Background Image
Previous Page  84 / 92 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 84 / 92 Next Page
Page Background

Wen prysgeld

ter waarde van

R32 000

Dit ís

Landbou in volkleur

Waaraan dink jy as jy “Landbou in volkleur” hoor? Goudgeel kanola- of

sonneblomlande vol in blom? Jong koring of mielies wat heldergroen uit

die bruin grond beur? ‘n Pienk en oranje sonsondergang op die plaas?

Wit en swart beeste wat water by die dam suip? Boeta wat met sy bloed-

rooi hemp op die trekker ry? Of dalk Sussa met haar pers rok wat in die

wa vol mielies speel? Komaan, verras ons met jou vertolking van 2016 se

fotokompetisietema “

Landbou in volkleur

”.

WAT KAN JY WEN?

Vanaf Januarie 2016 word daar vir twaalf uitgawes elke maand ‘n wenner

deur ‘n paneel beoordelaars aangewys. Die maandelikse wenner stap weg

met ‘n kontantprys van R1 000 en die twaalf finaliste kom in aanmerking

vir

R10 000 (wenner)

,

R7 000 (naaswenner)

en ‘n

derde prys van R3 000

.

Dankie aan Sasol wat vanjaar weer die prysgeld borg.

GRAAN SA

/

SASOL

FOTOKOMPETISIE

KOMPETISIEREËLS

1. Slegs amateurfotograwe (dit wil sê persone wat nie ‘n bestaan maak uit die neem

van foto’s nie) mag vir die kompetisie inskryf.

2. Deelnemers kan ‘n maksimum van drie foto’s (waarvan die onderwerpe verskil)

per uitgawe inskryf. Indien meer as drie foto’s ingestuur word, sal die eerste drie

foto’s wat ontvang word, vir die kompetisie in aanmerking geneem word.

3. Fotograwe kan elke maand tot en met die afsnytyd hul foto’s instuur. Inskrywings

wat ná die afsnytyd ontvang word, sal vir die volgende maand se kompetisie

ingeskryf word.

4. ‘n Deelnemer wat ‘n maandwenner is, kan vir die daaropvolgende drie uitgawes

nie inskryf nie.

5. Foto’s wat ingeskryf word, moet uniek wees en nie oor dieselfde onderwerp han-

del as foto’s wat vir ‘n ander fotokompetisie ingeskryf is nie. Foto’s wat ingeskryf

word, mag ook nie voorheen gepubliseer wees nie.

6. Inskrywings moet die tema “Landbou in volkleur” uitbeeld.

7. Die fotograaf moet ‘n fotobyskrif asook sy posadres en telefoonnommer/s saam

met die foto verskaf.

8. Persone op die foto moet geïdentifiseer word (verskaf noemnaam en van).

9. ‘n Paneel, wat bestaan uit twee professionele fotograwe asook ‘n verteenwoor-

diger van

SA Graan/Grain

en Sasol, sal die foto’s maandeliks beoordeel.

10. Slegs e-posinskrywings of foto’s wat op CD verskaf word, sal aanvaar word.

Die foto’s moet in elektroniese formaat wees, nie groter as 3 MB elk nie, in

JPG-formaat en nie kleiner as 10 cm x 15 cm nie. Indien foto’s met ‘n filmkamera

geneem word, moet dit teen ‘n resolusie van 300 dpi geskandeer word.

11. Gemanipuleerde foto’s (waar veranderings aangebring is) sal nie aanvaar word

nie. Om ‘n foto te sny (

crop

) word nie as manipulasie beskou nie.

12. Graan SA behou die reg voor om foto’s wat onduidelik is of nie aan die kompeti-

siereëls voldoen nie, af te keur.

13. Alle inskrywings word die eiendom van Graan SA – dit sluit die CD’s in waarop

die foto’s verskaf is. Die foto’s sal in ‘n databank gebêre word en Graan SA en

Sasol mag dit vir toekomstige promosie-, bemarkings- en publikasiedoeleindes

gebruik. Deur in te skryf, stem die deelnemer in daartoe en geen eise van derde

partye vir skending van kopiereg kan ingedien word nie.

14. Werknemers van Sasol, Graan SA of Infoworks mag nie vir die kompetisie

inskryf nie.

Stuur foto’s na

elmien@infoworks.biz

of aan Elmien Bosch,

Postnet Suite 32, Privaat sak X10, Flamwood, 2572.

Onthou om ‘n naam, kontakbesonderhede en byskrif vir die

foto saam te stuur.

SLUITINGSDATUM

DESEMBER 2016: 15 NOVEMBER 2016

AKTUEEL

Fotokompetisie

Nuttige wenke om in

gedagte te hou

I

n die September-uitgawe van die tydskrif het ons na Igno van

Niekerk se wenke aan beginnerfotograwe van die blog “Foto-

skool – leer fotografie op ‘n lekker, prettige manier”, begin kyk.

Ons leer in die uitgawe verder by hom.

Maak seker jy neem skerp foto’s

Weet hoe om die kamera so stil as moontlik te hou, verstaan hoe

die fokus en fokuspunte werk en sorg dat jou foto’s nooit weens

kamerabeweging of ander redes uit fokus is nie.

Soek die beste lig

Maak seker jy neem jou foto’s in goeie lig. Fotografie gaan oor lig. Hoe

mooier die lig, hoe mooier die foto. ‘n Landskap teen sonsondergang

is baie mooier as ‘n landskap om 12 uur in die middag in helder sonlig.

Glo in jouself, maar maak seker

jy hou aan leer

Kyk wat ander fotograwe doen, kyk wat werk in tydskriffoto’s of

ander foto’s. Leer dan hoe om dit na te boots en bou só jou eie

styl verder uit. Moet nooit ophou leer nie. Maak tyd om te

eksperimenteer.

Neem die hoogste gehalte foto wat jou

kamera kan neem

Data/spasie is goedkoop. Oomblikke is eenmalig.

Gebruik ‘n eksterne flits as jy kan

Dit help jou om die lig meer te manipuleer asook om die hoek waaruit

lig val, te bepaal. Lig en skadu kan ‘n foto maak of breek. As jy net

die kamera se eie flits het om mee te werk, probeer om dit sover as

moontlik te versag.

Voor die tyd

Maak seker jy laai jou kamera se batterye en pak ‘n skoon stoorkaart

in voordat jy uitgaan om foto’s te neem.

Lees gerus meer op

http://fotoskool.co.za/profiles/blogs/wenke-vir-beginners .

SA GRAAN/GRAIN

REDAKSIE