Background Image
Previous Page  110 / 112 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 110 / 112 Next Page
Page Background

108

Beste Grootneef

s

oos alles op aarde met ‘n vervaldatum, het my liksens se

geldige dae ook uitgeloop. Dit is mos dese dae net vyf

jaar geldig. Wat op sigself nie ‘n slegte ding is nie – tot

jy jou in die tou van hernuwing begeef. By die toetssen-

trum gekom, dag ek eers die verkiesing in die wyk is uit-

gestel, want mense staan halfpad om die gebou. Almal

gedienstig en gedwee. Laatkommers soos ek skuur tussen die

hordes deur tot voor ‘n hek, waar ‘n wag jou ongeërgd beduie na

waar wie moet staan. As jy jou kar deur ‘n toets wil sit, moet jy

sountoe. Nuwe liksense, anderkant toe, beduie die wag vaagweg in

‘n suidelike rigting. Nou is dit weer stroom op terug tot agter in die

tou, wat intussen met nog twaalf mense gegroei het. Die voorste

toustaners kyk jou geamuseerd aan – hulle was ook eers tot by die

hekwag om te verneem watter tou dan waarnatoe skuifel.

Wat is ‘n huis sonder ‘n moeder. En wat is ‘n burokraat sonder ‘n

vorm. Heeltemal niks ou Neef, heeltemal niks. So elke halfuur kom

‘n

official

by die poorte uit met ‘n pak vorms. Die vorms word so

bietjie-bietjie uitgedeel. Dis nou om seker te maak van die dag se

kwota – sodat die deure teen 15:00 kan sluit. Soos die armsaliges

wat wag dat die engel die poel genesende water kom roer, so kry

die toustaners nuwe lewe as die man met die pak papiere omkom.

Nie dat die nommers op die vorms enigsins sin maak nie – myne het

‘n 24 en die man voor my ‘n 82, met ‘n vet swart pen omkring.

Ou Neef, probeer nou om ‘n vorm te voltooi sonder ‘n tafel. Jou

nommer, rang en naam pas net nie in die klein blokkies in nie.

Die vrou agter my word die leviete voorgelees toe sy vir ‘n ander

vorm vra om ‘n fout reg te stel. Die

official

beduie as sy weer ver-

keerd skryf, moet sy môre weer kom. Toe bewe ek elke letter in sy

blokkie in. Met ‘n voltooide vorm in die hand, verhoog jou status in

‘n oogwink. Jy kyk meewarig hoe laatkommers tot voor sukkel om te

hoor watter tou waar eindig. Die

official

se laaste sien met vorms was

so net voor die middaguur. Sy geoefende oog

het die klompie wagtendes takseer teenoor

sluitingstyd. Met die vorm-

official

skoonveld,

moes die laastes maar hul lot aanvaar. Môre is

nog ‘n dag vir wag,

finish

en klaar.

In die tou vasbyters was daar nogal ‘n ge-

meensaamheid. Die tou was die groot gelyk-

maker – of jy nou lelik of mooi, arm of ryk was,

jou beurt is jou beurt. ‘n Ligte opstand het

gedreig toe ‘n laatkommer ongemerk probeer

inglip het. Die wag het hom wyslik die deur

gewys en die man moes maar mooitjies agter

inval. Met ‘n vorm in pag en tyd aan jou kant

word praatjies en wenke onder die toustaners

uitgeruil. Een ou het sy hele CV in ‘n bruin

koevert saamgedra – van sy doopseël tot

die uitslag van sy matriekafskeid. Hy vat nie

kanse met burokrate nie. Alles in drievoud

en gewaarmerk deur ‘n ede-kommissaris. Hy

het ook vertel dat hy met die duiwel se sussie

getroud was en boonop wil sy eks-skoonma nie sy kar teruggee

nie. Die balju was al twee keer daar, maar dié het net ‘n spaarwiel

en ‘n Maltese poedel in die

jaart

gekry. Intussen ry iemand dat dit

vrek met sy kar – laas week weer vyf boetes gekry. Hy hoop hy staan

in die regte tou om dinge vir eens en altyd “uit te

sort

”. Ou Neef,

na vier ure in die tou is jy ‘n veteraan van afwagting. Die deurwag

het met korter tussenposes die lengte van die ry gemeet en na sy

horlosie gekorrel. Maar ons was deel van die dag se kwota en is

skuifelend dwarsdeur die poorte.

Die beloofde land was ‘n kiosk van 1 m by 2 m met ‘n

official

en ‘n

komper. Die

official

het gesteurd opgekyk van ‘n gesprek met twee

selfone, een op elke oor. En toe kyk ons vir mekaar: Ek, ‘n veteraan

van wag vir beter dae en sy die magtige burokraat. Na ‘n ewigheid

en ‘n diep sug het sy die fone op mekaar neergeplak en kon mens die

gesprek op ‘n afstand hoor voortgaan. Daar was geen blymoedig-

heid om die mense van die land te dien nie. Na ‘n tweede diep sug

het sy my deur die passies van ‘n oogtoets en ‘n nuwe foto geneem.

Op die foto, is my oë en neusvleuels wyd gesper soos ‘n skaap net

voor ‘n dip – in swart en wit vir die volgende vyf jaar verewig. Na

‘n laaste skof van die skuifel-vastrap tot by die betaaltannie, kon ek

ook my bydrae van R228 tot die staatskas lewer. Met ‘n innemende

glimlag het die tante agter die dik glas my ingelig dat ek oor ses

weke weer kan kom, om te hoor of die nuwe liksens opgedaag het.

Nee, niemand gaan jou bel of sms nie, jy kan sommer net in die tou

kom wag. Sy kon glad nie verstaan wat ek bedoel toe ek beduie dat

dit moeilik is om wettig te bly nie.

Die aand toe die son sak, dink ek toe só daaroor: Eintlik is ons

aardbewoners almal in die tou om die tydige met die ewige te ver-

wissel. Maar niemand druk in daardie tou in nie.

Groete op die Oosgrens!

Kleinneef

E-POSSE

aan Groot neef

Die groot gelykmaker

Lesers is welkom om ‘n e-pos aan Kleinneef te stuur by

kleinneef@graingrowers.co.za

.

Oktober 2016