Background Image
Previous Page  89 / 92 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 89 / 92 Next Page
Page Background

Chevrolet Trailblazer opgeknap vir 2017

d

aar is groot wedywering in die middelslag-nutsvoer-

tuigmark. Dit is dié marksegment waar die Toyota

Fortuner met getalle koning kraai. Die Fortuner se uit-

dagers in hierdie mark is hoofsaaklik die Ford Everest,

maar die Chevrolet Trailblazer ding ook mee.

Hierdie voertuie is kenmerkend omdat hulle op bakkie-onderstelle

gebaseer is en daarom glad nie “sagte” nutsvoertuie is nie.

Interessant genoeg is die Chevrolet Trailblazer alreeds in 1999

internasionaal bekend gestel, terwyl die idee om ‘n nutsvoertuig

op ‘n bakkie se onderstel te bou eers in 2005 deur Toyota met sy

suksesvolle Fortuner beslag gekry het.

Chevrolet se Trailblazer is egter nou weer hersien om opnuut

kompeterend met die jongste geslag van die Toyota Fortuner en

die uitgebreide Ford Everest-reeks te wees. Hierdie vars Trailblazer-

reeks bestaan uit vyf modelle met die keuse van ‘n 2,5- of 2,8-liter

turbodieselenjin en ‘n hand- of outomatiese ratkas. Toevoegings

tot die reeks is ‘n 2,5 LT 4x2 met ‘n outomatiese ratkas en ‘n nuwe

topmodel, die Z71, gebaseer op die 2,8 LTZ 4x4 – ook met ‘n

outomatiese ratkas.

Die jongste 2,5 LT 4x2 is met ‘n outomatiese ratkas met ses

gange toegerus. Hierdie 2,5 liter-dieselenjin lewer 132 kW teen

3 600 r/min en 440 Nm se wringkrag teen 2 000 r/min, wat die

beste werkverrigting in sy klas bied. Die handratmodel met die-

selfde enjinsyfers daarteenoor, is 120 kW teen 3 600 r/min en

380 Nm teen 2 000 r/min.

2,8 LTZ-modelle word aangebied met ‘n outomatiese ratkas wat

met ses gange spog as standaardtoerusting. Die groter weergawe

van die Duramax-enjin lewer 144 kW teen 3 600 r/min en wringkrag

van 500 Nm teen 2 000 r/min.

Die nuutste topmodel van die Trailblazer-reeks is die Z71, wat

hoofsaaklik kosmeties van die LTZ verskil. Onder die kenmerke

wat dié nuweling onderskei, is swart deurhandvatsels, truspieëls

en wiele en voorste kopstutte met spesiale afwerking. Hierdie

model is meganies dieselfde as die LTZ-modelle en beskik oor al

die veiligheids- en geriefskenmerke wat as standaardtoerusting in

daardie modelle aangebied word.

Hierdie reeks bied as standaardtoerusting Chevrolet se

My Link

-

vermaak- en inligtingstelsel – waaraan ‘n slimfoon met behulp van

Bluetooth

gekoppel kan word. Dié stelsel kan ook met

Apple Car-

play

en

Android Auto

gebruik word. Op die LT-modelle kan

Google

Maps

op die uitleespaneel vertoon word, terwyl die LTZ-modelle

satellietnavigasie het. Daar is vier luidsprekers in die LT-modelle en

sewe in die LTZ en Z71; stuurwielkontroles is standaardtoerusting

op al die modelle, asook ‘n ritrekenaar.

Een kenmerk van die Trailblazer wat hom uniek in sy klas maak, is

lugversorging wat vanuit al drie rye sitplekke verstel kan word. Die

klankdemping aan die binnekant is verbeter en leerbekleedsel is ‘n

kenmerk van die hele reeks. Die derde ry sitplekke vou ook in die

bakwerk in.

LTZ-modelle kom met verskeie vars veiligheidskenmerke, onder

meer ‘n stelsel wat jou waarsku wanneer ‘n motor in jou blinde kol

is of as jy buite jou baan op die snelweg beweeg. Dit spog met

dagryligte op al die modelle en LED op die LTZ-modelle wat tot

verhoogde sigbaarheid bydra. Daar is ook ‘n enjinremmingfunksie

vir steil afdraandes en ‘n beperkteglyewenaar is steeds stan-

daardtoerusting op al die modelle.

Die hele reeks is ook toegerus met ABS-remme met elektroniese

remverspreiding. Daarby is daar ‘n sensor wat jou waarsku wanneer

ander voertuie naby jou in ‘n parkeerterrein beweeg wanneer jy dié

terrein wil verlaat.

‘n Funksie wat jou in staat stel om die motor van die afstandbeheer af

aan te sit, is by die outomatiese modelle ingebou. Dit beteken dat die

klimaatbeheerstelsel volgens die heersende weerstoestande verstel

word; die motor bly egter gesluit en kan nie bestuur word voordat

die sleutel in die sleutelgat geplaas word nie.

Chevrolet se nuutste ontwerpfilosofie word in die 2016 Trailblazer

ten toon gestel. Die nuweling is steeds herkenbaar as ‘n Chevrolet,

maar die kenmerkende Chevrolet-kenteken is duideliker sigbaar.

Daarby is die strook wat die rooster in twee verdeel, ook groter. Dit

bied ook ‘n nuwe reeks allooiwiele – 17-duim op die LT-modelle en

18-duim op die LTZ-model.

Die hele Trailblazer-reeks word gerugsteun deur Chevrolet se

Complete Care-plan, wat ‘n waarborg van vyf jaar of 120 000 km

en ‘n diensplan van vyf jaar of 90 000 km insluit. Die pryse van die

Trailblazer wissel van R464 000 vir die 2,5 LT-handrat tot by R623 200

vir die Z71.

Pryse

Trailblazer 2.5D LT 4x2 MT R464 000

Trailblazer 2.5D LT 4x2 AT R481 800

Trailblazer 2.8D LTZ 4x2 AT R552 800

Trailblazer 2.8D LTZ 4x4 AT R613 200

Trailblazer 2.8D LTZ 4x4 AT R623 200.

GERRIE SMIT,

lid van die SA Motorskrywersgilde

WIELE

vir die plaas

87

November 2016

Die Chevrolet Trailblazers is besonder luuks toegerus en ry

gemaklik op die oop pad.

– geharde nutsvoertuig teen ‘n goeie prys