Pieter Herbst 082 558 1766
linkseed@linkseed.co.za www.linkseed.co.zaRoundup Ready ® is ‘n geregistreerde handelsmerk en gelisensieer deur Monsanto Tegnologie LLC.
• LS 6240 R
• LS 6146 R
Kort
• LS 6248 R
• LS 6261 R
• LS 6161 R
• LS 6164 R
Medium
• LS 6466 R
• LS 6150 R
Medium -
Lank
Mnr Stefan van Zyl (bestuurder: Besigheidsoplossings, Syngenta
SA) het produsente aangemoedig om die 1%-beginsel in hul boer-
derye toe te pas. “As jy klein verbeteringe in elke area (meganisasie,
plantbeskerming, tydsberekening en grond- en onkruidbestuur)
op jou plaas aanbring, sal jy ‘n merkwaardige verbetering oor die
lang termyn in jou boerdery sien.” Hy het produsente gemaan
om nie aan boerderykomponente te sny of dit af te skeep nie – al is
die landboutoestande hóé taai.
Twee van Syngenta se tegnologieleiers het met produsente oor
toepassings- en formuleringstegnologie onderskeidelik gesels.
Mnr Ronald Wohlhauser (wêreldtoepassingstegnologie-deskun-
dige: Syngenta) het uitgebrei oor die toedieningsvolume, ‘n ge-
kalibreerde spreier wat in stand gehou word, regte spuitkop- en
druppelgrootte asook die druppeldigtheid/dekking en eweredige
verspreiding – alles faktore wat bydra tot optimale toedienings-
kwaliteit. Hy het ook die belangrikheid van wanneer die produk
toegedien word, beklemtoon. “Die beste gekalibreerde toerusting
wat professioneel aangespuit word, kan nie tydsberekeningfoute
regstel nie.”
Mnr Dino Sozzi (progressiewe bedryfsmagdeskundige: Navorsing-
en Ontwikkeling, Syngenta) het meer lig gewerp op die konsep
formuleringstegnologie. Hy het gesels oor hoekom ‘n aktiewe
bestanddeel geformuleer moet word, hoe die regte formulerings-
tipe gekies word, wat alles in ‘n formulering ingaan en hoe die
regte formuleringskomponente geselekteer word. Hy het verder
verwys na die prestasie en kwaliteit van Syngenta se formule-
ringsprodukte, naamlik Amistar
®
(bymiddel-produk), Calisto
®
(komplekse formuleringsproduk), Bravo
®
WeatherStick (reënvast-
heidsproduk) en Emamectin/Karate Zeon
®
(UV-weerstandbiedende
produk).
3: Ronald Wohlhauser
4: Dino Sozzi
5: Na afloop van die beraad het produsente Syngenta se formuleringsaanleg en saadsorginstituut op Brits besoek, waar produsente meer inligting
kon bekom oor die jongste produktegnologie, wat Syngenta se swamdoder, Amistar en onkruiddoder, Callisto, ingesluit het – asook die
produktegnologie-markleier PotatoPack.
3
4
5