Background Image
Previous Page  80 / 92 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 80 / 92 Next Page
Page Background

November 2016

78

BOER SLIM

– begin by klein veranderinge

“D

aar is nie meer tyd of geld om foute in boerdery

te maak nie. Elke besluit wat jy op die plaas neem,

het ‘n direkte impak op jou winsgewendheid en

volhoubaarheid.”

Só het mnr Antonie Delport (hoof: Syngenta SA) aan produsente

gesê tydens Syngenta se SmartFarm Bewese Tegnologie-

beraad, wat vanaf 12 tot 16 September op Brits plaasgevind het

– ‘n eerste vir Syngenta SA. Die beraad is in lyn met die maat-

skappy se Goeie Groeiplan, wat daarop gemik is om die volhou-

baarheid van landbou op wêreldskaal teen 2020 te verbeter.

Luidens ‘n persverklaring het die beraad plaaslike produsente aan-

gemoedig om die manier waarop hulle boer, besluite maak, pro-

dukte aankoop en in gewasse belê, te verander. Dit sal daartoe lei

dat hulle op die lang duur slim keuses sal maak en groter opbreng-

ste sal lewer.

“As jy beplan om gemiddeld of ondergemiddeld besigheid te

doen, is landbou nie vir jou nie. Die vraag na kwaliteit en veilige kos

raak te hoog en as jy nie oor die tegnologie, innovering en nodige

intensiteit beskik om jou produkte in die mark te kry nie, gaan jou

besigheid agteruitgaan,” het Delport verduidelik.

Vir die maatskappy is slim vennootskappe ook belangrik. “Die oor-

name van Syngenta deur ChemChina, China se grootste chemiese

maatskappy, bring meer geld na die tafel om tegnologie te ontwik-

kel. Ons het ‘n vennoot gekry wat ons portefeulje komplementeer

en dit maak daarom sin om tegnologie-ontwikkeling onder een dak

te plaas,” het hy gesê.

AKTUEEL

RUTH SCHULTZ,

SA Graan/Grain

medewerker

Slimboere deel hul raad

oor die lug

Een van die grootste uitdagings in landbou is die feit dat

stadsjapies nie altyd weet met watter uitdagings pro-

dusente daagliks op die plaas gekonfronteer word nie.

Syngenta het die stap gedoen deur met die nasionale

radiostasie

RSG

saam te span om die belangrike bood-

skap van voedselsekerheid aan die publiek uit te dra.

“SlimBoer, ‘n oes van slim keuses” is op

RSG

se

Tjaila-

tyd

met Amore Bekker gedurende die beraadsweek uit-

gesaai. Luisteraars kon inskakel om hul stories oor die rol

wat produsente in hul daaglikse lewe speel, te deel en het

die kans gestaan om elke dag R2 500 in kontant te wen.

Produsente wat die beraad bygewoon het, het ook hul

ondervindinge gedeel oor wat dit behels om gedurende

moeilike tye steeds slim keuses te maak:

“‘n Slim produsent kan in een woord, naamlik risikobe-

stuur, opgesom word. Daar is net een konstante in boer-

dery en dit is verandering.” – Mnr André Groenewald

(Jan Kempdorp) en medestigter van

Farmboek

, ‘n foon-

toepassing waar jy meer inligting oor siektes en produkte

kan kry.

“As jy klein veranderinge in elke komponent van jou

boerdery aanbring, sal jy later ‘n groot verskil in die

wins van jou boerdery sien – wat beter produktiwiteit

tot gevolg sal hê. Ek het reg oor Afrika gewerk en kan

met vrymoedigheid sê dat as mense kos het om te

eet, daar meer rustigheid en stabiliteit in jou land is.”

– Mnr Ernst Zeelie (Hectorspruit)

“Dit is essensieel om op hoogte te bly van die nuutste

tegnologie – veral as ‘n mens kyk na die verskil in op-

brengste as gevolg van die verskillende generasies

se praktyke en gebruike oor jare.” – Mnr Philip Grobler

(Bothaville)

Vir nog interessante onderhoude en paneelbesprekings

met produsente tydens dié Syngenta-beraad, besoek

syngenta.slimboer

op

YouTube

.

1: Antonie Delport gesels met die eerste groep produsente wat die

Syngenta SmartFarm Tegnologie-beraad op 12 September bygewoon

het. “Die hart van Syngenta se besigheid is navorsing en ontwik-

keling en ons is trots op die tegnologie en oplossings wat Syngenta

mark toe bring,” het hy gesê.

2: Somergraan- en aartappelprodusente van reg oor die land, asook

Syngenta-agente en industrie-aandeelhouers, het die beraadsweek

bygewoon. Agter is: Bobby Engelbrecht en Neill O’Neill (albei aartap-

pel- en uieprodusente, onderskeidelik van Lephalale en Tom Burke).

Voor: Jacques Haasbroek (aartappel- en uie-produsent van Lepha-

lale), Callie Engelbrecht (Syngenta-agent) en Jako Nel (aartappel-

en uieprodusent van Tom Burke).

1

2