

Bushwacker word slegs aanbeveel vir kolbespuiting, aangesien

die omliggende plante en gras ook gedood word tydens die toe-

dieningsproses.

Molopo 200 GG is ‘n veiliger opsie vir katbosbeheer, omdat die

gras na toediening gewoonlik weer sal herstel. Molopo 200 GG is

‘n grondtoegediende, korrel-onkruiddoder met 'n lang nawerkende

effek vir die beheer van sekere boom- en struikspesies.

Molopo 500 SC is ‘n grondtoegediende suspensiekonsentraat-

onkruiddoder wat ook ‘n lang nawerking in die grond het.

Limpopo 200 GG is 'n grondtoegediende korreltipe onkruiddoder

met lang nawerking, vir die beheer van sekere boom- en struik-

spesies in weidings- en nywerheidsgebiede. Limpopo moet eers in

water opgelos word voordat dit toegedien word.

Limpopo 800 WDG is ‘n grondtoegediende, water-dispergeerbare

korrelonkruiddoder met ‘n lang nawerking vir die beheer van sekere

boom- en bosspesies – soos gelys in natuurlike weidingsgebiede

en areas wat nie onder gewasverbouing is nie.

Die twee verskillende formulerings word per etiket soos volg

aanbeveel:

Die korrels word eweredig rondom die stam versprei. Lugtoedienings

teen 5 kg/ha kan ook gebruik word. Belangrik om in ag te neem,

is om die toediening net voor aanvang van die reënseisoen

te doen sodat korrels kan oplos en absorpsie deur die katbos

se wortels kan plaasvind. Novembermaand is ‘n goeie tyd vir

korreltoediening. Plante sal 36 maande of minder neem om te vrek

– afhangende van die grondsoort, planttipe en effektiewe reënval.

Dosisse op die etiket is slegs van toepassing op plante tot en

met ‘n hoogte van 2 m. Die dosis is klei-gebonde – dit wil sê hoër

dosisse moet toegedien word in grond met ‘n hoër kleipersentasie.

Korrelformulering word nie aanbeveel vir grond met ‘n kleiper-

sentasie hoër as 35% nie, as gevolg van verlies aan produk weens

oplosbaarheid en opname deur die wortelstelsel. Vir hoër klei-

persentasies word blaartoegediende middels aanbeveel.

Die suspensiekonsentraat is korrels wat in genoegsame water

opgelos word, of ‘n onkruiddoder in ‘n vloeibare vorm. Behandeling

sal eers effektief wees nadat genoegsame reën die onkruiddoder

in die wortelsone ingeloog het, sodat dit deur die teikenplant

opgeneem kan word.

Daar word aanbeveel dat toediening van die produk net voor of

met die aanvang van die reënseisoen gedoen word om sodoende

die beste resultate te verkry. Hierdie formulering is stadig-werkend

en vatbare plantsoorte kan tot 24 maande neem om te vrek – afhan-

gende van die spesie, grondtipe en reënval.

Gedurende hierdie tydperk sal behandelde plante herhaaldelik

blaarvergeling, -verlies en -hergroei toon, met ‘n progressiewe

terugsterwing totdat die plant uiteindelik heeltemal dood is.

Progressiewe terugsterwing is dan ook die rede waarom ‘n tweede

toediening nie aanbeveel word voordat 24 maande verloop het nie,

of voordat simptome van ontblaring nie langer sigbaar is nie.

Hierdie tipe onkruiddoders kan eenjarige en meerjarige grasse

en grassaailinge beskadig. Die skade is egter tydelik van aard

en grasopbrengs sal gewoonlik vermeerder namate boom- en

struikkompetisie verminder. Vir maklike en akkurate toediening

word aanbeveel dat ‘n doseerspuit of soortgelyke toedieningsap-

paraat, wat gekalibreer kan word vir die lewering van 2 ml per keer,

gebruik word.

Gewone rugsakspuite is geskik vir toediening van onkruiddoders

met kleinerige katbosse.

Waar katbos hoër as 2 m is of die katbos se deursnee 1,5 m oorskry,

moet van spuite met ‘n hoër druklewering – en dus groter volume

– gebruik gemaak word om sodoende die hele plant te benat tydens

bespuiting.

Geïntegreerde beheermaatreëls word jaarliks aanbeveel tot katbos

totaal uitgewis is en is dus ‘n beheerprogram wat oor jare noukeurig

bestuur moet word. Dit beteken herhaalde opvolgbehandelings

– selfs in opeenvolgende seisoene.

Vir verdere inligting rakende die beheer van katbos,

skakel gerus vir Marlene van der Walt en Elbé Hugo by

018 299 6223 en 018 299 6298 onderskeidelik.

Novembermaand is ‘n

goeie tyd vir korreltoedie-

ning. Plante sal 36 maande

of minder neem om te

vrek – afhangende van die

grondsoort, planttipe en

effektiewe reënval.